Jong pa by plaashek vermoor

Janus (Boeta) Powell. Foto: Verskaf

ʼn Jong pa is by die hek van die plaas wat hy bestuur het, doodgeskiet deur mans wat in polisiedrag geklee was en ʼn blou lig op hul motor gehad het.

Janus (Boeta) Powell (37) is Saterdagaand doodgeskiet op ʼn plaas tussen Hoopstad en Bloemhof in die Vrystaat toe hy na die plaashek gery het om mans daar te kry wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het.

Volgens Antoon Powell, Boeta se pa, het hy en sy seun in die omgewing van 17:30 die vuur begin pak om te braai toe Boeta se werkgewer hom laat weet het daar is polisiebeamptes by die plaas. Antoon en Boeta se ma, Tharien, het van Vrydagoggend af by Boeta, sy vrou, Anemi, en hul kleinkind JJ wat binnekort vier word op die plaas gekuier.

“Ek het gevra of ek moet saamry en hy het gesê: ‘Nee, Pa, wag net hier, ek is nou terug.’ Ek het die vuur net klaar gepak toe die oproep kom dat ek en ʼn vriend wat ook daar gekuier het hek toe moet kom. Die hek is sowat 1 km van die huis af.”

Antoon en die vriend het na die hek gejaag. “Ons het Boeta se Cruiser aan die binnekant van die hek sien staan en die hek was so ʼn entjie oopgemaak. Daar het ʼn motor op die teerpad gestaan. Die vriend het die hek oopgemaak en toe ons deurry, sien ons ʼn man se liggaam ʼn ent van die hek af op die grond en toe jaag die motor in die pad weg.”

Antoon het eers gedink sy seun is ontvoer en dat hulle met hom weggejaag het. Ons wou agter die motor aanry, toe sien ons vir Boeta daar naby lê. Toe ek by hom kom, was hy bewusteloos en ek het gedink hulle het hom geslaan. Hy het sy kop geroer en ek het gevra: ‘Seun, wat is fout, wat het gebeur?’ ‘Ek weet niks, ek weet niks,’ het hy gesê. Toe ek hom probeer optel, sien ek die bloed, toe besef ek hy is geskiet.”

Die vriend het intussen terug huis toe gejaag om Boeta se ma en vrou te kry en hulp te kry. ʼn Ambulans en die polisie is ontbied. “Hy het heeltyd gesê hy kry nie asem nie. Teen die tyd dat die polisie daar aangekom het, het hy baie sleg gelyk. ʼn Dokter het ook opgedaag en Boeta het kort daarna sy laaste asem uitgeblaas.”

Daar word vermoed dat Boeta daarin kon slaag om sy aanvaller dood te skiet. Boeta se pistool en selfoon word vermis. Die aanvallers het glo eers die eienaar van die plaas genader. Een van die aanvallers het glo in Afrikaans met hom gepraat. Hy verstaan egter nie Afrikaans nie en dit is toe dat hy Boeta ontbied het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, was daar vyf swaar gewapende aanvallers. Een van die aanvallers het ʼn polisie-uniform aangehad en een ʼn polisie-weerkaatserglimbaadjie.

“Daar was ʼn blou lig op die wit Camry waarmee hulle gery het. Die verdagtes het glo gesê hulle is op soek na ʼn persoon wat op borgtog uit is en het hulle as polisiebeamptes voorgestel.”

Volgens Tharien was haar seun baie hardwerkend en lief vir mense. “Hy het altyd gehelp waar hy kan en hy was ʼn baie goeie pa vir sy kind,” het ʼn emosionele Tharien gesê.

Die polisie het intussen met ʼn groot soektog na die verdagtes begin. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om sers. Lawrence Mojanaga by 083 334 0684 te bel. Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-groepering, was ook op die toneel en het die sinnelose moord ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Melanie ·

Wat gaan aan dit is die hoeveelste plaasaanval en net mooi niks word gedoen.Wanneer gaan daar gesê word genoeg is genoeg en mense in massa optree.Daar word niks gedoen om enige burger tebeskerm teen sinnelose moorde en rooftoge.

Pieter du plessis ·

Ek stem hierdie regering luister net as iets afgebrand word en die mees nuttelose parasiete huidiglik is die polisie ,ek glo nie die gemeenskap gaan hulle mis nie.

Lizelda ·

Daar sal ook niks gedoen word nie oor dt seker inderdaad polisiemanne was en nie net voorgegee het nie.

PaulV ·

IETS omtrent hierdie tragiese storie maak eenvoudig nie sin nie. Wié het al die inligting omtrent die aanvallers verskaf en verál die rede hoekom hulle glo daar was? Boeta het gesê hy weet niks en kon skaars asem kry, en die plaaseienaar kan glo nie Afrikaans verstaan nie, so wie was so goed ingelig?
Nóg ‘n sinnelose moord. Sterkte aan Boeta se familie en vriende.

Iemand ·

Dit kink vir my uit die artikel of die polisie wel iets probeer doen as hul n grootskaase soektog van stapel gestuur het…

Helena. ·

Hoeveel sinnelose moorde gaan daar nog gepleeg word? Gesinne word beroof van geliefdes. Iewers moet iets of iemand wees wat n einde hieraan kan maak. My hart gaan uit na hulle wat sonder antwoorde moet agter bly en aan gaan..is dit moontlik?

Barrie ·

Verduidelik net asb vir my hoe hou jy jou belasting terug as jou werkgewer dit aftrek?

jAN ·

die berig maak nie sin. vyf mans in n toyota.een dra n glimbaadjie, maar die polisie soek hulle. jyk my die polisie was daar… meegevoel met die familie.

Bietjie baie ·

Klink eerder of daar moontlik sindikate binne die SAP is wat dalk deur iemand betaal word om boere te vermoor.
God slaap nie.

Koos ·

Bietjie baie as mens kyk na die hoeveelheid moorde dink ek hy is vas aan die slaap

Anoniem ·

Dis ghaos hoeveel plaasaanvalle oor die paasnaweek plaas vind gedink almal is in kerke en by moria

Santjie ·

Koos…. Koos…. Koos…. jy het seker nie nou besef wat jy hier bo sê nie….

Ore ·

Ons regering is so besig om Steve Hofmeyr te boikot dat hulle weereens ons veiligheid versaak

Bietjie baie ·

My innige meegevoel aan die naasbestaandes van Boeta Powell.
Ons bid vir julle en al die ander wat die naweek aangeval was.

HPV ·

Presies wat malema daagliks met die anc en mrk se goedkeuring propageer.

Neels ·

Nou as ek mag vra waar kom die polisie aan die inliging van vyf mans. Volgens die betig as die slagoffer ernsig gewond en net heeltyd gese ek weet niks . Klink of daa n skang in die gras is

Tharina ·

Rus in vrede Ouboet. Ma, pa Jaco hulle, Tonie hulle, Anemi en JJ gaan jou baie mis.

Mossie ·

Baie sterkte aan julle Tharina, mag God vir jul berusting gee en julle styf vashou en beskerm in Sy Hande!!

Adéle Harmse ·

So jammer vir julle Tharina, ons ken julle nie, maar jul verlies ruk ons aan die hart. Mag God, wat vir ons almal opgestaan het OP Paas Sondag – 21 April -, jul deur hierdie rou dra. Boeta sit aan God se regterhand. Sterkte vir julle almal.

Leon ·

Ons harte is oopgeruk Tharina, Antoon en kinders.
Hoe sal ons ooit daai man kan vergeet, wat hoeveel kere in ons huis was. Hoeveel kere by julle op die plaas, toe ons kinders nog kinders was!
Ons gebede is met julle, en mag hy rus vind. Ons gaan hom ook baie mis!

HPV ·

Sulke aanvalle ontketen ‘n witwarm woede in mens, ‘n woede teen die anc/eff/blf/mrk en fw en sy onderhandelaars wat eintlik verantwoordelik gehou kan word vir die situasie waarin ons onsself bevind.

PJ ·

Ek dink ou frikkie en kie nou hard besig om die wigte en teenwigte te finaliseer

Lorette ·

Neels, lees weer die berig. Die mense het eers by die eienaar van die plaas gestop, maar hy verstaan nie Afrikaans nie en het toe vir Boeta gebel. Ek aanvaar hy het die inligting, wat jy bevraagteken, aan die polisie gegee.

willem Botha ·

Ek lees so deur almal se kommentaar en nie een dink dit was regte polisie nie hoekom wil julle dit nie glo,ek het nog altyd gesê die polisie doen nie hulle werk nie wat doen hulle dan?

Anoniem ·

Ons is vasgevang in ‘n greep van terrorisme en die leiers van ons land aanvaar dit gelate

Mieliestronk ·

Almal het na ‘n plaasmoord baie te sê, daar is al oorsee om hulp gevra, maar dit bly dieselfde – geen oplosing. Maak die regering seer waar hulle nie seergemaak wil word nie en dit is geld. Alle blankes wat belasting betaal , betaal die geld in rekenings wat geopen is en nie aan die staat nie. Die staat kan nie 5 of 6 miljoen mense hof toe vat nie. As hulle dit doen gaan dan na die wêreldhof en baklei die saak daar uit, want daar sal ‘n plan gemaak moet word oor die saak en nie wanneer nie, nou!

LD ·

En watvan die mense wat vir ñ salaris werk waar die belasting dood eenvoudig einde van die maand van jou salaris afgetrek word saam die res van die goed? Ons het ongelukkig geen beheer daaroor nie en sal baie graag daai geld wou behou maar dis nie moontlik nie! Maklik om te sê weerhou die belasting gelde maar dis nie altyd so maklik nie!

Mieliestronk ·

Daar is ‘n baie beter uitweg soos die boere by Bloedrivier gemaak het: bid en bly bid en daar sal ‘n oorwinning kom. Los die drinkplekke en slegte plekke en elke dorp in die land hou bid ure en vra die Vader vir ‘n oorwining en as Geloof daar is sal ons Afrikaner nasie die vrugte pluk.

Zombie ·

Sal dit polities en moreel verkeerd wees as ek aanvallers ‘n sekere siektejie toewens?

Lizelda ·

Nee dt sal nie verkeerd wees nie…n mens noem dt Karma.?

Helena. ·

Zombie begin en wens net wat jy wil, nie n siektekie nie, maar n pes wat hulle opvreet stadig en pynlik..ek sal jou help wens..dalk net dalk werk dit. Die moorde vat aan n mens hoor.

Anonymous ·

Ons innige meegevoel aan Boeta se vrou en kiddies, sy ouers en familie. Ons woon en werk ook op n plaas en glo my dis nie lekker as n mens sulke nuus hoor nie. Of jy die boere gesin ken of nie dis in ons bloed. Saluut mede boer Mag jy in vrede rus.

Weskaap Boere Groete en Eer

Sue ·

Neels, ek neem maar aan by die getuies (plaas eienaar). Wonder nogal of dit n uitlander is (plaas eienaar) of n Nasieman, wat nie Afrikaans kan praat nie. Dis baie interessant elke geval.

Het ook my “mind gecross” of hulle die plaas eienaar oorgesien het omdat hy nie Afrikaans kon praat nie? Hoeveel ander talige Boere word vermoor?

Netso ·

Hierdie berig maak duidelik sin. Die polisie het nie gekry wat hulle gevra het nie en dis die einde van die storie! Sterkte aan die wat agter bly!

LD ·

En watvan die mense wat vir ñ salaris werk waar die belasting dood eenvoudig einde van die maand van jou salaris afgetrek word saam die res van die goed? Ons het ongelukkig geen beheer daaroor nie en sal baie graag daai geld wou behou maar dis nie moontlik nie! Maklik om te sê weerhou die belasting gelde maar dis nie altyd so maklik nie!

Lizelda ·

Daar sal ook niks gedoen word nie oor dt seker inderdaad polisiemanne was en nie net voorgegee het nie.

SAner ·

Bring die Kommando’s terug sodat hulle hierdie wetters kan vastrek voor hulle mense doodmaak.
En ja, swart en wit bemande Kommando’s, wat die swart en wit bevolking beskerm.

Andre Stander ·

haa ha ha ha!! Ja, die anc regering gaan militêre wapentuig en ammunisie aan [blanke] boere uitryk, sodat hulle hul’ self kan verdedig.

Oh, jy was eintlik ernstig in jou kommentaar? Maar laat ek dan nog harder lag;

HAA HA HA HA!!!

Werner ·

Hulle kan nie jou goed vat solank daar n kommando best aan nie dit is hoekom hulle so gou verwyder was so jy sien dat jy besig is om te droom

Borrie ·

Daar is progamaruur waarmee mens sonder die wete van jou gesin enige tyd kan sien waar hulle selfoon is. Hulle het die man se selfoon. Wil die polisie hulle nie kry nie?. Ek vra maar net. Jammer aan die familie, mag ons Vader julle versterk en troos.

Anni ·

JULLE ALMAL WAT SULKE SLEGTE MENINGS GEE OOR POLISIE, LAAT NY LAG. AS JUL SO SLIM IS EN ALREEDS DIE POLISIE DIE SKULD GEGEE HET, HOEKOM STIG JUL NIE N POLISIE STASIE OP JUL EIE NIE. OF BETER DOEN SOMMER DIE HOF UITVOERING SE PLIG. Julle spul maak Sy naar!!!!!!! My mee gevoel aan die oorlede e se familie

willem Botha ·

Ek wens ons kan ,in die buurt waar ek bly hou die GPF die mense veilig omrede die bendes in blou gefaal het.Die lede wat patrollies ry werk bedags en snags moet hulle die polisie se taak verig want dan slaap die klomp by die polisie stasie en ek kan net spekuleer wat hulle bedags doen.

Realis ·

Anni – Die Polisie kry waarvoor hulle so hard werk; weens hulle oneerlikheid, hulle skelmgeid, hulle onvermoë om ‘n betroubare Poliesiemag te wees is daar bitter weinig mense wat hulle vertrou. Elke een van die negatiewe kommentare het sy oorsprong in iets wat die Polisie verkeerd gedoen het. Ongelukkig moet die paar goeies saam deurloop. Hulle noem dit “collateral damage”. Weereens, as jy nie die negatiewe kommentaar oor die Polisie wil hoor nie, bedank en kry ‘n werk waar jy nie elke dag met modder gegooi word nie. Ek het op 55 van werk verander so dit kan gedoen word. Ja, ek is blank.

Marinda ·

Ek sit en huil terwyl ek hierdie berig lees. Ek is so jammer vir hierdie familie.

Wonder ·

Iets klink nie reg hier nie. Innige meegevoel aan die gesin en familie.

Erwee ·

News24 artikel lees: “It is not known what transpired at the gate but Hoopstad police were informed of a shooting incident on the farm. On arrival, two bodies were found with gunshot wounds.”
Dit lyk of daar meer inligting beskikbaar is as in hierdie berig. Maroela berig: “Daar word VERMOED dat Boeta daarin kon slaag om sy aanvaller dood te skiet”

Phil ·

Anni, wonder of jy ook sal lag as dit jou eie familie is……..

Anni ·

Ek lag oor jul spekulasies, dat dit die slegte polisie is Wat die misdaad gepleeg het. Ek word net so woedend oor Wat gebeur. My hart gaan uit na die gesin. Maar tel bietjie woorde voor jul goed kwyt raak. Glo my ek weet presies hoe jul oor polisie en Al Wat staats amptenaar is voel. Ek weet ek is een.!!!!!!!!

Boerboel ·

Ek dink ons moet ons eie eenheid oplei. Plaaswag. Eks 32 lede wat nou net vergaan en vergete is in Pomfret. Glo my hulle sal n’ veskil maak.

FransH ·

Het iemand darem onthou om die arme aanvallertjie se plakkies wat hy verloor het aan hom terug te gee?

anton ·

10/10 vir daai een Frans!!!
En anni……almal kan duidelik sien jy is n staatsamptenaar maar dit gaan jou niks help om so hard te probeer skreeu vir die SWAK sapd of laat ek eerder sê SAMD (Suid Afrikaanse Monitor Dienste) nie!!!

Chris Ws ·

Mieliestronk,as ‘n boer sy voorlopige belasting nie op tyd betaal nie sit hulle hom eenvoudig agter tralies en klaar.Wat van verkoopsbelasting?Hoe ontduik jy dit??

Strand looper ·

My hart bloei…my bloed kook….ek het nie woorde nie. Mag ons Hemelse Vader jul styf vashou en vertoosting bring.

“GOD IS NOT DEAD”

Reg gestem ·

Die regses was toe reg. En dit het ons gesien gaan gebeur wat nou aan die gang is

Reg gestem ·

Alle dade het gevolge. Hierdie is alles wat nou gebeur in ons land met onskuldige mense, die wrang smaak van die ander se ja stem

Reg gestem ·

Maar God is in beheer. Met Hom sal ons as Dawid veg teen hierdie groot reus Goliat .want by God is ALLES moontlik. My hart is seer vir hierdie mense se families. Ons sal op ons kniee bly. NIEMAND sal dit van ons wegvat nie. God sien en God is ALMAGTIG.

Braveheart ·

My innige simpatie met oom Antoon en tannie Tharien… ?

Weet julle wat ons moet begin doen? Sodra daar ʼn plaasmoord plaasvind moet ELKE PERSOON wat binne 100+km van die slagoffer bly die dag van sy/haar begrafnis die strate invaar vir daai begrafnis!! En ek bedoel almal!!! Boere vat hulle trekkers, stropers, bakkies, donkies of watookal en almal trek op na die begrafnis toe. Veroorsaak ʼn stilstand in elke dorp waar daar ʼn aanval is/was. Want ons lieflike regering sien nie plaasmoorde raak nie. So laat ons dit dan so doen sodat die res vd wêreld dit kan sien.

Geen geweld, geen afbrand van goed nie. Net ʼn hengse groot konfooi vir ʼn begrafnis van ons eie mense.

hercu ·

Cyril Ramaphosa jy en jou regering word direk verantwoordelik gehou vir die sinnelose moorde!!

STOP PLAAS AANVALLE, MOORDE, VERKRAGTINGS, LIEG EN BEDRIEG NOU, IN JESUS NAAM
AMEN!!

At ·

#Braveheart, jy maak ‘n fout, die regering weet van hierdie moorde. Hulle sien dit. Hulle laat dit toe deurdat hulle geen daadwerklike optrede teen dit openbaar nie. Kyk na uitsprake van sekere politieke leiers, hulle propageer moord teen ons blankes. Hulle is besig om hulle plan/idologie uit te voer so onder ons oë. Hulle vat dan baie keer iets op so toneel net om dit as ‘n kamstige “roof” te laat klasifiseer.
Sterkte aan gesin en familie in hierdie moeilike tyd, hou net vas aan ons Heer.

oopkop ·

My vriende wat n plaas daiear naby het het Boeta die vorige dag langs die pad gekry en nog vrieindelik gegroet. So hartseer.

Christo ·

Indien die plaaseienaar nie Afrikaans kan praat nie, watter taal kan hy dan praat? Was die plaaseienaar teenwoordig gedurende die voorval, indien nie hoekom ontbied hy sy werknemer na die hek sonder om daar te wees? Ek dink daar is ‘n slang in die gras en dat die moordenaars agter die eiendom of inligting van die eienaar is.Iets is net nie pluis nie. Begin die ondersoek by die plaaseienaar. Dis so jammer dat mens geen SAPD lid vertrou nie. Indien daar ‘n inbraak by my huis is rapporteer ek dit by die polisiestasie en voorkom sover moontlik dat hulle toegang kry tot jou huis want dan wil hulle weet waar is die kluis ens. Moet ons boere nou ook begin koelvaste baadjies dra..

F'rie ·

Volgens ander koerante is die plaaseienaar `n Chinese burger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.