Kerk loop ook deur onder betogers

Die Nederduits-Hervormde Kerk Wesmoot (Foto: Verskaf)

Chaos heers sedert Dinsdag vroegoggend in die Hercules-omgewing in Pretoria-Wes nadat minstens 500 inwoners van die Gomorrah- informele nedersetting in groot getalle die strate ingevaar het.

Betogers het buitebande in die strate gebrand en klippe na die publiek gegooi. Die Nederduitsch Hervormde Kerk Wesmoot se vensters is met klippe stukkend gegooi en die heinings van die kerk afgeruk. Sommige inwoners was in hul huise vasgekeer en is deur die polisie se eenheid vir openbare orde uit hul huise na veiligheid gebring.

Boonop sit inwoners al twee dae sonder krag nadat die betogers ’n kragstasie aan die brand gesteek het.

Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Hercules was verplig om van die strate wat deur die betogings geraak word, te sluit en verkeer te herlei. Die polisie, plaaslike sekerheidsmaatskappye en die metropolisie was ook op die toneel.

Die protesaksie volg omdat inwoners van hierdie nedersetting vies is oor die plaaslike munisipaliteit se swak dienslewering.

Jan Prinsloo, skakelbeampte van die Hercules GPF, sê die betogings het Dinsdag omstreeks 03:00 begin en duur steeds voort. Hy sê die betogers dreig om nog tot eerskomende Vrydag te betoog.

Die betogings vind in die omgewing van Van der Hoff-weg en die Mahem-gebied plaas.

“Die inwoners vaar in massas die strate in. Hulle groepeer en hergroepeer die heeltyd,” sê Prinsloo.

Volgens Prinsloo is die betogers redelik aggressief en rig groot skade in die gemeenskap aan.

Prinsloo het veral sy misnoeë uitgespreek oor die skade wat hulle aan die kerk aangerig het. Hy is ’n ouderling in dié kerk.

“Die betogers het die kerk se ruite met klippe gebreek. Hulle het ook in die laatnagure die heinings van die kerk afgeruk. Watter tipe mens plunder die huis van God?”

Dié kerk het in 11 April 2019 reeds groot skade weens protesaksie gely en dit het die gemeente honderdduisende rand gekos om die gebou weer tot sy volle glorie te herstel.

Prinsloo sê die betogers het ook ’n sekerheidsfirma wat oorkant die kerk geleë is, geplunder.

Volgens bevestigde berigte het die betogers ook die Simba-fabriek en ’n herwinningswerf in die omgewing geteiken en beskadig.

“’n Bejaarde man is ontvoer en aangerand en die GPF het hom opgespoor en seker gemaak hy kry die nodige mediese behandeling.”

Prinsloo sê die gemeenskap is ook raadop oor die kragonderbreking wat hulle tans ervaar. “Die munisipale raad wat vir die kragstasie verantwoordelik is, trek net hul skouers op oor die situasie, want volgens hulle kan hulle nie die stasie herstel terwyl daar betogings in die omgewing is nie.”

Volgens Kobus Hoffman, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer, was hy, Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, en Morné Erasmus, VF Plus-raadslid, van Dinsdagoggend tot laatnag op die toneel om gemoedere tot bedaring te probeer bring.

Hoffman en Theunissen is albei met klippe bestook.

Die party het lt.genl. Elias Mawela, die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, versoek om versterkings uit aangrensende gebiede na die brandpunt te stuur.

Hulle eis ook dat Lebogang Maile, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Gomorrah self besoek om aan die inwoners te verduidelik waarom die beloftes oor behuising en dienste nog nie nagekom is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

My siening ·

Mense het die polisie en regerings kaders mal geword? Wag vir wanneer hul honger word!

Angel ·

Mense is klaar honger. Die mense kry swaar. Meeste mense kry nie hulle 350 Grants nie. Nou is mense despiraat! Daar is ongelukkig winkels wat beroof word, terwyl die betogings aan is. Dit is rede tot kommer.

JM ·

En met die volgende stemdag stem hulle weer vir die ANC. Arme drommels! Hierdie tipe mense word met handskoene gehanteer. Hoe lank gaan die land nog sit met Bheki Cele?!

Burgermeester ·

Jan Prinsloo se een vraag som dit vir my baie mooi op: “… Watter tipe mens plunder die Huis van God”?

Ons land gaan nie voorentoe nie, inteendeel, ons boer agteruit omdat ‘n gedeelte van die bevolking dit nou nog nie kan verstaan dat jy nie dienste verniet gaan kry nie. In prinsiep moet jy daarvoor betaal.

Charllas ·

Hulle teiken elke keer daai kerk! En elke keer staan die polisie en toekyk, “want die skare gooi klippe”…….. Elke keer moet die kerk en lidmate betaal vir ander se foute!

AmY ·

Watter tipe mense plunder die Huis van God? vra jy mnr Prinsloo?
Ek dink ons almal weet.
Ek weet nie meer wat van ons land gaan word as ‘mense nie eens respek vir die Huis van God het nie.’

Lourens CFG ·

Die logika darem, so as ek kwaad is vir eksdom oor die beurtkrag, kan ek maar hier in die strate invaar en mense se ruite uitgooi ens?
Sal eksdom hom dan steur aan ons?
Ek twyfel.

Fluisterwind ·

Ek stem 100% saam Lourens. Westelike dienste rade is so 3km wes van die plunderaars geleë. Gaan betoog daar!

JohanR ·

En wat doen ons wonderlike ANC? Kruip seker in hulle huise weg en stuur hulle lyfwagte na die voorste linies!

Harley Davidson ·

Die plek is vol immigrante van Afrika nou eis hulle huise en daarna seker ook voertuie en intussen maak hulle gekke van die polisie en terroriseer onskuldige mense

Henri ·

Hoeveel is gearresteer? Daardie tipe gedrag kom neer op terrorisme in enige ander beskawing…

Mallie ·

Genade wat nou nog. Hulle mag jou lewe i gevaar stel maar jy mag nie skiet nie. Hoe werk dit.

H.A. ·

Selfde as- hond maak vuil in die huis maar die kat word geskop.

Pietertjie ·

Hoe lyk dit asof die owerhede sukkel om ‘n handjievol kriminele in toom te hou? Hoekom moet mense uit hulle eie huise begelei word, eerder as om die kriminele te arresteer? Daardie begeleides staan nou ‘n goeie kans om na geplunderde eiendom terug te keer.

Debby ·

Daar was n water kanon en 10 plus voertuie van die metro en poliesie en baie in uniform, maar daar is sweet blow all gedoen hulle het net rondgestaan en vir die betogers gekyk. Moes 2 keer daar verby ry

Angel ·

Ons praat hier van n plekkie waar mense soos ek bly en werk. Ek wens dit was net 500 mense. Daar was meer as 3000 mense. Ons moes 2 keer hekke sluit gister! Skote het af gegaan, karre is met klippe gegooi! Mense is aan gerand voor ons! Hulle bedoel besigheid!
Vandag selfde storie. Maar Van der Hoff weg was skoon tot so 12 uur. Ek was op pad terug kantoor toe. Ek moes om draai, want toe ek weer sien, is hulle besig om Van der Hoff toe te maak. Ons wag nou om te sien of dit more aan gaan. Mense moet werk. En die storie maak ons bang om op straat te wees.
Al wat ons nou kan doen is om te hoop dat die storie vinnig op n einde kan kom. My ma bly naby die rooi zone. Sy kan nie eers die huis verlaat nie.

Miena ·

My ma bly in Daspoort en werk in VD Hoff Weg en het my net laat weet “Ek is nog okay!”. Ek is ook n produk van uit die Hercules / Daspoort area – gebore, grootgeword, geskool, gekerk te N.G. Daspoort, getroud, gevriende en gekuier. Ons was arm ja – nie dinge breed gehad nie – maar ons en die omliggende gemeenskappe – het nie so aangegaan nie. Ek het nog baie familie en vriende in Hercules / Daspoort / Tuine en ek dink aan julle. Dis jammer om te sien hoe dinge vervaal en daar is NIKS wat EK persoonlik as n gewone mens kan doen nie.

Sonneblomkind ·

Ai nee. Hoekom nou die kerk beskadig. Duidelik geen respek nie. Arresteer hulle. Vra ek nou…hoekom die inwoners wat niks met die hele dienslewering probleem te make het teister…

Stephen ·

The point of no return has been reached a while ago. Addio South Africa.

Charllas ·

Die mense is kwaad omdat hulle nie verniet krag mag kry nie. Nou brand hulle goed wat nie eens aan hulle behoort nie en Tshwane praat nonsens gister toe die krag WEER net na 5 afgaan was daai mense nie in die state nie so Tshwane kon kom herstel het (of Tshwane kan hulle sms stelsel reg kry want jy kry `n ou datum en ou ref). en vol-beloftes DA kruip weg (wat raadslid is)!!! VF-Plus is al wat daar was (saam die Bitter-eindes) Hoekom moet ons betaal vir hulle huise en hulle krag!!!! Hulle brand en alles oor hulle verniet krag en huise soek en Tshwane en die polisie staan by terwyl hulle vernietig, mar ons moet betaal!

Hoekom ·

Hulle haal hul frustrasie uit op verkeerde en onskuldige teikens, dit is dan nie ‘n betoging nie maar terrorisme. Met dwase soos die gaan die land nie vooruitgaan nie…

Adri ·

Daar is geen logika in hulle optrede nie. Waarom die gemeenskap, selfs ‘n kerk, treiter as hulle vir die plaaslike owerheid kwaad is? Gaan gooi julle klippe op die regte plekke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.