Kinders sterf glo weens brandweer se toerustingtekort

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het gesê die dood van vyf kinders wat vroeg Maandagoggend in ʼn plakkershutbrand gesterf het, kon voorkom gewees het indien die brandweerstasie voldoende toerusting gehad het.

Volgens die party het hy betroubaar by die gemeenskap verneem dat die Orange Farm-brandweerstasie vir die afgelope twee maande nie brandweerwaens het nie. Boonop is vyf brandweermanne glo afgedank en ander geskors omdat hulle kwessies oor hul werkomstandighede geopper het insluitend die tekort aan brandbestrydingstoerusting.

Vyf kinders tussen die ouderdomme van 4 en 17 is in die brand dood vermoedelik weens rookinaseming. Ntobeng Ntobeng, woordvoerder van die EFF, het gesê gemeenskapslede het hul bes probeer om die vuur met emmers water te blus, maar hulle kon nie daarin slaag nie omdat die naaste waterpunt ver van die huis af is.

“Die EFF is hoogs teleurgesteld dat die brandweer weens onvoldoende toerusting by die stasie nie die lewe van hierdie onskuldige kinders kon red nie,” het hy gesê. “Die brandweerstasie is skaars twee minute van die huis af.”

“Die EFF het al verskeie klagtes van die Johannesburgse, Tshwane- en Ekhurhuleni- mediese dienste ontvang,” het hy gesê. In al drie metropolitaanse munisipaliteite het brandweermanne ernstige kommer en klagtes uitgespreek oor die toestande waarin hulle moet werk.”

Ntobeng het gesê klagtes wissel van swak behandeling deur die bestuur tot ernstige klagtes soos toerustingtekorte, die swak toestand van toerusting, die deel van beskermingsmaskers, ambulansdienste wat weier om te werk omdat hulle nie oortyd betaal word nie en bestuur wat weier om jaarlikse verlof aan brandweermanne toe te staan.

“Hierdie is ʼn teken van ʼn onverskillige en hartelose regering wat weier dat werkers in regverdige werksomstandighede werk en nie omgee vir die welsyn van arm swart gemeenskappe nie,” het hy gesê.

“Die blaam vir hierdie kinders se dood kan alleenlik voor die deur van die lede van die burgemeesterskomitee vir nooddienste en veiligheid van Johannesburg geplaas word. Dit is ʼn hartseer dag om te sien hoe sleg ʼn swart regering sy eie mense behandel.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik ·

As ‘n skip sink moet die kaptein bly tot die laaste. Hy moet nie sy belange voorop stel nie.
Die kaptein van DIE Skip S.A. is die skuldige. Hoekom bou hy nie swembaddens vir elke plakker hut nie. Jakob Zuma ” you have failed these children” . Raak ontslae van die kaptein voordat die skip sink. Ons sal hom nie die skip maklik kan herwin as hy onder is nie.

Winston ·

Ja so lyk dit as kundigheid vertrap en ignoreer word, alles as rassisme gesien word en n totale afwesigheid van toewyding en leiding. Nie nodig om iemand te blameer nie. Kan net in die spieël en op die TV kyk, dan sal hulle sien wie die wat blaam moet dra vir gebeure soos hierdie. Ongelukkig sien hulle net diesulkes met wie dit goed gaan en dink dit gebeur alles self. As jy onbevoeg is, is jy onbevoeg. Aanvaar dit!

pieta ·

Wat ook waar is, die mense op voetsool vlak brand Brandweer waens uit oor hulle kwaad is oor dienslewering, (Soweto laas week) en nou skree hulle die hardste omdat daar nie ‘n brandweerwa was nie – EISH…

Paplepel ·

@pieta – Het so gegaan in die sewentigs; brand al die skole af en dan kla hulle jare later omdat ons (wat in die klasse gebly het en geleer het) beter werke en meer goed het. Is maar net hulle manier.

wanda ·

Ons ken darm Zuma en sy streke ” better the devil you know” Behoede ons wat wit is, die dag as Malema as president moet staan! “The devil you don’t know” dit is dan wat ons Zuma gaan terug wens.

Lynette ·

Dis nes pieta en Paplepel se maar kan hulle dit insien? Nie eers die regering besef dat die gedurige uitsendings van opstand in die verlede en helde verering vir daardie opstandiges, vuur vandag se ontevredenes aan om dieselfde te doen.

Franscois ·

Nou spoel die EEF sy mond uit, glo my as julle sit waar julle comrades sit (heel bo) glo ek nie eens daar sal water wees nie wat nog brandweer, die beste skeidsregters sit mos maar altyd op die kant van die veld, as ons eers in beheer van alles is en geld is nie n problem nie hoekom moet ek omgee oor ander?

Darty ·

En daar sal maar net WEER vir die swart regering gestem word!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.