Kleuter sterf in ongeluk met Leap-voertuig

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Alan Winde/Twitter)

ʼn Vierjarige kind is die afgelope naweek in Mfuleni in Kaapstad dood toe hy voor ʼn lid van die Wes-Kaapse regering se program vir die bevordering van wetstoepassing, beter bekend as Leap, se voertuig beland het.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die Leap-beampte was Vrydag besig om die strate van die township te patrolleer toe die ongeluk gebeur het.

“Volgens ʼn ooggetuie het die kind die pad oorgesteek en toe besef dat sy vriende nie meer saam met hom is nie,” sê Smith.

“Die kind het weer probeer om die pad oor te steek en dit is toe dat die ongeluk gebeur het.”

Die beampte het glo dadelik uit sy bakkie gespring nadat hy die kind getref het en paramedici is na die toneel ontbied. Die seuntjie is egter op die toneel dood verklaar.

“Die beampte wat bestuur het, is erg getraumatiseer deur die voorval,” sê Smith.

“Vir sy eie veiligheid het hy sy vuurwapen ingehandig en hy sal verdere berading ontvang.”

Die polisie het reeds ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur en die Kaapstad-metro sal ook ʼn interne ondersoek doen.

“Hierdie is ʼn tragiese voorval en ons gedagtes is by die familie van die jong seun en diegene wat deur die tragedie geraak word,” sê Smith.

“Die bestuur van Leap sal intussen met die gesin van die kind wat dood is skakel en sy ondersteuning aan hulle bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Amelia ·

Ai dis hartseer wat maak kinders in straat 2 geisnne nou in sovel pyn

miche ·

Presies dít is ook my grootste vrees, om per ongeluk ‘n kind raak of dood te ry.Hier waar ons bly hardloop hulle voor die voertuie in of ry voor jou in met hul skopfietsies. Sonder enige toesig boonop. Baie sterkte vir beide families. Dis tragies.

Jillian ·

So ‘n hartseer tragedie. Ongelukke gebeur so maklik. Help nie om nou almal te verwyt nie. Twee gesinne se lewens sal nooit weer dieselfde wees nie. Daai persoon moet elke dag wakker word met die wete dat hy ‘n kind se lewe geneem het. Al was dit net ‘n ongeluk bly die skuld gevoel daar. En die kleintjie se ouers moet elke dag wakker word sonder hul kind. Daarom moet ons elke dag lewe met liefde, geluk en vrede. Sterkte aan almal.

Karoo ·

Voorwaar ‘n Vratsongeluk….. Ek glo enige bestuurder se grootste vrees. Hier is LEAP besig om die area te pateoleer en die gemeenskap te beskerm en toe dit. Kinders kan nie meer sonder toesig speel nie, veral nie in’ n Township waar dit altyd wemel van menseen en voertuie.

George ·

Dis die probleem, baie “townships” het nie ander speel plek nie. Wanneer laas was jy in een waar daar n park of n ding is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.