Hond ná drie dae uit stormwaterdrein gered

(Foto: Verskaf)

ʼn Elfjarige boerboel-kruising is Woensdag uit ʼn diep stormwaterdrein by Wespark in Pretoria gered nadat sy drie angswekkende dae lank in die koue, pikdonker en beperkte ruimte vasgekeer was.

Die Wetnose-dierereddingskuiling naby Bronkhorstspruit sê Tiger, die kruising tussen ʼn boerboel en ʼn Deense hond, se “hartroerende pleidooi om hulp” het die aandag van verskeie reddingspanne getrek.

Bennie van der Merwe van Firsthelp-insleepdienste het Tiger hoor huil en blaf en het dadelik verskeie nooddienste oor die hond se lot ingelig.

“Die Gauteng-nooddienste se spesiale operasiespan, die Soshanguve-polisie se honde-eenheid, die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Tshwane en die Tshwane-brandweer het almal saam met die Wetnose-dierereddingskuiling gewerk om Tiger uit die afvoerpyp te red,” sê Veronica van Greunen, dierewelsynbestuurder by dié skuiling.

Sy sê die reddingspoging was egter uiters ingewikkeld en uitdagend.

“Om Tiger uit die stormwaterdrein te red, het ʼn deeglike plan vereis en spanwerk was die enigste oplossing.

“Dit is ook belangrik om uit te lig dat Tiger ʼn groot hond is wat in ʼn klein ruimte vasgekeer was en ons het nie geweet hoe haar temperament is en of sy ʼn gevaar vir die reddingspanne sou inhou nie,” sê Van Greunen.

Dit het egter nie vir ao. Len Willemse van die honde-eenheid, en Dennis Visser van die Gauteng-nooddienste afgeskrik nie.

(Foto: Verskaf)

“Hul moed het geen perke geken toe hulle deur die donker stormwaterdrein moes kruip om die hond na veiligheid te help bring nie,” sê Van Greunen.

Willemse het 25 m lange dieptes en donkerte aangedurf om Tiger saggies na Visser te stoot, wat verder af met die pyp by ʼn mangat met ʼn leiband gereed gestaan het.

“Die volharding en sagte benadering van ons helde het vrugte afgewerp. Die oomblik toe Tiger uit die afvoerpyp gered is, is sy met kos, water en liefdevolle arms begroet – dit was niks minder as aangrypend nie,” sê Van Greunen.

Sy vertel dat die emosionele hereniging met Tiger se eienaars verblydend was en dat “die hond se aanvaarding van die redders se soene en drukkies haar sagte gees en mooi temperament openbaar het”.

JOINT EMERGENCY RESCUE MISSION: MULTIPLE RESCUE TEAMS TO SAVE TIGER THE BOERBOEL FROM STORMWATER DRAINWe recently were a part of an extraordinary display of bravery and teamwork as various rescue teams united for a noble cause – to save Tiger, an 11-year-old, majestic Boerboel x Great Dane. Trapped in a stormwater drain for three horrifying days, Tiger's plea for help caught the attention of the Wet Nose Animal Rescue Centre, Gauteng EMS Special Operation, Soshanguve SAPS K9 Search and Rescue, Tshwane SPCA, and the Fire Department.The operation was intricate, challenging, and required a plan where teamwork was the only way. But our heroes, Warrant Officer Willemse from K9 Search and Rescue, and D. Visser from Gauteng EMS, were undeterred. Their courage knew no bounds as they embarked on a daunting crawl through the drain. Officer Willemse ventured 25 meters deep into the darkness to gently nudge Tiger towards D. Visser, who was ready with a rope leash.The task was not without risks. Tiger, being a large dog in a confined space with an unknown temperament, could have posed a danger. However, the persistence and gentle approach of our heroes paid off. The moment Tiger emerged into the light, she was greeted by food, water, and loving arms, it was nothing short of magical.The emotional reunion with her owner was heartwarming, and her acceptance of the rescuers' kisses and hugs revealed her gentle spirit. Tiger is now under the caring watch of Wet Nose, recuperating smoothly in our clinic. Tshwane SPCA will conduct a home check to ensure her continued safety and well-being.We extend our deepest gratitude to everyone involved in this daring rescue. Your selflessness and dedication have not only saved a life but have also reminded us of the incredible bond between humans and animals.If you would like to contribute with as little as R10 it makes a huge difference in saving more lives just as we did with Tiger.Banking Details for Wet Nose:Account: Wet NoseBank: ABSAAccount no: 407 649 9150Branch: 632005Ref: TigerPayFast:https://www.payfast.co.za/donate/go/wetnoseanimalrescue(PayFast is credit and debit card friendly)

Posted by Wetnose Animal Rescue Centre on Thursday, January 18, 2024

“Tiger is tans onder die sorgsame toesig van die Wetnose-dierereddingskuiling en sterk aan in die kliniek. Die DBV in Tshwane sal eers ʼn huisbesoek doen om haar voortgesette veiligheid en welstand te verseker.

“Ons betuig ons diepste dankbaarheid aan almal wat betrokke was by hierdie gewaagde reddingspoging. Die onbaatsugtigheid en toewyding het nie net ʼn dierbare hondelewe gered nie, maar het ons ook herinner aan die ongelooflike band tussen mens en dier,” sê Van Greunen.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sandra ·

Dankbaar dat die hond gered is, my vraag – hoe het sy in die gat beland? Groot hond, klein gat?

Riette ·

Not all heroes wear capes!!! Baie dankie aan elke organisasie wat gehelp het!!!

André ·

Julle is HELDE !!! Julle onbaatsugtige dapperheid en moeite is ‘n inspirasie.

Olive ·

Dankie aan die soos gewoonlike pragtige omgee mense met goeie harte. As ek so vir die arme Tiger kyk, dink ek regtig sy moet ‘n nuwe huis kry. Gelukkig is sy nou tydelik onder sorg van goeie hande.

Wit Leeu ·

Mag die Here elkeen wat betrokke was ryklik seën ! Dit is die mooiste gebaar wat ek nog gesien het !

Delia ·

Sjoe, wonderlike werk!!! Ek lyk aan engtevrees. Fantasties dat groot manne in klein ruimtes ingaan. Ek bewonder julle.

Suzette ·

Welgedaan aan almal wat gehelp het. Dankbaar hulle kon vir Tiger red.

Ronel ·

Dis wonderlik om te sien tot watter uiterste mense sal gaan vir diere – ek sal letterlik enigiets vir ‘n dier doen. Hulle liefde is onvoorwaardelik en rein en baie keer onverdiend! Pragtig!

Jacqueline ·

Deze mensen zijn echte HELDEN! Het is geweldig dat mensen zo onbaatzuchtig optreden om deze arme, oude hond te redden uit een vreselijk benarde situatie. Een groot applaus ik heb groot respect voor jullie.

Bolandse Nooi ·

Hmmm … miskien is dit goed dat die dierewelsyn eers omstandighede by die huis gaan deur kyk voor Tiger teruggegee word. Toegegee, sy sal sekerlik nie soos ‘n regte skoothond sal lyk as sy uit ‘n storm drein kom na 3 dae nie, maar let ek steeds op dat sy effe maer is en duidelik as ‘n werpsel of 3 gehad het. Miskien is sy nog ongesteriliseer en moet sy eerder eers ‘n rukkie by die dierewelsyn bly sodat sy gesteri kan word en ‘n mikro-skyfie kan kry en daar seker gemaak word dat sy nie weer uit die erf kan kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.