Jong vrou val na haar dood by Wemmershoek   

(Foto: WSAR/Facebook)

ʼn Jong vrou wat na haar dood geval het in die berge in die omgewing van die Wemmershoekdam, se liggaam kon weens gure weersomstandighede eers 24 uur later verwyder word.

Volgens Wildernis Soek-en-Redding (WSAR) is ʼn reddingspan Sondagaand na die Wemmershoekomgewing, tussen die Paarl en Franschhoek, ontbied nadat ʼn groep mense wat indringerplante verwyder het, alarm gemaak het oor een van hul lede wat geval het.

Die groep was besig om uit hul afgeleë kamp in die berge rondom die Wemmershoekdam te kom ten einde die ergste van die stormweer te vermy, toe ʼn lid van die span geval het. Reddingswerkers is na die toneel waar die 22-jarige vrou dood aangetref is.

Daar is egter weens die stormagtige toestande ʼn besluit geneem om eers die Maandagoggend die vrou se liggaam te herwin. ʼn Multidissiplinêre span, insluitend lede van die polisie en provinsiale nooddienste, was by die reddingsoperasie betrokke.

Die vrou se liggaam is op ʼn draagbaar geplaas en na ʼn versamelpunt gedra waar haar liggaam aan die polisie en forensiese dienste oorhandig is. Die operasie is eers Maandag kort na 20:00 afgehandel.

Die WSAR het sy innige simpatie met die vriende en familie van die oorledene betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Haar liggaam is Maandagoggend herein.Die vrou se liggaam is op ‘n draagbaar geplaas en na ‘n versamelpunt gedra.Die operasie is kort na 20:00 voltooi.Vat dit regtig ‘n hele dag om die operasie te voltooi.Ek is dom met sulke goed,kan iemand wat weet van sulke operasies die proses wat gevolg word verduidelik.

Wondermaarnet ·

Sjoe dit is erg. Sterkte aan die familie en vriende.

Ilke ·

Dit is terrible, en hartseer. Dink die stormagtige weerstoestand het bygedra, en dit baie moeilik en gevaarlik gemaak het vir die operasie, om af te handel.

Amelia ·

Waardeer elke dag. ‘n Mens weet nooit wanneer is dit jou laaste nie. Sterkte aan die familie.

Bolandse Nooi ·

@Casper, is jy bewus van die geweldige reën, kwaai wind ens. ens. wat in die Wes-Kaap die naweek en nog tot Maandag toe geheers het? Ja, jy is dom met sulke goed, want jy weet nie in watter toestande die reddingsbeamptes moes werk nie.

Casper ·

Dankie Bolandse Nooi,nou weet ek ook wat die reddingsoperasie beinvloed het.Ja die wind en reën was vernietigend in die Wes Kaap.Reddingswerkers plaas dikwels hulle eie lewens in gevaar om hulle medemens in nood te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.