Inwoners oos van Pretoria maande sonder water

Die beskadigde pypleiding. (Foto: Verskaf)

Inwoners van Cullinan, Rayton en Refilwe in Gauteng sal vir die volgende agt maande sonder lopende water moet klaarkom nadat ’n pypleiding tydens verlede week se swaar reën in die provinsie weggespoel het.

Lindela Mashigo, woordvoerder van Stad Tshwane, verduidelik dat Magalies Water, die instelling wat grootmaatwater verskaf, water uit die Wilgedam na die Cullinan-watersuiweringsaanleg onttrek voordat dit aan kliënte oos van Pretoria gelewer word. Dié pypleiding is egter te midde van verlede week se swaar reën beskading toe dit saam met ʼn betonondersteuningstruktuur en sy kleppe weggespoel het.

Volgens Mashigo sal dit agt maande neem om die pypleiding te herstel. Inwoners van Cullinan, Rayton en Refilwe sit tot dán sonder lopende water hoewel die Stad Tshwane watertenks aan inwoners beskikbaar sal stel.

Karen Yssel, voorsitter van die gemeenskappolisiëringsforum (GPF) in Cullinan, het Woensdag aan Maroela Media gesê die drie reservoirs in die area het tot die naweek water aan inwoners voorsien voordat krane begin leegloop het.

“Dit is regtig niemand se skuld nie. Die area het 400 mm reën binne vyf dae ontvang. In my 22 jaar [in die gemeenskap] het dit nog nooit so baie op een slag gereën nie,” sê Yssel.

Volgens Yssel is daar wel ongelukkigheid onder inwoners aangesien Magalies Water hulle na bewering op kort kennisgewing omtrent die watersituasie ingelig het.

Sekere inwoners is kort ná die skade ingelig deur kennisse wat die skade aan die pypleiding gesien het. Dié het ander op hul beurt in kennis gestel en boodskappe is op sosiale media versprei. Bejaardes, wat nie van sosiale media gebruik maak nie, was egter in die duister oor hul lot.

“Ons is bekommerd oor die bejaardes, maar in dié stadium maak ons staat op die kerke en bure om die nuus oor te dra,” sê Yssel.

Sy sê dat die Stad Tshwane sedertdien watertenks aanry om die nood te verlig en inwoners met boorgate het reeds die boorgate vir ander beskikbaar gestel. Water word ook vir bejaardes aangedra. “Die gemeenskap doen regtig wonderlike werk.”

Ander opsies word oorweeg waaronder die moontlikheid om water van elders af te herlei.

Volgens Yssel is daar egter kommer oor die inwoners van Refilwe waar sowat 40 000 inwoners sonder water moet klaarkom. Meer watertenks sal na verwagting hiér aangebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Adriaan Jordaan ·

Dit is werklik ‘n probleem as daar nie water is nie, kan die Stadsraad nie die reservoirs vol water hou nie dan kan daar mos niemand gemis word wat water nodig het nie? Om 8 maande te neem om die water pype reg te maak gaan verseker ander probleme veroorsaak ek dink aan Geysers en huis pype wat leegloop!

Lourens ·

Al die staat en semi staat instellings maak gebruik van Supply Chain Management en die betrokkenes kyk eers hoe fondse verduister kan word. Die maatskappy wat die meeste geld in gatsak gee kry tender. Dis hoekom die betrokkenes so draai met goedkeurings. Fis ongehoord om so met basting betalers se geld te mors.

Anoniem ·

Hoekom kry hulle nie die weermag se watertenks om te help hulle sit net daar in hul basis en doen niks.

Scalla ·

Danien, die weermag se water lorries is gekamoefleer en kan volgens die minister nie opgespoor word nie en die wat wel gevind is kan nie start nie, net soos met die waterpyp, onderhoud en instandhouding is n vloekwoord.

Outoppie ·

Swak of geen onderhoud aan dreine en vloedwater stelsel wat sulke dinge veroorsaak

johan II ·

…dit en infrastruktuur hou nie vir ewig nie, hul moet nuut bou en meer van die ou goed in stand hou….maar wie is HULLE? Plunder net.

Lee ·

8 Maande is darem maar verskriklik lank vir herstelwerk. Tender proses moet seker eers begin word en dan vat die werk ‘n maand of twee. Baie sterkte aan die mense in daai omgewing.

Frederick ·

Ag,mense onthou tog ons bly in die slegste land op aarde????????

Joesi ·

Maar Karen, op ons Whatsapp groep het julle bevestig dat dit 8 WEKE is , en nie maande nie.

Barries ·

Tshwane Stadsraad het gister reeds bevestig dat dit 8 weke, nie 8 maande, sal neem om herstelwerk te voltooi.

James ·

Dis vreeslik. Sterkte aan julle.

Het onderhoud n rol gespeel?

Markus ·

Ek dink die 8 maande klink nie reg ,ek en my tuin ingenieur sal dit in minder tyd kan doen,dit is tog n hoë prioriteit projek so die metro sal maar net moet plan maak.

Hb ·

Dit gaan 8 maande neem om di pyplyn te herstel ni 8 maande vir lopende water nie. Daar behoort lopende kraanwater vroeg in Januarie te wees. Beriggewing weer swak. Soos gewoonlik berig die media altyd die mees negatiewe en ergste selektief. En ons glo dit

Hanlie ·

In die Beeld van vanoggend is dit bevestig dat dit 8 maande gaan duur om die pypleiding weer in werking te stel. Kan my nie indink hoe daai arme mense te gaan uithou nie. Wat van al die besighede wat afhanklik is van water?

Wa ·

Mense, julle lees nie die berig korrek nie. Dit gaan 8 weke vat om ‘n tydelike kort termyn oplossing te bewerkstellig maar dit gaan 8 maande vat om die oorspronklike infrastruktuur reg te maak. Ek woon in Cullinan en dis hoe sake nou staan.

Barries ·

Daar is geen verwysing na 8 weke in die berig nie. Ons kan lees.

Janine ·

Net baie dankbaar dat die bejaardes in ag geneem word. Dankbaar dat my goeie vriendin haar ontferm het oor my bejaarde huurders. Sterkte aan almal daar…dis een helse gemors!

Hexadane ·

Dalk is dit beter om 8 maande te lees, minder kans vir teluerstelling as daar nie loopende water in 8 weke is nie.

Wa ·

@Barries, jy is reg, my bewoording was verkeerd. Min of meer soos jou houding. Die doel van my kommentaar was om die verwarring in die kommentare uit te sorteer en nie om enige iemand in die gesig te vat nie. As jy in die omgewing woon en hierdeur geraak word, stel ek voor dat jy informasie direk by die Cullinan GPF kry. Daar word gereeld kennisgewings oor die situasie in die gemeenskap versprei. PS: jy sal verbaas wees oor hoeveel mense “nie kan lees nie”. Dis juis die rede vir die verwarring en vererger die huidige situasie.

Lourens ·

Ek het daar groot geword, Rayton het boorgate waar uit die dorp kan water kry, hoekom word daai boorgate nie gebruik nie? Dis miskien nie genoeg vir tuin natmaak nie maar dit is genoeg vir basiese water vir almal in Rayton.

Piet ·

Relatief gesproke is dié op dieselfde skaal as Eskom debakel.
Byt vas mense – almal moet inklim en die sake versnel. Tydlyn is skokkend.

Susanna ·

‘Gemeenskap doen wonderlike werk’! Gemeenskap kry nie die salaris per maand nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.