Joernalis-egpaar in huis vasgebind, beroof

Die joernalis-egpaar Andries en Christel Cornelissen is Maandagoggend in hul huis in Garsfontein oorval en beroof. (Foto: Verskaf)

“In ons land is jy uiteindelik op jouself aangewese en moet jy verantwoordelikheid vir jou eie veiligheid neem.”

Dít het ʼn joernalis-egpaar van Garsfontein in Pretoria op die harde manier geleer toe hulle Maandag in die vroeë oggendure in hul huis deur twee gewapende mans oorval, vasgebind en beroof is.

Hoewel Christel Cornelissen (40), ʼn senior verslaggewer by Maroela Media, herhaaldelik die paniekknoppie in hul slaapkamer gedruk het, het die private veiligheidsmaatskappy van wie se dienste hulle gebruik maak nie in daardie stadium tot hul redding gekom nie.

“Ek het gewag en gewag dat iemand ons kom help. Niemand het gekom nie,” het sy Woensdag oor die voorval gesê.

ʼn Veiligheidsbeampte van die betrokke maatskappy is wel na die huis gestuur nadat die panieksein ontvang is, maar het ’n briefie op die hek gelaat dat “alles in orde” is voordat die beampte weer gery het. Dít ondanks die feit dat nie Christel of haar man, Andries, hul fone beantwoord het nie en die maatskappy deur ʼn sluitboks toegang tot die erf kon kry.

Christel verduidelik dat Andries, besturende redakteur by Bulletin, ʼn maatskappy wat radionuusbulletins saamstel, Maandagoggend vroeg moes opstaan om te werk.

“Hy het vir die honde oopgesluit sodat hulle kon uitgaan. Hy was net terug in die huis toe twee mans hom in sy werkkamer ingewag het: een met ʼn mes en een met ʼn rewolwer.

“Hy het geskree en ek het wakker geword. Hy het niks gesê nie, dit was meer net ʼn harde skreegeluid. My eerste gedagte was dat die kat dalk weer iets oor sy skootrekenaar omgestamp het.”

Dis toe dat Christel kaalvoet en in haar nagklere gang af is om te kyk wat aangaan en in die rower met die rewolwer vasloop.

Dié man het die egpaar beveel om op die bank te sit waar hy en sy makker hul hande en voete met rekenaarkabels vasgebind het. Andries se hande was veral styf vasgemaak.

‘Genade’ dat kinders deur rumoer geslaap het

Die mans het lukraak begin om elektroniese toestelle soos rekenaars en selfone in ʼn sak te pak en ook herhaaldelik gedreig om die egpaar te skiet.

Die egpaar se twee kleuters het deur die voorval gelê en slaap en die honde – wat gewoonlik onophoudelik vir besoekers blaf – het tjoepstil in ʼn hoek gaan lê. ʼn Bestiering, sê Christel.

“Dit was so asof hulle geweet het hulle moenie die kinders wakker maak nie. Ek dink daar was beslis ʼn Hoër Hand oor ons huis.”

Haar moed het in haar skoene gesak toe een van die mans sê “kom ons gaan slaapkamer toe”. Steeds het sy net bly hoop dat die kinders slaap.

In die kamer het die man haar gevra waar haar juwele is en begin om waardevolle items te plunder, insluitend haar trou- en verloofring.

Hy het ook kaste links en regs omgekeer, heelwat klere gesteel en selfs een van Andries se pette op sy kop gesit.

“Hulle was nie een keer by die kinders se kamer in nie, en gelukkig het hulle nie wakker geword nie. My een seuntjie word altyd deur die nag wakker, maar het nie hierdie keer nie.”

Die man het Christel weer na die televisiekamer geneem waar haar man steeds aangehou is. Sy het in ʼn stadium selfs gemaak asof sy siek word – enigiets om die mans daar weg te kry – en is vir ʼn tweede keer beveel om slaapkamer toe te gaan.

“Toe is die asem uit my lyf uit. Ek het gewonder wat dié keer gaan gebeur. Hy vir my gesê om op die bed te lê en te ‘slaap’. Ek het gemaak soos hy sê, met hande en voete wat steeds voor my vasgebind is. Die paniekknoppie is in die kamer en ek het dit gedruk toe hy uitgeloop het.

“Toe hulle my vroeër vasgebind het, het ek my hande so gehou sodat daar ʼn gaping is. Ek kon dus my een hand loskry en het dit weer teruggedruk nadat ek die paniekknoppie herhaaldelik gedruk het.”

Sy was oortuig die veiligheidsmaatskappy sou spoedig reageer en dat die nagmerrie gou verby sou wees – tog vreesbevange dat een van die rowers die geluid van die knoppie sou hoor.

“Die veiligheidsmaatskappy het iemand gestuur. Hulle was by die hek terwyl hierdie mense in ons huis was. Ons het ’n klein kluis by die hek wat die veiligheidsmaatskappy kan oopmaak om toegang tot die erf te kry. Niemand het ingekom nie.”

Die rowers is ongeveer 05:15 daar weg. Andries kon sy voete loswikkel en is na sy vrou in die kamer waar hulle mekaar gehelp het om heeltemal los te kom. Albei se selfone was weg, maar Christel kon haar skootrekenaar – wat goed weggebêre was – gebruik om WhatsApp oop te maak en hulp op die buurt se noodgroep te ontbied. Kort daarna was verskeie veiligheidsmotors op die toneel en sowat ʼn uur later die polisie.

Die egpaar vergader Vrydag met hul private veiligheidsmaatskappy om te hoor wat presies skeefgeloop het. Indien reaksiebeamptes ingekom het sou hulle die booswigte waarskynlik op heterdaad betrap en moontlik in hegtenis kon neem het.

“Ons het staatgemaak op hierdie mense. Die eerste kans wat ek kon kry, het ek die paniekknoppie gedruk. Ek het aangehou en aangehou druk.

“Die kruks is jy moet verantwoordelikheid neem vir jou eie veiligheid. Ja, veiligheidsmaatskappye is belangrik en speel ʼn groot rol, maar uiteindelik is jy maar op jouself aangewese.”

Christel sê hulle is uiteraard dankbaar dat hul gesin ongedeerd is.

“Ja, dit is traumaties en moenie gebeur nie, maar dit kon soveel erger gewees het. Ons is oukei, en ons is dankbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

LIEZL ·

So dankbaar vir ons Vader se Hoër Hand en genade vir julle. Amen Amen Amen, HY leef

Pieter ·

Stem saam. Maak die naam van die sogenaamde veiligheid maatskappy bekend sodat niemand angetds in dieselfde strik trap nie.

TruthDealer ·

Yep. A false sense of security is extremely dangerous. And money wasted on their “services”. Klein dorpies se sekuriteitsdienste is dalk meer betroubaar. I live in safe zone outside a small town. I can see from the town Whatsapp groups, their main sec company is the tippety-top of the A-list in that regard. Hulle word vir Alles uitgeroep, slange in huise, katte in bome ens en dan ook hul eintlike werk. Die dorp sou verlore wees sonder hulle. Ook baie community patrols hier.

Liefling01# ·

Ek weet presies wie dit is…. wonder hoe hulle hierdie situasie gaan reg praat

TruthDealer ·

Dagvaar die rook uit daardie sekuriteitsmaatskappy! In fact, sue them into bankruptcy. Doesn’t seem like they’re of any use to anyone, so they won’t be missed. En ja die naam vd maatskappy sal help, asb. Dan kan mense mos nou weet hulle gooi hulle geld weg op daardie besigheid, en oorgaan na n ordentlike sekuriteitsmaatskappy.

Liefling01# ·

Ek weet presies wie dit is………….
Wonder wat daardie Reaksie wag vir homself te sê het wat by die perseël was?

SwartBees ·

Hulle is almal net daar om jou besittings te vat…..die skelms saam met die groter skelms – die SEKURITEIT. Durf jy net een maand n betaling mis.

Perdeby ·

Wel daardie sekerheids maatskapy gaan verduidelik, maar niemand gaan hulle glo nie. Kan die wag nie nog hulp ontbied het, en ‘n manier gekry het om oor die muur te kom nie, dit is wat ons as Polisielede maar moes gedoen het!!!!!

Daisy ·

Ek het lankal opgehou om my geld te mors op ‘n sekuriteitsmaatskappy.
En dit nadat Chubb Secrity betrokke was by rekenaardiefstalle in Houghton by my werk

George ·

Daai maatskapy se “veiligheids wag” weet tien teen een van die, is deel van dit. Name en shame die terrible plek.

Milestone ·

Ek is regtig dankbaar julle is veilig, dat die kinders deur alles geslaap het en selfs die honde kon aanvoel hulle moet anders reageer.

Wat ongelooflik hartseer is is hoe opgemors ons “normaal” geraak het dat ons na ‘n traumatiese episode soos hierdie sê: “……dit moenie gebeur nie, maar dit kon soveel erger gewees het.” Die hartseer van “wanneer dit gebeur” en die “as/indien dit gebeur” nie. Dit is nie hoe die lewe as ‘n reël moet wees nie.

TruthDealer ·

The only good thing, about this way of life, if things ever go “apocalyptic” like in the movies and series, South Africans have an advantage. We’re pretty much living in “Mad Max” as it is, and have been for decades.

Althes ·

Ek is baie bly jul het ongedeerd daarvan afgekom.
Aangesien die SAPD nie hul funksie na behore uitvoer nie, moet ons duur betaal vir ons veiligheid.
Daarom moet daar teen personeel van veiligheidsmaatskappy opgetree word indien hul versuim om ondersoek in te stel.

Johanna ·

Ñuwe SA. Mens Kan hul NIE vertrou NIE. Jul geld is goed en dit was ook al wat goed was. Gee die naam van die maatskappy DAT almal weet. Dankbaar julle is okay.

Onnie ·

Klink of die “manne” van die sekuritritsmaatskappy en die rowers dalk kop in 1 mus was…. indien nie, was dit net gewone swak diens in RSA!

Wonder ·

en dis die rede hoekom ek n pitbull het maar sien dat die honde nou kama n probleem is… mens kan nie staat maak op mense nie…

Blomkind ·

Hulle soek net daai debiet order om elke maand af te gaan vir geen diens. Mens moet die Sekuriteits Maatskappye toets een keer n maand op jou “Panic” en sou n “beam” af gaan of wat okal gepaard gaan met die alarm sisteem. Dis maar wat ek doen. Want hulle raak gemaksugtig. En ek “time” ook sommer die spul.

Papsak ·

Bly walglik een woord klaar die sekuriteit werk saam dagvaar hulle moenie speel nie

Dawid ·

Goed so om met sekuriteits-maatskappy te vergader. Hulle gaan met 100 verskonings vorendag kom dat so iets nog nie gebeur het met hul maatskappy nie, dat die beampte nalatig was etc. En hulle sal waarskynlik die arme drommel die fall guy maak, maar hy moet terug rapporteer aan die kantoor etc, so hy’s nie alleen skuldig nie. Moenie dat die maatskappy, ter wille van saving face, so maklik daarvan afkom nie. Julle is mos joernaliste, so grill hulle!

Francois ·

Seker dieselfde maatskappy wat Thabo Bester opgepas het…

Lillian ·

Klink bekend…. Noem die naam van die sekuriteitsmaatskappy sodat ander nie ook hul geld mors nie

Zena ·

Dit is onaanvaarbaar. Noem die sekuriteitsmaatskappy sodat die gemeenskap weet wie hulle is.

Wendy ·

Jammer om te hoor Christel – fire asb onmiddellik jul sekuriteit mkpy meeste v hulle is nt in dit vd geld

Sharmane ·

Dit is onaanvaarbaar dat ons so moet lewe. En om nie eens te praat van die veiligheids diens nie. Hoekom is dit dat ons in SA net moet aanvaar en dankbaar wees ons lewe. ONS korts n nuwe regering wat vir almal daar is. Nie net om hulle sakke vol te prop nie!!!

Andries ·

Jy het die “Sogenaamde sekuriteitsman” in sy oggendslapie gesteur. Hul almal is ‘wannabee’ polisiemanne.

Veronika ·

Name en shame die veiligheidsmaatskappy en dagvaar hul vir al jul skade!!

Chris ·

Ai Andries en Christel ons is regtig jammer om te hoor van die rooftog Deur Sy genade is jul nie nog aangerand ook nie Jul is so geliefd onder ons kykers met jul koerantbesprekings. Mag die belhamels gou gevonnis word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.