Knie buig vir BLM ‘saai groter verdeeldheid’

Andile Phehlukwayo in aksie gedurende Saterdag se 3TeamCricket-wedstryd. Foto: Twitter.

Die Black Lives Matter-beweging is ’n omstrede onderwerp in ’n land soos Suid-Afrika. Met Maroela Media se eerste berig oor die afgelope se 3TeamCricket-inisiatief op SuperSportpark, was daar binne ’n japtrap meer as ’n 1 000 kommentare op Facebook gelewer.

Te midde van teenkanting deur oudspelers soos Pat Symcox, Rudi Steyn, Boeta Dippenaar en Brian McMillan, het 23 ander spelers, wedstrydbeamptes en kommentators die afgelope Saterdag die knie saam met Lungi Ngidi op SuperSportpark gebuig.

“Ek sou dit kon verstaan as daar in die verlede ook die knie gebuig is vir die buitengewoon hoë voorkoms van geweld op plase. Ek sou dit kon begryp as dieselfde ook al gebeur het om die ongelyke behandeling weens rasbehepte wetgewing op universiteite en in die werkplek aan te spreek,” het James Kemp, hoofredakteur van Pretoria FM se Klankkoerant-programme, gesê.

Voor die eerste aflewering van die 3TeamCricket-wedstryd afgestuur is, het Janneman Malan en Reeza Hendricks (openingskolwers van die Kingfishers-span) die knie op die veld gebuig.

Hendricks is op die vooraand van die kragmeting as die kaptein van die Kingfishers aangewys, nadat Heinrich Klaasen aanvanklik die span in Kagiso Rabada se plek sou gelei het.

Die talentvolle Rabada was weens die dood van ’n familielid nie vir die wedstryd beskikbaar nie.

Onder die spelers het sterre soos AB de Villiers, Temba Bavuma en David Miller die knie gebuig. Langs die veld het Graeme Smith (KSA se direkteur van krieket) en Francois Pienaar (kaptein van die Springbokke se Wêreldbeker-wenspan van 1995) ook hul ondersteuning vir die Black Lives Matter-beweging gewys.

Volgens Juran van den Heever, uitvoerende hoof van S-Leer, het Krieket Suid-Afrika (KSA) meer verdeeldheid as versoening gesaai. “Kyk net na die kommentaar van gewone Suid-Afrikaanse sportliefhebbers. Daar is ongetwyfeld groter verdeeldheid gebring.”

Danie Stander, ’n boer in Limpopo, het in ’n sterkbewoorde Facebook-inskrywing aangevoer dat professionele sportpersone soms nie in voeling is met wat in die “werkende wêreld” aangaan nie.

“Faf (du Plessis), AB, Francois, Graeme en al die ander knielende sportspelers, baie dankie dat julle voor die hele wêreld kant gekies het. Julle is 100% reg, hierdie kwessie het nie plek vir draadsitters nie. Ieder en elk van ons moet besluit waar ons staan, wat ons glo, wat vir ons belangrik is,” het hy geskryf.

“Watter deel van jou toerusting waarmee jy op die veld gaan, het jy uit jou eie sak betaal? As boer betaal ek vir elke enkele kleinste stukkie gereedskap, elke implement, elke inspuiting en spuitnaald en draad en sink en bout en moer wat ek op my plaas gebruik uit my eie sak.

“Julle het almal al soveel geleenthede gehad om te kniel oor plaasmoorde, maar die kwessie is te warm in die politieke debat en gaan lei tot verlore borgskappe. Het julle dus aan die kant van die draad afgeklim waar die geld beter is? Is dit dalk ’n geval van ‘not all lives matter, because money matters more’?” het hy afgesluit.

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

Die voormalige Protea-blits Makhaya Ntini, wat in die SuperSport-kommentatorhokkie diens gedoen het, het saam met Smith-hulle die knie gebuig.

Die 43-jarige Ntini was onlangs in die nuus omdat hy in ’n onderhoud gesê het dat hy in sy speeldae eerder na die veld gedraf het as om eensaam in die spanbus te sit.

Dit is dieselfde Ntini wat dwarsdeur sy loopbaan – deur wit en swart – vir sy ongelooflike toewyding en fiksheid geloof is. Hy het onder meer in ’n destydse onderhoud met The Telegraph gesê dat hy graag sal wil aanhou speel totdat hy 40 is en dat fiksheid een van die boustene vir sy sukses as bouler was.

“Mens het nooit verstaan waarom ek dit gedoen het nie en ek het hulle nooit vertel nie. Ek het vir die eensaamheid weggehardloop. Ek het agter in die bus gesit, terwyl die res van die spelers voor gesit het,” het hy verlede week gesê.

Gedurende die wedstryd het Andile Phehlukwayo sy spelershemp oor sy kop getrek toe hy ’n paaltjie gevier het. Onderaan het hy ’n T-hemp gedra met die Black Lives Matter-embleem in vet letters gedruk.

“Hierdie week het gesorg dat ons almal moeilike gesprekke moes aanknoop. Party van ons het die donkerste gedeeltes van ons individuele reise gedeel,” het hy op Twitter geskryf.

Op sy beurt het Bavuma die hoop uitgespreek dat die status quo moet verander, terwyl rassisme, verdrukking en geslagsgebaseerde geweld uitgewis moet word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

donsie ·

Dankie , nou het ek ‘n geldige rede om my DSTV te kanselleer. Julle hou julle op met ander lande se politiek soos die grappie van die drie varkies waar rooikappie saam met hulle gedrink het en toe die wolf haar wil eet, toe klap sy hom en se voetsek ek is nie deel van die storie nie. Julle almal kort klappe want julle is nie deel van Amerika se politiek nie, hou julle neuse uit ander mense se sake

Jacobus ·

Die BLM eskepade het begin by die politisering van die tragiese dood van ‘n twyfelagtige karakter. Die knie op die nek het vir die rede berug geraak – en noú die “vitrue signal of choice”. ‘n “Vriendeilke” waarskuwing aan jong sport sterre. As kniel, die gebalde vuis en BLM embleem die paspoort na spankeuse geword het, bo talent, het julle ‘n ernstige gewetensprobleem. Julle het sekerlik die ondersteuning en repek van gretige ondersteuners verloor. Gaan kyk gerus na die detail van die oorspronklikke insident en wie agter die dwang skuil.

Cheryl ·

Hi Jacobus daar is nou berigte dat hy ‘n oordosis fentanyl geneem het voordat die polisie hom gearresteer het. Vlgs die bodycam van 2 vd ander polisie op die toneel het hy toe alreeds gekla dat hy nie asem kry nie. Dis blykbaar die rede waarom die ambulans mense nie eers probeer het om hom te help nie. Die middel gemeng met kokaien is blykbaar dodelik. As hierdie alles waar is gaan hierdie hele besigheid lelik in mense se gesigte opblaas. Kom ons kyk wat gebeur.

Magda ·

Wat n teleurstelling – ALL LIVES MATTER – NOT ONLY THE BLACK PEOPLE. SORRY BUT THIS IS AN BIG NO NO NO – PLEASE ARRANGE SOMETHING LIKE THIS FOR THE FARMERS THAT IS BEEN KILLED IN SOUTH AFRICA – BRUTALY KILLED. NO BECAUSE WHITE FARMERS IS BEEN KILLED. NO NO NO – ALL LIVES MATTERS – ALL LIVES MATTER – WIT, SWART, KLEURLINGE, INDIANS , MOSLEMS – ALL LIVES MATTER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Isabella ·

Daar is in amerika (ni seker waar dt was) n vrou doodgeskiet omdat sy gese ht all lives matter dit is skokwekkend!!!

Hoekom ·

BLM gebruik intimidasie en geweld om hulle agenda te versterk. Dit is die basiese definisie van ‘n terroriste beweging/organisasie Piet. Wat BLM beteken is dat net ‘n sekere ras se lewens belangrik is en nie die res nie, die naam en hulle aksies spreek boekdele…

Marieta ·

Ek daag elke mede Suid-Afrikaner… Buig ook die knie! Doen dit!! Maar buig die knie voor God in gebed vir “all lifes, because all lives matter”!

MakersMark ·

Minderwaardigheidsgevoel, slagoffer mentaliteit en onvermoë om enige iets van waarde te skep. Alles altyd mense om hulle se skuld. Zim klassieke voorbeeld. Nou dat daar nie wittes is om te blameer nie lewe hul maar met ellende saam. Uiteindelik vreet die hieana’s by die karkas aan mekaar.

Niklaas ·

Dit gaan maar moeilik wees om voortaan krieket te kyk langs die veld of op TV , sonder ‘n wrang smaak in die mond . Ek dink hierdie Greame Smith en Kie is net onder druk van die borge. Ek is nou ook minder beïndruk met Francois Pienaar , wat nou deelneem omdat hy dalks te lank gelede in die nuus was.

Die Wolf ·

Maak soos metdie Spur. Jy sal gou sien hoe vinnig BLM by die deur uitwaai as daar inkomste op die spel is.

Raakvatter ·

Niklaas, ek is ook jammer. Ek love my krieket, my seuns (het my span) maar ek is klaar met CSA, KLAAR! Ek sal steeds my seuns oefen, maar CSA, jammer, voert weg!!!

Sobymykoolkop ·

En ntini se vergragting saak is mos daai tyd onder die mat ingevee. Snaaks dat al die nie wit spelers nou skielik onthou dat hulle aan rsssisme blootgestel is/was. Minderwaardigheid is ń lelike ding

Lukie ·

Hierdie BLM-pandemie ruk totaal hande uit.
Wat probeer hulle hierdeur bereik?
Meer rasgedrewe “handouts”?

Hoekom ·

Aksies wat vrylik gesien kan word op sosiale media, bv die man wat aan die brand gesteek word in sy eie winkel, die vrou wat met ‘n 2×4 geslaan word, onskuldige mense. Ek het die videos gesien van hulle geweldadige aksies. Jy sal nie daarvan weet terwyl jy skuil in jou bevooregte “ignorant liberal bubble” nie…

Tokkel ·

Kan die krieketspelers hul net by hul krieket hou en uit die politiek bly. SA krieket het so sleg gevaar by die wereldbeker dat hulle eintlik hul koppe indie grond moet druk. Die monde is altyd groot vandie grootste rassiste….kyk maar wie staan agter hulle. Sorteer liewers mens se eie land uit. Hulle het niks gedoen vir jul BLM 25 jaar terug nie… Gaan oefen jou krieket, waarvoor jy betaal word of gaan politiek toe.

MJ ·

Hierdie ding maak my naar!! Dis nie eers ‘n SA issue nie maar skielik word dit in ons kele afgedwing.
Mense moet NET die knie buig voor God.
Ek is baie teleurgesteld in ons krieketspelers.

Pierreli ·

Hulle is deel van die wêreld, hulle sal enige iets doen vir mag, geld en aansien. Niks nuuts nie.

Riana ·

Twee klein Swart Dogtertjies is dood gery deur ‘n Burgermeester se bloulig brigarde IN KZN, daar word nie eens op nuus melding van dit gemaak nie, net klein beriggie nie hoof nuus nie, geen ophef nie. Alle Lewens maak saak… maar in SA depending WIE DOOD GEMAAK IS, EN DEUR WIE HULLE DOOD GEMAAK IS, matter dit net wanneer dit seker mense pas.

NEO ·

Ek buig net my knie voor God die almagtige. Ek sal nie kniel vir enige beweging, politieke organisasie of mens nie. Baie teleurgesteld in die spelers.

Hoekom ·

BLM se aksies is vrylik te siene op sosiale media. Bv die man wat aan die brand gesteek word in sy eie winkel, die vrou wat geslaan word met ‘n 2×4 en menigte ander, onskuldige mense. Hierdie aksies dra hierdie krieket spelers se goedkeuring weg? Hulle kon dan net sowel self daar gestaan het met die aansteker en brandstof in hand, kon nou net sowel self daar gestaan het met die plank in die hand wat die vrou vergruis het…

Martie Smartie ·

Ja een of twee swartmense word deur die Amerikaanse polisie dood gemaak (waarvoor die beamptes aangekla is van moord en afgedank is, let wel), en honderde boere vermoor in SA, maar geld-afgode dienaars soos Greame Smith, AB de Villiers, Francois Pienaar en die hele kaboedel se rassistiese en geldhonger onderrokke hang uit. Enige iets om geld te kry ne

Harry ·

Ek wil my skaar by Danie Stander van Limpopo. Mense wat self alles moet koop sal meer onafhanklik kan dink oor hierdie onderwerp.
Die Demokrate in die VSA het hierdie BLM gebruik om Trump in te haal met hulle verkiesing in November.

Dink julle in hoe dit vir n boer moet wees om deur die ANC misken te wees. Sy gesin se lewe is daagliks in gevaar. Hulle word beskou as “wit” en dus rasisties.

Vroue en kinders is maklike teikens vir geweld.

Maar ons moet die knie buig vir BLM.
Hierdie snert verdien nie plek nie omdat 90% van SA se bevolking “swart” is. Hierdie beweging versterk net oorheersing van ons land deur een groepering.

Ek weet wat my siening is…………..

Raakvatter ·

Ek lief my krieket, ek is ‘n junior span afrigter. Ek ken my goed, die reëls, die wette, alles. Ek het maatjies van alle kleure in my span, ek ontwikkel, ek leer hulle. Dis lekker vir my!(Onder 8 spannetjie). As my maatjie nie kan bowl nie of kolf soos paloeka, dan einde van seisoen KAN hulle, al my maatjies, elke ras! Dis wat ek doen. Dan kom bog soos BLM, every live matter!
Ek ondersteun die Proteas, all the way. As Ngidi 3 wickets inpalm, dan juig ek saam. As iemand sleg bowl, dan (of hy wit of swart of indier is) skree ek vir die tv. Ek sien verby kleur, ek soek net die beste. As ons Springbokke met 12 gekleurdes begin en 3 wittes maar hulle is die BESTE dan ondersteun ek hulle!

Raakvatter ·

Duimpie af mens, jammer, raak ek dalk ‘n nerve?? Ek dink so. Hahaha, Siestog. My beste belang is by my seuns. Duimpie af my, maar sê hoekom.

Pensionaris Sedgefield ·

Raakvatter, lyk nie of jy die werklike probleem raaksien nie. Dit gaan nie oor die meriete van swart spelers nie. Dit gaan juis daaroor dat ons in ‘n land waar swart spelers buitengewoon bevoordeel word nou ‘n beweging kry wat sê Black Lives Matter asof nie alle lewens belangrik is nie. As jy eerlik is sal jy erken dat omgekeerde rassisme in sport nou aan die orde van die dag is. Moes jy dalk ook al ‘n swart seuntjie in die plek van ‘n witte insit om jou kwota te haal of is jy gelukkig genoeg om nie hoog genoeg af te rig om daaraan blootgestel te gewees het nie. Hoe verduidelik jy aan ‘n kind dat hy nie kan speel nie want die swart maatjie moet op sy velkleur gekies word en nie op meriete nie? So, siestog vir jou wat dit nie verstaan nie.

Hendrik ·

Die groot probleem is dat daar nou teen die wit kinders gediskrimineer word. Uit ‘n span van 13 moet 7 POC (Player of colour) wees. In meeste van die gevalle kom hulle uit privaat skole en bly in duur estates terwyl baie van die wit ouers hulleself tekort moet skiet net om hulle kinders op proewe te kry. Hulle word steeds as agtergeblewe gesien.

Ons het 2 jaar in ‘n ry die geval gehad waar my seun nie gekies is nie omrede ‘n swart speler gekies is bo hom, terwyl die ou nie eers ‘n kolf kan vashou om sy lewe te red nie . Keurders het dit aan ons erken en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie.

JP Duminy sê mos daar is rasse diskriminasie in krieket van jongs af. Ek stem met hom saam, maar daar word teen die wit kinders gediskrimineer en die swart spelers word orals voorgetrek.

Ons moet betaal om aan die proewe deeel te neem, maar die swart kinders daag net op en word nog kos ook gegee. Ons moet self kos verskaf vir ons seuns of saamgee as ons nie self daar kan wees nie.

JN ·

Dit is ok misvatter of jy sien die probleem of jy sien dit nie, dit is eenvoudig.. Graeme, Pienaar, De deviliers “ai” was my held eens ,Faf, Malan, etc en kie sien dit ok net nie. So jy is darem nie alleen nie.Miskien eendag sal jy en hulle dit verstaan en sien… Ek besef jy beteken maar niks op sosiale media net soos ek nie maar die manne hier bo skitter al vir hoe lank al in afwesigheid met al die wit plaasmoorde veral met hul hoog geagde status kon hul n groot invloed gemaak maar het nie! Maar nou maak hul stemme gou gou dik??? Ek vra hoekom, praat die geld en borge en politieke korrektheid druk miskien??Ek vra dan waar is hul karakter en integriteit? Net daar het jy en hulle my respek verloor…

Vrijburger ·

Ek ook “sien verby kleur” en ondersteun meriete. Daarom boikot ek alle SA sportspannte op alle vlakke agv van hul rasistiese kwota stelsels!

Isabella ·

Ek ht al klaar my een DSTV gekanselleer gan di ander een ook binnekort kanselleer…sal my knieë buig voor GEEN GEWELD

Raakvatter ·

Net soos Ashwin, jy het my resprek gerbeek broer! Ek is ‘n stoere sport liefhebber. Toe Habana daai drie druk en Joost se rekord breek was ek gaande. As mens skree “Pass net vir Habana die bal”. Omdat hy gekleurd is???? NEE, omdat hy goed is! As die hele stadion skree “Beeeeaasssssst”omdat hy swart is? Nee, hy is goed! Was goed, sorry Beast Mtarawira, Maar jy was ‘n yster op jou dag!

Chris ·

Die stigters van die BLM beweging het volkome in sy doel geslaag. Die reaksie was oorweldigend. Waarom julle steur aan onvolwasse en emosionele onintelligente persone se optredes. Daar is baie belangriker vraagstukke wat aandag vereis as knielende sportspelers. Ek het geleer as jy ‘n onbenullige saak ignoreer gaan dit gewoonlik weg, maar die reaksie wat van die publiek kom sterk net die malligheid.

Cheryl ·

If you don’t stand for something; you will fall for anything. Daar is sommige gebeurtenisse wat nie geignoreer kan word nie en dus sterk aangespreek moet word. Hierdie is een vd daardie gevalle. Dis ‘n geveg teen duisternis en moet geopenbaar word.

Vrijburger ·

Jammer Chris, ignoreer gaan nie werk in hierdie geval nie. BLM beweging groei net want die fondamente (veral hier in die VSA waar ek my tans bevind, maar ook in die Westerse wereld) is jare gelede al in die skole, universiteite ens gele. Hierdie is ‘n groeiende gevaar (Marksistiese kulturele oorlog) wat gekonfronteer moet word.

JN ·

Dit is n infiltrasie proses.. N sag maak…Hoe meer jy gee hoe meer vat hulle..Die wereld word politiese korrek geindoktrineer. Wees net wakker en sien die tekens. Of jy gaan skaam voel oor hul se jy is blank en alle blankes is skuldig is maar jou en Ab en Graeme ens se saak as jul die knie wil buig soos voor n afgod.. Nes die Anc al vir jare tokkel op dieselfde snaar met apartheid en glo blankes moet tot in die ewigheid daarvoor gestraf word al was jy nie eens deel daarvan nie is dit wat BLM doen INDOKTRINASIE! Net so is die BLM se konsep ook! Dit is een ding as jy blindeliks daaraan glo maar as hul jou van jou werk afdank of verban van sportklubs oor jy se jy ondersteun blanke lewens ook en nie net swart lewens nie dan moet jy weet iewers is n helse skroef los. As jy maar soos struisvoel met jou kop in die sand wil sit en nie die feite wil sien nie dan goed so Chris maar sterkte dan vir jou..

Snowball ·

Die grootste klug ooit! Al dié knieknakkery en empatie vir BLM, terwyl die einste makkers in Afrika se oorlogvoos lande, mekaar aan flarde skiet, verkrag en uitmoor…

Pieter Rubeus ·

Ja en so sien krieket sy gat vinniger as wat hul dink. KSA het mooi gewys hul ondersteun geweld, moord en mense wat geen respek vir ander se regte het nie onder die vaandel van ‘n krimineel. Hoe laag kan jul daal idiote? en dit vir geld.

JohanR ·

Pieter – wonder wat sal nou daarvan kom as ons Saterdag se gebeure by die MRK aanmeld as rassisme. Dink jy ou Buang Jones sal ‘n aanval kry?

Pieter ·

Dink nie so nie Johan, hulle gaan natuurlik ons as rassiste uitmaak volgens hul kommunistiese handleiding. Maar dit verander nie die saak nie, hulle bly rassiste. Wanneer hierdie ANC bestel tot ‘n val kom sal Black Lives Matter as rassisme verklaar word en die wit spelers wat hul knie gebuig het as volksverraaiers gebrandmerk word. Sport is immers die middel om die volk te verlei. Ek verafsku enige sportman, hulle is die ANC se pionne teen ons. Hul ware kleure wys nou mooi soos AB se ANC.

Wielspore ·

Ek buig my knie net voor een persoon, dit is my Here my God.
Terselfde tyd betoon ek die nodige respek aan ening ander persoon wat op my pad kom.
Ongelukkig het SA nie goeie politieke leiers en probeer die ANC aan die laaste gras halmpie vashou deur politiek gewin by sport te soek.
Krieket is ‘n sport en nie ‘n politieke byspel!

Dirk ·

Daai hele klomp wat gebuig het is n klomp draadsitters en gatkruipers..

Poertjie ·

Dit is duidelik dat mammon die stryd gewen het en dat die graf vir krieket en sport in SA finaal gegrawe is. Wat het van versoening geword? Hulle is besig om apartheid van vooraf te heropen. Die herstel proses sedert die nuwe SA is finaal tot niet gemaak. Qua Vadis

JohanR ·

Verklaring AAN Graham Smith en KSA. Hoop die volgende keer sal dit ‘n verklaring VAN Graham Smith en KSA wees : Die boere van Suid Afrika, en al hulle ondersteuners vra dat die volgende keer dat die Proteas op ‘n veld verskyn, sal hulle hemde aan he wat se “BOER LIVES MATTER” vooraan, en agter “FARMERS LIVES MATTER”. Daar word nie gevra dat die knieg moet gebuig word nie, maar die wat uit respek vir die mense wat elke dag kos op hulle tafels sit, en die boere, pappas, mammas, kinders, ouma’s, oupa’s en werkers wat die grootse prys moes oor die jare betaal, dit wil doen sal daar waardering wees. “ALL LIVES MATTER” sal ook aanvaarbaar wees, want op die einde van die dag is alle mense belangrik, maak nie saak wat die velkleur.

Axel ·

Dit is uiters onaanvaaarbaar. Francois Pienaar nou het ek geen tyd vir jou en die Springbok Kaptein en die krieketspan. What a disgrace

Johann ·

Rugraatlose massa navolgers wat nie ‘n oog knip oor die moord en verwoesting wat blanke Suid Afrikaners elke dag ervaar nie. Kamptige leiers van ons Nasionale spanne wat net sowel die middelvinger kan wys vir elke blanke wat verkrag of vermoor of gemartel word? GEEN RESPEK VIR JOU NIE!!!!! NIKS!!!! Shame on you!!!!!!!!!

Adam Adriaan ·

As jy jou steun aan sulke snert verleen dan i jy totaal leeg van binne. Nie eers ‘n leë volstruis eierkan so leeg wees nie. My hart gaan uit vir sulke mense. Totaal doelloos loop hulle rond in die lewe.

Spyker ·

Totsiens Rugby.
Krieket is nou nie my spel nie, het dit nog nie gekyk nie en weet nie wie die spelers is nie

JUAN ·

Dit verbaas my glad nie dat sport organisasie in Suid-Afrika sulke ver-linkse anti-wit rassistiese bewegings soos blm ondersteun nie. Die land is vrot van die linkse rassiste.

Cassie ·

Die aksie , het weereens bewys dat selfs blankes glo dat ons nie in SA hoort nie. as die organiseerders nie kan besef dat die aksie rassisties is nie weet ek nie beteken wit lewens idier lewens , kleurling lewens dan niks in KSA se oe nie om sulke dinge toe te laat nie. sport het nog altyd gese politiek moet uit sport uit nou kom hulle met hul politieke neigings . wel ek is klaar met alle sport in SA

Realis Thailand ·

Die enigste keer wat ek n knie buig is as ek kniel om dooie rus te neem as ek skiet na n teiken,party teikens is meer aanloklik om na te skeit as ander
Ek kyk niemeer kriekt ofrugby en kyk nabuitelandes krieket en rugby
Ek het drie krieket kanale en gewoonlik twee rugby kanale of Sky of ITV

'n Simpelman ·

WI en engelse krieket ook knie gebuig.
So wees konsekwent en ban hulle ook asb.

Realis Thailand ·

Ek let mooi op en dit lyk op die ou ent ek sal net die Indiese IPL kan kyk
Gelukkig is daar darem veel ander sport
Van Snooker to veerpyltjies en skyfskiet en baie ski sporte en Curling wat baie interessant is en ek al jare volg

Kruger ·

Is dit nie dieselfde ntini wat destyds , aan die begin van sy loopbaan, aangekla is van verkragting en toe vrygespreek is on grond van sy zoeloe tradisies nie??

Blits ·

Hoekom moet die WIT mens altyd skuldig voel. Want hulle maak dit nou oor wit en swart. Dit was oor lewe en dood. For five cents!

john ·

BLM stands for according to the visible evidence in the USA for Burn Loot and Murder

Jack ·

Die doel van blm is om verdeeldheid te bring en die vlam van haat te stook. Nog n mantel waaronder swart mense kan skuil as hulle moor en plunder. Dit sal altyd wees agv rasismevanaf die wit mense. Die wat nog rugby en kriekit kyk verloen sy volk en kan maar netsowel anc stem.

Andrew ·

Dit is wat idiologie deur hoofstoom media ons gebring het. All lives matter, but only when black lives matter first, then brown, then ………

Andrew ·

Hoop maar vir SA sport dat hulle ondersteuning basis gestransformeer is.

Jakes ·

Die BLM beweging is n siek grap in SA. Die gebeure in die VSA was agv n wit polisieman wat n swart persoon vermoor het. Dit is en was n tragiese storie en geregtigheid moet geskied. Graag wil ek nou weet hoe het dit betrekking op sport in SA? Kan enige van die sportlui wat nou aangesluit het by hierdie beweging n voorval noem waar n wit sportman die dood van n swart of bruinspeler veroorsaak het? Ek was altyd n aanhanger van Kolisi maar nie meer nie. Politiek is nou die rookskerm van die BLM beweging in SA. Mense soos Max du Preez en ander roer die pot dik aan en los dit n suur smaak in die mond.

Pierreli ·

Neem ‘n standpunt in, as dit wat die sport sterre/regering wie ook al wat doen en sê, en doen wat teenstrydig is my jou geloof en regverdige denkwyse, draai weg van hulle en moenie dit aanraak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.