‘Kaping van skole sal nie geduld word’

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks.jpg

Argieffoto (Foto:
Deltaworks/Pixabay)

Solidariteit sál tot regstappe oorgaan indien die ANC-regering met die steun van die EFF voortgaan om die beplande Bela-wetgewing oor basiese onderwys deur te druk.

Dit volg nadat albei dié partye tydens ʼn vergadering van die portefeuljekomitee oor basiese onderwys om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette te bespreek, geëis het dat skoolbeheerliggame van hulle magte gestroop word.

“Die regerende party is duidelik besig om ʼn kaping van Suid-Afrikaanse skole te probeer deurvoer,” sê Johnell van Vollenhoven, beleidsontleder by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

“Die Skolewet sê duidelik ouers is diegene met die grootste belang by die onderrig van die kind. Hierdie beplande wetgewing is dus niks anders nie as ʼn poging om ouers se regte, minderhede se regte, én die reg om in die taal van jou voorkeur skool te gaan, van mense te ontneem.”

Volgens Van Vollenhoven beklemtoon uitsprake wat vandeesweek in die portefeuljekomitee se sittings gemaak is dié duistere doelwitte van die Bela-wetgewing. ANC- en EFF-LP’s in die komitee sê onder meer dat onderwysdepartemente, en nie beheerliggame nie, voortaan oor die taal- en toelatingsbeleid van die ongeveer 23 000 openbare skole moet kan besluit.

“Hulle maak daarop aanspraak dat die wetgewing ten doel het om rassisme in skole uit te roei, terwyl dit in der waarheid ouers se inspraak in hulle kinders se opvoeding én Afrikaans as onderrigtaal, sal teiken.

“Trouens, dit is nog net skole met funksionele beheerliggame wat soos lanterns in ʼn andersins donker landskap van onderwysmislukkings brand. Hierdie skole, en spesifiek ook sterk Afrikaanse skole, word hiermee geteiken.

“Afrikaans word die sondebok gemaak sodat die regering sy eie onderwysfiasko kan toesmeer. Dit is nog ʼn rasbehepte manier wat as oplossing voorgehou word vir nóg ʼn selfgemaakte staatskrisis,” sê Van Vollenhoven.

Volgens Johan Botha, hoof van Solidariteit se onderwysernetwerk, druis die wetgewing regstreeks in teen die oogmerke van demokrasie in Suid-Afrika.

“Die aanslag teen taalbeleide kan dus ook as ʼn aanslag op moedertaalonderrig, maar ook op die toekoms van ons kinders, beskou word. Daar kan verwag word dat dwingende verengelsing en groter staatsideologie in leerplanne die logiese gevolg van hierdie wetgewing sal wees.”

Alana Bailey.

Die burgerregteorganisasie AfriForum is ook gereed vir regsaksie as die Bela-wetgewing aanvaar word.

AfriForum beklemtoon dat die Bela-wet onderwys in die land ingrypend sal skaad indien dit in die huidige formaat aanvaar word en is daarom gereed om dit met litigasie teen te staan.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, noem dat dit kommerwekkend is dat lede van die komitee bereid was om die wetsontwerp te hanteer sonder dat alle openbare insette daaroor deurgewerk is. “Dit skep ook vrae oor hoe ernstig die publiek se insette opgeneem word en hoe deeglik die res van die voorleggings bestudeer is,” sê sy.

“Afgesien van die publiek se menings, behoort die komitee daarop te let dat verskeie bepalings in die voorgestelde wet bots met uitsprake in die Grondwet, asook uitsprake van die Konstitusionele Hof. Deur die wetsontwerp deur die parlement te probeer stoomroller voor die nasionale verkiesing van 2024, word die deur oopgelaat vir vele regsaksies waarop die belanghebbers – insluitend AfriForum – reeds deeglik voorberei is,” voeg Bailey by.

Bailey verduidelik dat teenstand teen die wetgewing noodsaaklik is omdat die wetgewing aspekte soos die reg van toegang tot moedertaalonderrig, die privaatheid van ouerbeheerliggaamlede, beperkte klasgroottes ter wille van gehalte-onderrig en die aktiewe betrokkenheid van skoolgemeenskappe deur middel van demokraties verkose ouerbeheerliggame, sal vernietig.

“Onderwys is reeds in ’n bedenklike toestand in die land en ons kan nie toelaat dat wetgewing aanvaar word wat die situasie nog verder gaan vererger nie,” sluit Bailey af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Harley Davidson ·

Solidariteit moet skole koop vir afrikaans sprekende kinders en hulle eie kurrikulum volg ,privaat instansies wat bekostigbaar is .

Stofdonkie ·

Daar is reeds die CVO-skole. Waarom die wiel herontwerp? Dit bestaan al reeds maar die einste mense wat wil kla wil nie die skole ondersteun en hulle kinders daarin sit nie

Hendrik ·

Die staat betaal die onderwysers se salaris , medies en pensioen. Dit is die hefboom waar hulle gedwing word om na die staat se deuntjies te dans. CVO skole se probleem is dat onderwysers onderbetaal word en indien daar nie ‘n massa beweging van openbare skole na CVO skole is nie gaan die CVO skole klein bly.Tradiese skole soos Menlopark, Affies ens doen baie goed en het uitstekende onderwysers. Klein skole gaan net eenvoudig opgeslurp word deur die kabaal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kan maklik gedoen word. Maar die klem sal dan val op akademie, met geen skolesport.

MC ·

Dis bietjie moeilik om jou “puppet-master” se opdragte uit te voer as dit kom by Suid-Afrikaanse ouers. Dis veral moeilik om hulle agenda’s en siek wette deurgevoer te kry in Afrika Sommige mense wat naby aan die aarde en naby aan God lewe se morele kompas is bietjie sterker as die “wonderlike” eerste wereldse lande, sou ek se.

annie ·

Eers wag totdat dit begin? Te laat. Menseregte is glo die basis van die grondwet. Rassisme was glo die groot vyand. En nou? Die ANC wil nie skole bou nie. Engelse swart onderwysers is deel van werkskepping. Mijoene kinders kom jaarliks vir die eerste keer skool toe. Die land is oorbevolk en bankrot. Agteruitgang is ons voorland.

Hendrik ·

Taal en die ontneem van ouer- en gemeenskapbeheer is maar die voet in die deur. Die ander is wie gaan die kurikulum bepaal. Die moontlikheid is baie groot dat christenskap met kommunistiese sosialistiese grondslag vervang sal word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Bela gaan ‘n enorme impak hê. Waarom gaan ouers nog skoolfondse betaal.

Amelia ·

met n slaag syfer van 33% kan men seker niks beter verwag nie dink afrikaanse skole ook nie so baie probleme nie Is die wet nou net om afrikaanse kinders ook af te trek

Eden ·

Dis duidelik dat die regime nie kan toelaat dat Afrikaanse skole soos ligstrale bo die wanfunksionele “Engelse” skole uitstaan nie.

Carin ·

Onderwysers, skole en ouers moet maar net terugdruk. Niemand kan ons as ouers se stemme uitdoof wanneer dit kom by die opvoeding van ons eie kinders nie. Niemand het daardie gesag nie. Dit is aan ons Gegee – en nie deur die regering nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy kan gaan betoog en êrens masjeer. Maar die ondersteuning sal gering wees.

kaplyn ·

Hands off our children, hands off!!!! Ons kinders is nie die staat se eindom nie!!!!!

Karoo ·

Nee, maar hulle belasting geld wel, so dis waarvoor hulle uiteindelik baklei.

Karin ·

Tuisskool is die antwoord. Ons doen dit al die afgelope 5 jaar met groot sukses. Ons seun is in Gr11, hy leer hard en word nie met ‘n lepel gevoer nie. Hy is ‘n unieke mens, staan sterk in sy waardes en word nie in ‘n vorm gedruk soos wat die wêreld hom wil hê nie. As jy as ouer die vermoë het om dit te kan doen, sal jy nie spyt wees nie.

Zonnebloem ·

Maar is tuis onderrig nie ook in die Bela Wet se visier nie? Daar is nuwe regulasies wat tuis onderrig moeilik toeganklik gaan maak?

Salomé ·

Ek sal opstaan vir ons skole Moenie krap waar dit nie jeuk nie Ons kinders en ons skole is in die Here JESUS se Hand Hy sal ons nooit begewe en nooit verlaat nie

Bolandse Nooi ·

Wat vir my die slegste is, is dat Afrikaans en Afrikaanssprekendes as die “devil in disguise” uitgemaak word, a.g.v. iets wat in die 1970’s begin het (die 1976 “studente-onrus” a.g.v. gedwonge onderrig in Afrikaans). Nou sê die Min. van Onderwys dat moedertaalonderrig beslis voordelig is – is Afrikaans dan nie sommige van ons se moedertaal nie?

Wat die meerderheid vergeet, is dat die Engelse – ja dáárdie Engelse wie se taal hulle so gooi – méér verantwoordelik was vir onderdrukking van die volk vanaf 1806! En dit was nie net die “boere” wat die Engelse verdruk het gedurende die Boere-oorloë nie: Unie-wording, met die opskorting van die Coloured people se stemreg later, was ‘n direkte uitvloeisel daarvan!

Bolandse Nooi ·

In byvoeging tot my kommentaar hieronder – boonop, die Cape Coloreds praat meesal só sleg Engels (“Joe nou aai dount want joe toe goe ênd play wieth dêt tjaaild – You know I do not want you to go play with that child)”, maar die heilige vet weet, hulle dui aan dat hul huistaal Engels is, al praat hulle van “were” waar mens “was” moet gebruik en “is” waar mens “are” moet gebruik. Maar Afrikaans en Afrikaanssprekendes is en bly steeds die sondebok en die groot oorsaak van Apartheid, hoewel Apartheid al vir 30 jaar ses voet onder lê. Ons sal seker nog oor 150 jaar (ás die land nog bestaan) sukkel met die nagevolge van Apartheid en die agtergeblewendheid van ‘n sekere gedeelte van ons gemeenskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.