Kabeldiefstal: Twee City Power-wagte, nog vier vas

Argieffoto: SAPD/Twitter

City Power, Johannesburg se kragverskaffer, het die inhegtenisneming van ses verdagtes, onder wie twee van sy veiligheidsbeamptes, vir kabeldiefstal en vandalisme, verwelkom.

Die twee City Power-beamptes en drie Mosambiekse burgers is Saterdag by die nutsmaatskappy se koperkabelbergingsfasiliteit in Booysens in hegtenis geneem.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, is tekens van koperkabeldiefstal in die bergingsfasiliteit al sedert April opgemerk, maar was daar geen tekens van gedwonge toegang nie.

“Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat twee veiligheidsbeamptes kop in een mus met ander kriminele was. Daar is vasgestel dat die veiligheidsbeamptes die diefstal sou reël en hul makkers aan die agterkant van die perseel sou laat inkom.”

Mangena het gesê daar word vermoed dat die wagte al geruime tyd by dié onwettige aktiwiteite betrokke is en dat daar moontlik nog werknemers betrokke is.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

In nog ’n voorval is ’n verdagte in Moffatview vir kabeldiefstal in hegtenis geneem nadat drie gesteelde koperkabels in sy besit gevind is.

Volgens Mangena vererger beurtkrag die situasie met meer kabeldiefstal wat plaasvind wanneer die krag af is.

“Daar is die afgelope naweek minstens 23 voorvalle van diefstal van kabels en batterye, asook vandalisme, in verskillende gebiede reg oor Johannesburg aangemeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nie Verbaas ·

23 voorvalle in en om net Johannesburg? So Ramaphosa en Cele, vertel on bietjie hoe gaan julle hierdie BEE gedrewe diefstal in die kiem smoor? Julle het lankal die stryd verloor. Julle patetiese beleid en leierskap is die oorsaak hiervan.

Kokerboom ·

Nee magtig..so kan dinge NIE aangaan!!Verklaar kabeldiefstal nou as terrorisme!!Dit lyk nie of owerhede die saak ernstig opneem!!!Sluit ALLE onwettige kopers en kla aan. Stig ‘n nasionale eenheid spesiaal om die misdaad te bekamp. Verwyder skuldiges vir altyd uit samelewing. Hou buitelandse Afrika regerings aanspreeklik vir hul boewe en skade aangerig in SA. “Fire” Cele. Kry flippen ruggraat Ramaphosa

Pietertjie ·

Dit gaan al te lekker hier in Azania, die piesang-republiek. Minder as 5% misdadigers word vasgetrek.

Thelsa ·

Verklaar Skroothandelaars as ‘Hostis rei publicae’. Handelslisensie moet summier opgeskort word. Hulle skep ‘n mark vir kabeldiefstal en werk saam met die kriminele. Nog geen skroothandelaar het iemand aan die kaak gestel nie.

SjN ·

Weereens inside information, die deler is net so goed soos die steler, solank as daar n afsetgebied is sal dit nie stop nie, hul weet waar die probleem is maar doen niks.

Janc ·

En so klim elke liewe een op die soustrein tot daar absoluut niks gaan oorbly nie, dan sit ons met die verwoesting.

Samuel ·

Diefstal is deel van die boendoe kultuur. Ons liewe CR en kie kyk ander pad.

Jaco ·

Ek dink persoonlik dat skroot eienaars wat met koperkabels gevang word toegesluit word en hul Handel’s lisensies moet weg gevat word vyf Jaar tronk en geen Handel regte in toekoms. Dit sal hul almal laat tweekeer dink voor hul dit aan koop. Maw as die staat die aankopp van dit nie stop nie moet hul gedwing word om dit nie te koop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.