Hoofregter Mogoeng dien SA met ‘onderskeiding’ – Ramaphosa

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Jacques Naude/African News Agency/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag sy waardering teenoor hoofregter Mogoeng Mogoeng uitgespreek vir die tien jaar waartydens hy die land as hoofregter gedien het.

Mogoeng het Maandag dié amp neergelê.

Ramaphosa het verlede week die naamlys met voornemende kandidate vir die hoofregterspos bekend gemaak. Dit sluit onder meer die naam van adjunkhoofregter Raymond Zondo in.

Suid-Afrikaners het tot 15 Oktober kans om geskrewe beswaar aan te teken teen enige van die kandidate wat benoem is.

Ramaphosa sê Mogoeng het die regbank met onderskeiding gedien sedert hy in September 2011 in die posisie aangestel is.

“Vandag bring ons hulde aan hoofregter Mogoeng omdat hy die Suid-Afrikaanse demokratiese en regsgeleerdheid breed verryk het met regterlike integriteit en veerkragtigheid wat ʼn positiewe uitwerking op die lewe van al die land se burgers gehad het en aanspreeklikheid bevorder het.

“Ná ʼn dekade van uitnemende diens en leierskap laat hoofregter Mogoeng ʼn ryk nalatenskap agter vir ons demokratiese kultuur, ons regbank, die regsberoep en gewone Suid-Afrikaners.”

Volgens Ramaphosa het Mogoeng ʼn regbank aangemoedig wat vreesloos is in sy pogings om diegene in beheer aanspreeklik te hou en empaties te bly teenoor die lot van enkelinge en groepe in die samelewing.

“Dít het internasionale aansien vir Suid-Afrika se regbank, asook vir die integriteit, doeltreffendheid en bevoegheid van ons demokratiese instellings en vir die skeiding van magte in ons Grondwet, verhoog.

“Hoofregter Mogoeng was die voorsitter van ons regbank gedurende ʼn dekade wat op baie maniere uitdagend was, tog het ons regbank volhard en die hernuwing van ons samelewing moontlik gemaak,” sê Ramaphosa.

“Nadat hoofregter Mogoeng die land met soveel onderskeiding gedien het, kan hy hom nou meer toewy aan sy persoonlike belange, al weet ons dat hy steeds ʼn belangrike figuur en stem in die openbare oog sal bly.

“Ons wens hom alle sterkte toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Misky ·

Ek het baie respek vir die hoofregter en standpunte wat hy ingeneem het. MAAR ou Ramaparra maak ‘n grooooot fout as hy beweer ons land se regstelsel is het enigsins “n positiewe uitwerking op die land se burgers”. Die ou lewe onder ‘n klip saam sy klomp lyfwagte seker.

JM ·

Hoofregter Mogoeng Mogoeng verdien al die lof wat hom toegeswaai word; hy is by uitstek ‘n man met integriteit.

Anoniem ·

Moenie vergeet nie, hy is deur Zuma aangestel, al het hy sekere uitsprake gemaak wat lekker op die oor val.

Chris dupreez ·

Zuma het beslis die man se integriteit onderskat en gedink hy gaan hom een van sy boewe maak soos Hlope

JohanR ·

En om te dink dat hoofregter Mogoeng Mogoeng kan vervang word met hoofregter John Hlophe of Adv. Busisiwe Mkhwebane. En daar het ons gedink dat die publiek gaan betrokke wees om die nuwe hoofregter te kies, maar weereens word hy/sy vir ons verkies.

Henning ·

Johan, kom ons bly positief dar Regter Raymond Zondo wel die pos gaan kry. Maar ek sem saam ons is m@ertoe as een van daardie twee aangestel word

Chris dupreez ·

Nou ja, ons hoop maar Zondo is die volgende hoofregter en nie een van die ander twee zumaliete nie.

Hardekwas ·

Dis jammer dat hy nie langer in dié amp sal dien nie. Ek hoop hy het n sê in wie sy opvolger sal wees.

Johann ·

En jy gaan hom vervang met wat Ramapoza? En my EERSTE verwysing van jou eie karaterlose denke en dade is die feit dat jy jou KADER MKIZI beskerm het sodat hy die “eerbare” ding kon doen en bedank VOOR hy gefire kon word? Ons is uitgelewer aan ‘n slinkse leunaar wat met mooi woorde ‘n valsheid plant en water gee met ‘n blinde lojaliteit aan anargie.

annie ·

Mmm… Zuma het ‘n paar ‘positiewe foute’ gemaak ook met die vorige OB wat hom uiteindelik ook aangevat het. Dieselfde met regter Zondo wat hy nou verwoed probeer uitwerk.

Piet ·

Good riddens!!!!!Enige anc adder is n bedreiging vir SA se regstelsel wat elk geval tot in die diepste wese verrot is nés eff gespuis!!!!!

Sarel ·

Hlope ….nog ‘n persoon wat deur die ANC beskerm word en heel moontlik die aanstellkng gaan kry. Miet nie verbaas wees as dit gebeur nie.

Donene ·

En so verloor ons ‘n reus in die justisie en die politiek. ‘n Man wat geweier het om sy integriteit prys te gee maak nie saak wat die prys was om te betaal nie. Reg was reg en verkeerd was verkeerd. ‘n Man wat vas staan op bybelse beginsels en dit nie net praat nie maar ook uitleef. Dankie Hoofregter Mogoeng vir jou diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.