Kaal vrou in Capitec na psigiatriese hospitaal

’n Skermskoot uit die video wat tans die ronde op sosiale media doen. Die video wys hoe ’n kaal vrou amok by Capitec se tak in Strand saai.

ʼn Vrou wat Dinsdag sonder ʼn draad klere by ʼn tak van Capitec in Strand amok gemaak en daarna in hegtenis geneem is, is sedertdien in ʼn psigiatriese hospitaal opgeneem.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVF) in die Wes-Kaap, sê die vrou is Donderdag in die Lentegeur-hospitaal opgeneem en die saak teen haar is gevolglik nie op die hofrol geplaas nie.

Maroela Media het vroeër berig Capitec is “diep bekommerd” oor die vrou. In ʼn video van die voorval, wat wyd op sosialemediaplatforms versprei is, kan gesien word hoe die vrou poedelkaal by ʼn bankier se werkstasie gaan staan en items van die lessenaar af gryp en dit dan hard op die vloer neergooi.

Sy het niks behalwe haar skoene aan nie.

Terwyl kliënte en werknemers laat spaander, stap die vrou ook na ander werkstasies waar sy onder meer ʼn rekenaarskerm op die grond smyt.

Beeldmateriaal van die voorval wys ook hoe die vrou ontklee voordat sy by die bank ingaan.

Capitec het mense ook gevra om die vrou se privaatheid te respekteer en het gesê die plaaslike polisie moes die vrou al vantevore ná soortgelyke voorvalle bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Irene ·

Mos gesê syt “mental issues”……voel eintlik jammer vir haar……

Rina ·

Hoekom sy haar klere uitgetrek het weet net sy alleen. Wat het sy bereik daardeur en wie betaal die skade wat sy aangerig het

Martie Smartie ·

Almal is nou jammer vir haar, seker reg so. Maar sy hoort nie in ‘n beskaafde samelewing nie en behoort permanent daaruit verwyder te word na ‘n gepaste inrigting.

Johnny ·

Waarom almal bloot staan en toekyk terwyl sy berserk gaan i.p.v. die vrou onder bedwang bring is seker maar die gevolg van hierdie “regte” ding. Want sou een of ander veiligheidsbeampte haar onder bedwang probeer bring, was hy ny weer in die moeilikheid a.g.v. die feit dat sy nie klere aanhet nie.
Die wêreld het gek geword.

Hoekom ·

Nie op die hofrol geplaas nie, sy het eiendom beskadig. Of is dit nou wettig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.