Janusz Walus met skerp voorwerp gesteek

Janusz Walus (Foto: Twitter)

Janusz Walus ontvang tans mediese behandeling nadat hy glo deur ʼn ander gevangene in die tronk vermoedelik met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Die departement van korrektiewe dienste het die voorval Dinsdagmiddag bevestig en sê dat Walus se toestand in dié stadium “stabiel” is.

“Daar word beweer dat Walus deur ’n ander gevangene van dieselfde behuisingseenheid gesteek is.”

ʼn Volledige verslag oor die voorval sal glo later bekendgemaak word.

Maroela Media het vroeër berig die Konstitusionele Hof het verlede maand eindelik aan Walus parool toegestaan ná vele mislukte paroolaansoeke.

Walus, ’n Poolse immigrant, het die voormalige SAKP-leier Chris Hani in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hy en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir die moord op Hani opgelê. Die vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.

Walus is al sowat 28 jaar lank in aanhouding en het sedert 2011 reeds verskeie kere onsuksesvol aansoek gedoen om parool.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Piet Snot ·

Ek’s bevrees vir daai man se lewe.
Vergifnis is maar min by die kommunistiese regering en sy ondersteuners.

SomeOne ·

kry hom so gou moontlik uit die tronke voor hy dit nie lewend gaan maak om pole toe te gaan nie, “almal” hier soek sy bloed, gee hom kans om sy laaste lewe in vrede te gaan geniet, tuis waar hy hoort

Cherokee ·

Hy moet sy parool in Suid Afrika uitdien. So het die kommuniste besluit. Hy gaan dus nie Pole toe nie. Tog hoop ek hy kry dit reg.

Nommer 7 ·

Duisendes gaan probeer om hom te vermoor. Hy moet toegelaat word om dadelik na Poland toe terug te gaan.

Alta Alleman ·

Hy sal vir ewig en altyd oor sy skouer moet loer. Sy lewe is in gevaar.

FM ·

Het vermoed dat sulke gemene dade teen hom gepleeg sal word.
Ander wat binne die tronk hoort dans en makeer niks en pleit swak gesondheid.
Niks maak sin nie

Cherokee ·

Nie vir ewig nie Alta, maar slegs in hièrdie lewe. Hierna is dit vryheid.

Truman Burbank ·

Waarom nou skielik? Onder invloed van buite? Daar is n rede waarom hy op parool vrygelaat word. En verbied word om na sy tuisland te gaan.

Cherokee ·

Die rede is as hy na Pole gaan hoef hy nie op parool te wees.

Nie Verbaas ·

Die man het 28 Jaar gesit. Laat hom vry. Daar is n rede hoekom hulle hom hier hou. Hy het nog minder beskerming buite.

Laksman ·

Ek dink weer die rede is dat as hy in Pole is, kan hy nie vermoor word nie?

Kompas ·

Seker daar is bevele van buite gegee om ontslae te raak v hom.

Nick ·

As hulle hom doodmaak sal hy altyd as ‘n ‘martyr’ voorgehou word deur ver= regses. Is dit wat hulle wil hè? Maar our people dink nie altyd logies nie nè?

Cherokee ·

…ver=regses? Wie is die ver=regses? Definieër ver regs asseblief.

Jean ·

“n Lewe vir die mense beteken niks nie. Hulle moet hom dadelik vry gelaat het.

Piet parys ·

So dis poging tot moord op JANUSZ. So wie gaan die verantwoordelikheid vat van die skerp voorwerp wat gebruik is en hoe dit ingekom het. Dis beplande poging van moord deur Hani se handlangers . Miskien moet iemand vir Janusz ook maar n vuurwapen in die hand gee laat hy hom self kan verdedig . Hulle Hani se meelopers wil nie die wettigheid van n hof uitspraak aanvaar nie maar ons moes maar aanvaar volgens ander rasistiese regters dat hy ( 28jr te lank) in die tronk gesit het

Wendy ·

In die kol, v 28 jr kom hy niks oor, ek ht voorspel ds wat gaan gbeur, almal op die media kanale selfs wittes teen wiites probeer rassisme hokslaan, maar niemand sien our people se rasistiese kant nie, ons wittes mag absoluut niks kwytraak dan wrd ons in hegtenis geneem,ons het GEEN sè, maar die ander mag se en doen wat hul wil, dan keur howe dit goed, wat anders as rasisme in die omgekeerde rigting is dit? Dis die slegste plek om in te bly die mooie Suid Afrika , ek wil stik elke keer as ek n tv aansit , mag die God en Here waarin ons glo ons spoedig kom verlos.

Rjc ·

As hy uit was soos hof gesê moes gebeur, sou dit nie gebeur het nie . Van wanneer af is die tronk se sê belangriker as die hof se utspraak, swak! Die klomp maak wat hulle wil.

Madelein ·

Hierdie is nie die laaste wat ons gaan hoor nie. Daar gaan nog sulke aanslae kom!

Rooikopheks ·

Laag en gemene daad, maar wat kan ons anders verwag van die “mense” in hierdie land?

Althes ·

Kan Pole nie ingryp nie? Die man se lewe is in gevaar. Daar word gediskrimineer teen hom terwyl ander moor en vroeer parool kry

wendy ·

Hulle kan net maak soos hulle wil hy is geregtig op parool ek hoop hulle hou veilig
En laat hy tog veilig erens gaan wees die beste ding is stuur hom terug pole toe

Johan ·

Hulle sal net tevrede wees as hy Hani uit die dood terugbring. Dit is hoe vêr hul redenasie vermoë gaan.

Nie Verbaas ·

Verstommend hoe hy in 28 Jaar niks oorkom nie maar nou dat sy parool goedgekeur is word hy aangeval. Die lafhartige gemors het moontlik instruksies van buite die gevangenis gekry. Gemors.

Koos ·

Ja wat kan mens verwag sekeres het hulle eie bybel en n god met klein letter hulle sal wel in hul eie oordeel verstik ons wat glo BLY OP ONS KNIEE EN DANK GOD IN ALLES WAT HY DOEN vir jou en my wat glo en wag op Sy wederkoms Kooskis

Harley Davidson ·

Ons lewe in n gemors land met n gemors keiser en die beste is ons betaal daarvoor ,hoekom?

Eugene ·

Ek probeer hard om te verstaan. As lewenslank in SA 25 jaar is dan is Walus se tyd mos verby en hy moet vry uitkom, nie op parool nie. Hoe lank gaan sy parool wees? Ek is maar dom en kan nie dink soos ons regering nie

pestilensie ·

Huurmoord poging , binnenlandse sake wat wette buig om te keer dat Hy die land verlaat , ANC erger as Poetin

Lillian ·

Hierdie is maar die begin, hy gaan nooit veilig wees solank hy in SA is nie.

Danie ·

Ek is bevrees oor sy veiligheid die vrot spul gaan ons wys en niemand gaan iets doen nie.Dis n skreiende skande wat in ons land gebeur.

SANET ·

Die arme man. Die oomblik toe ek hoor hy gaan vrygelaat word het ek geweet daar is ‘n losprys op sy kop. ????

annie ·

Niemand in SA bly vir sy hele lewensloop in die tronk nie. Daar is ‘n afsnydatum. Dan nie? Indien iemand voor daardie datum vir goeie gedrag of wat ook al vrygelaat word, bly hy op parool totdat daardie datum bereik is en hy intussen geen reëls oortree het nie. Indien Walus sy vollle tronkstraf uitgedien het, kan hy nie nou eers op parool wees nie. Dit moes gebeur het voor daardie tyd, maar het nie. Dit beteken dus dat hy nou vry is. Nie? Parool geld slegs tydens die straftydperk. Watter wet geld vir Walus? Boendoe-barbarisme?

gpsa ·

Hoop Poland kan help dat hy direk vanuit gevangenis na Pole terug kan gaan. Hy kan daar onder parool vereistes voort lewe.

Suzette ·

Wonder nou net wat gaan gebeur met die ou wat hom gesteek het? Seker maar niks nie, want hulle is mos ons land se “bedreigde spesie”
Hierdie hele storie gaan oor rasisme….. Punt!

Martin ·

Hoe werk dt 25 jaar is lewenslank watse parool dt is opdrag vn anc hul wil hom hierhou om hom dood te maak nt so hul gemaak ht mt awb leier di gemors lafharts

Leah ·

Ek verstaan nie hoe mense nog vir Janusz Walus kan opkom en hom jammer kry nie – wat hy gedoen het is verkeerd. N lewe was geneem, ons land was in rep en roer en dit was sy hele plan van die begin af om ons nasie verder te verdeel. Sou hy dit aan een van my familie lede gedoen het sou ek nie wou gehad het hy moes uitkom op parool nie en dat hy in die tronk moes bly vir solank as moontlik al beteken dit sy lewe is in gevaar. Hy het die besluit gemaak in 1993 – hy het geweet wat kom.

Frank ·

So in jou oe is dit reg dat ‘n swart man wat ‘n baba wreed verkrag en vermoor het, en baie ander selfs nog meer mense vermoor het, na 10 jaar vry kan rondloop maar ‘n wit man wat een swart man (‘n terroris nogal) vermoor het, die langste van enigiemand nog ooit in SA tronk moes sit en daar dan so bohaai gemaak word as hoogste hof beslis hy kan wel vrygelaat word? Dit gaan nie noodwendig oor wat hy gedoen het nie, maar oor die uiterste rassisme, skewe, verdraaide en ongelyke behandeling.

Gaitsigubib ·

Hierdie man het betaal vir wat hy gedoen het. Die paroolraad dink dat hy nie meer n gevaar in hou vir die samelewing nie, maar jy wat Leah is voel anders. Voel jy ook dat blanke mense ekstra gestraf moet word vir een of ander rede? Ek meen dit lyk nie of jy omgee oor die mense wat ander vir ure martel en hulle dan vermoor nie, of hoe?

RS ·

Hy gaan nog vermoor word voor hy uit is. Hani se vrou sal sorg vir n opsweep en dade wat uit gevoer word.

Retha ·

Hierdie man gaan nie veilig wees daar buite nie- cANCer gaan dit nie toelaat nie. Hy het mos nou geboet, stuur die man terug Pole toe.

twaalfboor ·

Dis omdat alles uitgelap word. Niemand sou niks geweet het as hy net stilweg vrygelaat was nie. Maar nee…… SENSASIE is mos aan die orde van die dag. Hoekom na 28 jaar hom probeer vermoor?

Jakes ·

Vir iemand wat weet wat in tronke aangaan is ek nie verbaas nie. Natuurlik is hierdie n voorafbeplande aksie deur n bendelid in sie tronk. Messe en ander derglike wapens is alledaags in teonke asook selfone. Hierdie bendelede sal vir n geringe bedrag so n afskuwelike daad pleeg. Ons tronke is vrot van bo na onder en ek praat nie net van bandiete nie.

Anel ·

Plek word hy nou op na die eerste beskikbare vliegtuig begelei en Pole toe gestuur, vir sy eie veiligheid. Wat ‘n klap in ons land se gesig dat ‘n vrygelate persoon so behandel word. Hy het nie nodig om op parool te wees nie. Ander wat lewenslank kry, kry al parool nadat hulle ‘n derde van die tyd uit gedien het en dan nie lank daarna nie is daardie parool op gehef!!! So stuur die man huistoe anders gaan hy dit nie lewend maak nie!!!

Marcello ·

Ja, dat hy liewers dadelik teruggaan Pole toe, want hier is te veel haat en moorde. Sy lewe buite gaan beïendig word, kort voor lank, veral as ‘n mens die reaksie op die TV gesien het, deur Hani se vrou en ondersteuners. Wat maak hom anders as ander “moordenaars”. Want as hulle uitkom dan is hulle Wêreld Ikone!!!

Andre ·

Daar is n klomp wat vrees vir die waarheid wat gaan uitkom en wie regtig agter die komunis hani se moord sit!!

Maritza ·

Was net ‘n kwessie van tyd. Hy gaan nie veilig wees as hy uit kom nie.

Manie ·

Volgens ‘n ander berig is die aanvaller ‘n geswore ANC ondersteuner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.