Hofmeyr voor gelykheidshof gedaag

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die Mensregtekommissie (MRK) sal geregtelike dokumente by die gelykheidshof in Gqeberha (Port Elizabeth) indien om die bekende sanger Steve Hofmeyr voor die hof te daag.

Dit kom nadat Hofmeyr verlede maand ʼn omstrede uitlating oor lede van die LGBTIQ+-gemeenskap op sosiale media gemaak het.

“Die MRK nader die hof nadat ʼn klag in April vanjaar ontvang is oor Hofmeyr se kommerwekkende uitlating oor die LGBTIQ+-gemeenskap,” sê dr. Eileen Carter, hoof van die MRK in die Oos-Kaap.

ʼn Organisasie in Gqeberha het destyds die klagte as moontlike menseregteskending uitgewys.

“Die verrigtinge sal Vrydag om 10:00 in die Gqeberha‑hooggeregshof, was as ʼn gelykheidshof sal dien, voortgesit word.”

Hofmeyr het verlede maand met verwysing na die LGBTIQ+-gemeenskap getwiet “… waar my generasie geleer het om met muise, eende en honde te praat, gaan ons kinders geleer word hoe om met muise, eende en honde seks te hê…” lui die MRK se verklaring.

Die kommissie meen dat hierdie uitlating in reaksie is op Disney se verbintenis tot groter inklusiwiteit op hul platform, maar nietemin bestialiteit by die LGBTIQ+-gemeenskap insluit. Bestialiteit is ʼn strafregtelike oortreding.

“Die uitlating is moontlik in stryd met die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Gelykheidswet),” sê Carter.

“Dus moet enige ernstige teistering van die LGBTIQ+-gemeenskap summier hanteer word. Die kommissie benadruk die belangrikheid daarvan om die regte van hierdie gemeenskappe te bevorder en te beskerm.”

Die kommissie het vroeër ʼn brief aan Hofmeyr gestuur wat sy kommer oor die uitlating te kenne gegee het. Hy het ook gewaarsku dat moontlike skadevergoeding van Hofmeyr geëis kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

annie ·

Wie voel beswaard? Indien dit al is wat Hofmeyr kwytgeraak het sal die genoemde diere getuienis moet kom lewer oor hul pyn en lyding weens die glo gewraakte woorde. Hoorsê dien skynbaar nie in howe as ware getuienis nie, hoewel SA dalk nou nuwe wetgewing ingevoer het. Wie sal weet?

Johann ·

Ek ondersteun Steve maar hy moet iemand aanstel wat net sososiale media “edit” VOOR hy dinge post. Hy weet mos, hopelik teen die tyd, is hy ‘n tyken. Ek glo darem nie die MRK gaan veel uitgerig kry nie.

Jack ·

Die MRK is seker die grootste grap wat die nuwe SA opgelewer het.Hulle ondersoek net insidente wat hulle pas.Lag maar af Steve.Hierdie mense is lagwekkend.

Cherokee ·

Sover my kennis strek kan ñ groep nie belaster word maar slegs ñ individu. Sterkte aan Hofmeyr met die saak indien dit opgevolg sal word.

Jean ·

Ons mense word nou net soos Amerika, so links as wat kan kom.

Snowball ·

Die uber regte van sekere gemeenskappe is ‘n troetelkat van die MRK….daarmee kan hulle lustig die regte, opinies en geloofsoortuigings van ‘andersdenkendes/konserwatiewes’ as skendings van menseregte uitmaak en daadwerklik en met groot vertoon optree teen die skuldiges.

Gerhard ·

Ek is n baie groot Steve aanhanger. Ek respekteer Steve se patriotisme en sy wil en wens vir ons land. Hierdie is alles propoganda teen die een Suid-Afrikaner wat mans genoeg is om op te staan vir Suid-Afrika, die Afrikaanse taal, asook geregtigheid. Baie baie sterkte Steve, weet hier is baie Suid-Afrikaners (Afrikaners) wat jou ten volle ondersteun en ook staan vir wat jy staan.

Andre ·

Die buitelandse meesters het gans te veel geld en sê in Suid Afrika belê.

VaalDonkie ·

Wel hy is nie verkeerd nie. Het jy al gesien wat gaan by ‘n “pride” parade aan?

VaalDonkie ·

Kom kyk maar hier in Seepunt as hulle weer stap. Alles is om te skok. Hulle trek soos honde aan, of in leer dat die boudjies uitsteek. En daar is plastiek “speelgoed” oral. Weet nie wat daar is om op “trots” te wees nie.

Eden ·

Dat Steve nog nie in boeie voor die hof verskyn het nie is nogal snaaks. Ek neem aan die MRK se “challenges” om blankes tronk toe te stuur oor “thought crimes” raak al hoe meer.

Benn ·

Rerig??? Het hulle aandag nodig? Ek kan nie glo dat dit eers op die hof rol geplaas word nie.

Prikkie ·

En mag ek so vermetel wees om te vra, wanneer o wanneer, sal die MRK ook so ywerig begin aandag skenk aan die menseregte van plaas eienaars, plaas bestuurders ens. wat so voor die voet uitgeroei word?

Het hulle geen menseregte nie?

Mrs H ·

Ons behoort ons bekommernisse en oppinnies ook openlik te kan uitspreek. Dis ons demokratiese reg. Veral ons wat met jong kinders sit in n siekerigge samelewing.

Teksa ·

Die man het ook Geen vryheid van spraak nie. Hy word by meeste plekke verbied omrede hy n opinie het.

Hoekom ·

Klink nie vir my of hy hulle persoonlik aangeval het nie. Hulle het blykbaar self die afleiding gemaak dat dit oor hulle gaan. As die skoen jou pas, trek dit aan. Voel seker skuldig….

Jessey ·

Ongelukkig raak mense “offended” as jy Afrikaans praat. Soos ek dit sien het Steve se tweet gegaan oor Disney en nie die “+” gemeenskap nie. So ek in my onkundigheid hier sien dit glad nie as gemik na hulle nie. Dis Disney se keuse om in hulle stories te sit wat hulle wil en my keuse om dit te kyk as ek wil of nie, en Steve het kommentaar gelewer daarop (vryheid van spraak). Ek stem ook nie saam met Disney nie, en dis my opinie. Soos hier al genoem is, gaan ek nou voor die MRK geplaas word oor wat ek dink? Dan moet die MRK die ander partye ook hof toe vat want ek voel “offended” met wat hulle dink. Ge affronteer is natuurlik die regte bewoording, maar baie mense gaan eers die woordeboek moet nader sleep as ek dit gebruik.

My Mening ·

Hier is soveel dubbele standaarde in hierdie liewe land van ons dat dit eintlik lagwekkend is!! Dit klink ook vir my asof iemand nou weer die potentiaal sien om ‘n ou vinnige geldjie te maak! Nie seker waar die skadevergoeding vandaan kom nie….wie is skade aangerig?

Louis ·

Bepaal julle eerder by malema en sy kaders se uitlatings. Maar daar word niks aangedoen nie. Hul laat sloer al sy aanklagte teen hom wat honderd keer erger is as Steve sin.

Jax ·

Ek bly maar eerder stil voor my vryheid van spraak ook in sy chops is

Mariana ·

En hoe het hy nou die spesifiekes geteister. Mense is heeltemal te fyngevoelig. En ja Steve bly maar ‘n maklike teiken. Hy is uitgesproke en dit is vir baie ‘n probleem. Net sekeres mag mos sê wat hulle wil.

Manie ·

El kan niks inkriminerend sien wat hy oor die Alfabet-6 gesê het nie.

ES ·

Sal baie graag sien wat hul funderende beëdigde verklaring aan die hof se oor hoe hulle dit gaan bewys as diskriminasie.

Oompievis ·

Nou watse skade kon hulle hoegenaamd gelei het wat nou vergoed moet word?
TREURIGHEID!!!!
Foeitog!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.