Klag van seksuele misbruik uit 70’s vandeesweek aangehoor

(Argieffoto: pixabay)

Die verhoor van twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle twee susters tussen 1974 en 1979 seksueel misbruik het, begin eindelik Maandag in die Wynbergse landdroshof.

Claudine Shiels en Lisa van der Merwe beskuldig twee familielede van die misbruik terwyl hulle jong meisies was.

Die saak moes aanvanklik in Augustus begin het, maar is uitgestel weens die beweerde siekte van die regspan en beskuldigdes, het Women and Men Against Child Abuse (WMACA) gesê.

“Ons het ʼn ongelooflike hoeveelheid misbruik vanaf ʼn baie jong ouderdom verduur. Ek was 11 en my suster was 15 jaar oud. My misbruik het naastenby vyf jaar geduur. Ek kan nie ʼn tyd in my kinderlewe onthou sonder die een of ander vorm van misbruik nie,” het Van der Merwe gesê.

Haar suster het gesê sy het in haar vroeë 20’s haar eerste senuwee-ineenstorting gehad. “Ek gaan nooit genees tot iemand verantwoordelikheid aanvaar vir dit wat hulle gedoen het nie,” het Shiels gesê.

WMACA se stigtersdirekteur, Miranda Jordan, het gesê die beskuldigdes gaan na verwagting Maandag op die aanklagte teen hulle pleit.

“Ek glo daar is baie, baie meer sake soos dié een wat van die 70’s, of selfs verder terug, dateer. Dit was ʼn tyd toe ʼn familie se aansien en rykdom meer saak gemaak het as die heiligheid van ʼn kind se vertroue. Die dames gaan eindelik hul dag in die hof kry,” het Jordan gesê.

WMACA het ook die aanstel van ʼn nuwe aanklaer verwelkom en sê hy hoop daar is geen verdere vertragings in die saak nie.

Die susters het die saak teen Bob Hewitt deurlopend gevolg, maar dit was uiteindelik ʼn wysiging aan die Strafproseswet verlede jaar wat dit moontlik gemaak het dat álle seksuele oortreders terugwerkend vervolg kan word, wat die susters oortuig het dat geregtigheid dalk ook vir húlle kan geskied.

Hulle het WMACA om hulp genader daarmee.

Die organisasie sê hy hoop die hof behandel die saak op dieselfde manier as wat ander historiese sake van kindermishandeling behandel is: spoedig en met die erkenning dat die emosionele trauma lewenslank duur.

“Elke slagoffer verdien geregtigheid, ongeag die reis wat hulle tot daar geneem het,” het die organisasie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanR ·

En nog Gert van Rooyens kom te voorskyn. As skuldig gevind word sal hulle seker nou te oud wees om tronk toe te gaan?

Bokkie ·

Dis bitter sad en ek is baie dankbaar dat so iets nooit met my gebeur het nie. Wat ek nie kan verstaan nie : jy was n kind toe dit gebeur het. Hoekom 40 jaar plus wag om dit te rapporteer? Hoekom nie toe jy 20 -25 jr was nie? Wonder maar net.

WitBlits ·

@Bokkie
Duidelik was jy nie ‘n slagoffer nie en my het nie dis berig behoorlik gelees nie!
Die strafproseswet het eers laasjaar verander om toe te laat dat sulke ou sake vervolg mag word en voor dit het slagoffers geen regte gehad nie.
Ek ken verskeie vroue wat slagoffers as toe hulle dogters was en baie se volwasse lewens was een van hel en gebrokkenheid.
Elke misdadiger moet verantwoording doen van hulle dade, maar dit sal ongelukkig nooit die verlore lewens van slagoffers terugbring nie.

Getroud met slagoffer ·

@Witblits – Wat jy sê is waar. Dit maak nie saak hoe lank terug dit gebeur het nie, die letsels is altyd daar. My vrou is as ‘n laerskool meisie gemolesteer deur haar pa. Na jare (>35 jaar) se terapie en raad is die wonde “genees”. Ek is nie meer op haar lys van risiko mans nie. Daar was nog nooit ooit enige rede vir haar wantroue nie, dit kom uit haar grootword uit. Ek het dit so verstaan. Selfs vandag, na ons reeds twee kinders grootgemaak en hulle uit die huis is, is dinge nooit regtig “normaal” nie. Die wonde het miskien genees, maar die letsels het bely. Ek wens dit aan niemand toe nie.

Christa ·

Stem saam dit Moet traumaties wees maar as jy die verlede nie agterlaat en vorentoe kyk nie Sal jy nooit daaroom Kom nie. Om eers te sien ander word vervolg beteken net jy Hou jou die lewe op “hold”. As die skuldiges Nou gestraf word word Hy nie weer by die Here gestraf nie. Hyt dan Sy straf weg.

J ·

‘Bokkie’, jy vra want jy verstaan nie emosionele trauma nie. Die brein “vergeet” trauma doelbewus. Maar die onderbewuste vergeet nooit nie. Dit lê daar en wag tot iets dit trigger en die onthou terugbring . En dan moet ‘n deeglike sielkundige jou help om sin te maak van die fraksies wat jy skieklik weer begin onthou., ongeag hoe oud jy teen hierdie tyd is. Vir Deon Wiggitt was dit sy pa se begrafnis wat die onthou teruggebring het. Gaan volg sy podcast – My only story. Dis oral op News 24 en op Facebook.
Dis vir grootmense maklik om ‘n kind emosioneel te manipuleer. Slagoffers bly stil want hulle is tot dood toe bang.

Yvonne ·

Dit het my amper 30 jaar geneem om daaroor te praat en hulp te kry. As jy nie self deur so iets was nie kan jy, met alle respek , nie saam praat nie. So iets verander jou hele lewe en hoe jy optree of nie optree nie. Ek het begrip vir die vroue. Dit is nie sommer iets wat jy agter jou sit en net vorentoe kyk nie. Daar is te veel mense wat weggekom het met hierdie afskuwelike dade. Myne het.

Naomi ·

Christa, mens kyk vorentoe, maar die memories is soms so intens dat jy soms selfs dieselfde smaak in jou mond kry as toe. Na 21 jaar kan ek vir die eerste keer regtig sê dat dit nie meer seermaak nie en dat ek nou vorentoe beweeg en nie net vorentoe kyk nie. Mens moet fisies elke oomblik van die verlede vat, dit noukeurig deursoek, elke emosie ens, en so stukkie vir stukkie hanteer. Het vir jare gesmag om net my memory te verloor…. Ek weet steeds wat gebeur het, maar dis vaag. Ek “herleef” geen gebeure meer nie. Moet erken as ek nie in verhouding met God was nie, sou ek nie oorleef het nie…healing het eers begin toe ek die man wat my abuse het vrygespreek het. Nou sit ek net nog met die teleurstelling in my familie waarmee ek moet deel…hulle het dit geweet en gesien…maar geen vinger verroer nie…sê eerder dis hul eie tiener dogter se skuld as om n volwasse familielid aan te vat…

Oop oë ·

Ook in 80’s, 90’s ens. het hierdie waansin gebeur. En hoekom nie toe aan lig gebring nie? Want jy DINK jy’s daaroor…jy DINK dis agter jou…maar daar is dinge in jou lewe wat jy onbewustelik gedoen het of steeds doen, en vandag besef en weet jy, sonder die luukse van berading, DIS waarom ek so uit my grein optree of opgetree het. Die roof groei oor maar die wond genees nie. Jy dink jy is daaroor! DIS hoekom Christa!
Sterkte aan die susters, hoop die rykdom en aansien van jul “oortreders” (skuim van die aarde), is daarmee heen en hul kom nie weg met hulle weersinswekkende dade nie! My oortreder is dood.

Carina ·

My saak is deur polisie onttrek dit was 40 jaar gelede 2015. My stiefpa het my gebruik my ma het geweet van als . Vandag is hulle 86 en 82 en hulle het n royal lewe op 54 na groot trauma het ek begin onthou . Steeds kom insidente na vore. Ek wens om hulle in die hof te sien maar ons regsstelsel stel nie belang in ons nie maar in die oortreders se ouderdom en hulle getuies . Sterkte vir die ander slagoffers.

Niklaas ·

Ek dink daar is honderde sulke gevalle wat mens nie van weet nie en wat verswyg word vir een of ander rede.

Db ·

@Bokkie. Beter dat jy nie weer kommentaar lewer nie want jy weet nie waardeur hierdie meisies is nie. Familielede beskerm mekaar en word jy gewaarsku om niks te sê nie. Dit is hoekom dit soveel jare vat om uit te kom. Die seer gaan nooit weg nie en tot op ‘n dag wat dit oorborrel soos ‘n vulkaan en baie van die waarskuwers nie meer daar is nie dan begin jy praat. Baie meisies / vrouens gaan met so iets graf toe want mag en kan nie daaroor praat nie. Sterkte vir julle twee en mag julle nou berusting vind as hierdie skuim kry wat hulle toekom

Wonder ·

En julle almal neem sommer aan dis die waarheid? Hoekom enigsins ‘n verhoor hou? Stop hulle sommer in die tronk. Dis gevaarlik om sommer die woord van iemand te glo. Dis haar woord teen sy/haar woord.

Ironess ·

Ja, daar is hope gevalle, maar n mens bly stil, want daardie familielid het getrou en drie dogters gekry, en het kleinkinders, nou wonder ek of hy dit aan sy kinders of kleinkinders ook gedoen het. Of wag hy vir daardie dag dat hy ook verantwoording sal doen vir sy dade?

elmarie lategan ·

dis duidelik dat dit nog nie met julle gebeur het nie, daarom dat julle nie verstaan. elke persoon of hy/sy al een voet in die graf is moet vervolg word wat verantwoordelik is vir sulke truama in iemand veral n jonger mens se lewe

Mm ja nee ·

Ek lees tussen die lyne dat die slag offers se eie Familie ook die dade stilhou vir water rede ookal, is hulle dan nie aandadig aan die sg trauma van hierdie arme mense nie… Ek het ook n insident gehad maar voel nie ek moet al daai gemors gaan oopkrap nie, gaan dit my genees?

Vraagteken ·

Is dit nie baie moeilik om te bewys na so ‘n lang tydperk nie?

Markus ·

Dit klink reg in n eerste wêreld land maar n piesang republiek waar 2019 se misdaad nie behoorlik aandag kry nie wonder ek wat die sukses syfers gaan wees vir oortredings in die 70 en 80 ge jare.

Chris ·

Vir die mense wat soiets nie self ervaar het nie, met alle respek, jy sal nooit besef waardeur ‘n misbruikte vrou gaan nie. Dit is juis agv negatiewe opmerkings soos julle sin dat hulle stilbly. In ’70s en ’80s was die slagoffer as die skuldige behandel in ‘n verkragtingsaak. ‘Die vrou het hul verlei, of verkeerde klere aangehad… ens ens’ . Jy is klaar deur soveel hel nou moet jy in die hof gaan staan en om al die beskuldigings aan te hoor. Jy bly liewer stil , want jy wil nie jou ouers deur die ‘skande’ sit nie, dis te sê as hul jou glo. Nou met die baie sake wat verhoor word en projekte vir geweld teen vroue kom al hierdie trauma weer terug na die oppervlak, en onthou jy weer al die aaklige detail. Sterkte aan almal wat nou die moed het om geregtigheid te kry.

Probleem ·

Groot probleem en gevaar met hierdie tipe sake is die landdroste wat die sake aanhoor. Hedendaagse landroste en regters verkrag die reg en ‘n beskuldigde mag dalk onskuldig tronk toe gestuur word. Daar is talle voorbeelde van landdroste en regters wat regsreels and beginsels verkeerd toepas. Sake ouer as 20 jaar wat veral op persoonlike getuienis gegrond is, behoort deur baie ervare landdroste en regters aangehoor te word

Vraagteken ·

Probleem, ek stem 100% saam met jou. Hierdie tipe sake is baie grys. Wat stop mense om net eenvouding alles op te maak (die saak is gebasseer op voorvalle wat 30 jaar gelede gebeur het)?

Verder, dit is baie moeilik om hierdie gevalle te bewys. Ongelukkig word mense in so ‘n geval skuldig bevind op grond van ‘circumstantial evidence’. Dit beteken dat ‘n gevolgtrekking gemaak moet word. As die gevolgtrekking en afleiding verkeerd is, dan gaan iemand onskulding tronk toe.

Ek is bevrees dat die wet baie keer verkeerdelik interpreteer word, en dus moet ons pasop dat dit nie uitgebyt word nie.

Dankbaar ·

Ek is dankbaar al hoe meer sake kom uit, sodat hedendaagse slagoffers gouer kan praat en dit gouer kan stop. Geen kind verdien dit nie, einde van die storie, gaan besoek ‘n maat van jou tydgleuf.

Gert Retire@Midstream ·

Mag geen strerk taal gebruik nie. Eki keur die soort “boeresport” ten sterkste af.

Naomi ·

Weet jy WONDER, dis nie heeltemal een se woord teen n ander se woord nie, GOD weet , HY het GESIEN, en hierdie abusers kan hier wegkom met leuens en verskonings, maar die dag kom wat elkeen voor GOD sal staan, en glo my…n hele paar mensies gaan dan wens hulle het maar eerder vroeer erken en verantwoordelikheid aanvaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.