‘Kaper’ vas, motoris bevry ná jaagtog

(Foto: JMPD)

’n 50-jarige vermeende kaper is in hegtenis geneem en sy makker is geskiet en gewond, maar kon daarin slaag om weg te kom.

Lede van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) was Saterdag met patrollies besig toe hulle opdrag ontvang het om op die uitkyk te wees vir ’n Toyota Quantum-bussie wat in Langlaagte gekaap is. Volgens Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD, is die bestuurder van die bussie tydens die voorval ontvoer.

“Beamptes het die gekaapte voertuig in Odendaalstraat in Meadowlands opgemerk. Hulle het probeer om die voertuig voor te keer, maar die verdagtes het weggejaag en ’n hoëspoedjaagtog het gevolg.

“Die verdagtes het tydens die jaagtog op beamptes losgebrand en in ander voertuie vasgery. Hulle is uiteindelik in Hlongwanestraat voorgekeer.”

Fihla het gesê een van die verdagtes is deur die beamptes raakgeskiet en gewond, maar hy kon daarin slaag om weg te kom. Die ander verdagte is in hegtenis geneem. ’n Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is in sy besit gevind.

“Die eienaar van die voertuig is vasgebind in die bussie gevind en gered.”

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van voertuigkaping, poging tot moord, ontvoering en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Korrelkop ·

Geen simpatie vir ‘n kaper. Ek was self al gekaap. Wond hom ook sommer sodat hy iets het om oor na te gaan dink

hpven ·

Ek was ook gekaap, maar gewapend. Die een het sy tekkies agter gelaat, die ander een se snot het per ongeluk in my rewolwer se loop beland….

Heinrich ·

Sou eerder die wond tussen sy oë wou laat…nou moet my belasting geld hom versorg. Op 50 is hy duidelik ‘n professionele en gewoontemisdadiger en hoort nie in die samelewing nie.

Swerwer ·

Geen simpatie. Sluit toe en gooi die sleutels weg. Dit is tyd dat die wettelose kommuniste in ons land vas gevat word. Die sluit die ministers en amptenare in wat hul skuldig maak aan die wetteloosheid en kommunisme wat in ons heers.

Jywilwat ·

Hulle wond ‘n kaper en laat hom dan toe om weg te kom? Wat gaan aan met ons polisie lede van vandag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.