Komitee bekend wat nepotisme-klagte teen Matie-rektor bekyk

Prof. Wim de Villiers. Foto: US

Die komitee is bekend gemaak wat bewerings van nepotisme teen die Universiteit Stellenbosch (US) se rektor, prof. Wim de Villiers, gaan ondersoek.

Die komitee sal bestaan uit afgetrede regter Carole Lewis, Helena Conradie en Ziyanda Stuurman. Lewis sal as die voorsitter van die komitee dien.

Oudregter Lewis is ʼn voormalige dekaan van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se Fakulteit Regsgeleerdheid en regter van die Johannesburgse hooggeregshof. Sy het in 2019 ná byna 17 jaar as regter in die appèlhof afgetree.

Conradie, ʼn geoktrooieerde finansiële ontleder-oktrooihouer, is vroeër vanjaar deur donateurs tot die raad verkies. Stuurman, ʼn openbare beleids-, polisiëring- en sekerheidsontleder, is in 2017 deur die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie in die raad aangestel.

“Die komitee se werk neem middel Mei ʼn aanvang en hulle sal as ʼn saak van dringendheid hul volle verslag met bevindings en aanbevelings, indien enige, by die US-raad indien. Sodra die raad hierdie verslag ontvang het, sal hulle die aanbevelings evalueer en die mosie oorweeg wat deur dr. Leon Schreiber ingedien is,” het dr. Nicky Newton-King, voorsitter van die US-raad, gesê.

ʼn Mosie ingevolge paragraaf 42(3) van die US-statuut om De Villiers van sy amp te onthef het verlede maand by ʼn vergadering van die US-raad gedien. Die mosie is deur Schreiber, DA-LP en US-raadslid, voorgestel en deur dr. Jan Heunis gesekondeer.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat De Villiers ʼn tweede familielid by Maties geplaas het. ʼn Storm het reeds gewoed oor De Villiers se diskresionêre plasing van ʼn familielid om medies te studeer. Die student se toelating is later teruggetrek nadat ʼn ander student wat beter punte behaal het, maar nie toelating gekry het nie, vrae daaroor gevra het.

Die universiteit se raad het op sy vergadering van 17 April besluit om ʼn komitee bestaande uit drie lede saam te stel om die feite onderliggend aan die mosie te ondersoek, waaronder bewerings van nepotisme en moontlike oortreding van verwante reëls.

Die komitee bestaan uit twee lede van die raad wat nie personeellede van die universiteit is nie en ʼn onafhanklike senior regspersoon.

Ná afloop van sy ondersoek moet die komitee sy bevindinge aan die raad verskaf en aanbevelings maak.

Die bevoegdhede van die komitee sluit onder meer in dat hy enigiemand oor sake relevant tot die ondersoek mag identifiseer, mee kontak maak en kommunikeer. Die komitee kan ook onderhoude voer om inligting te ontvang wat relevant is tot die ondersoek, asook skriftelike verklarings of voorleggings.

Aan die einde van sy ondersoek moet die komitee ʼn volledige geskrewe verslag en ʼn opsomming van sy verslag saamstel. Die komitee se verslag met sy bevindinge en aanbevelings moet teen nie later nie as einde Mei aan die raadsvoorsitter voorgelê word. Die raad sal bepaal of die komitee se verslag gepubliseer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek ken die persoon nie maar hy blyk ‘n vyand vir afrikaans en Afrikaans sprekende studente te wees en die feit dat hy vir nepotisme ondersoek word se vir my hy dink en en doen soos die anc.

Nicholaas ·

Heeltemal reg as hy is ook n afrikaner soos ons maar sou beter bekend gewees het deur ons voor ouers as n hensopper.

Hennie Biebouw ·

Wat is jou definisie van “Afrikaner” ? Ek beskou myself bv as ‘n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.

Groen Ghoen ·

Ons weet nie Danie. Solank die komitee tog net nie Afrikaans praat nie, sal sy aanbevelings as waar aanvaar word. In die Nuwe S.A. is dit al wat saakmaak.

Sobymykoolkop ·

Neem aan die komitee word met daai belasting geld betaal wat universiteite jaarliks van die lojale belastingbetalers kry.

Old no7 ·

O wel, dan moet die hele ANC regering ook daarvoor aangekla word…..

Republikein in die Wes Kaap ·

De Villiers is seker klaar onskuldig bevind. So sal SU verder sink.

Anel ·

Dis een komitee op ‘n ander maar van hul bevindings kom niks. Wat het nou van die twee studente geword? Die een wat oorspronklik gekwalifiseer het, kon hy toe sy mediese studies begin? En wat het van die familielid geword? Twee jongmense se lewens wat verwoes is agv van gierigheid!!!!

domheks ·

Hoop ou Wimpie word aanspreeklik gehou vir die betaling van die komitee! Kry vir jou.

Kurt ·

Hierdie nar moet gaan. Hy is n kanker in die laaste bietjie afrikaanse tuiste/ universiteite. Dis n swak Afrikaner wat skaam is om Afrikaans en wit te wees, sal buig net om liberal te wees en sodoende Afrikaans en als wat opgebou is afbreek en dan dink hy hy doen n goeie job. Die feit dat hy sy families moes inhelp wys dat die kwotas wat hy voorstaan en nie beveg nie byt hom nou lekker in die g…. soos wat dit ons en ons wit kinders byt en benadeel.

Cherokee ·

Wanneer jy vir Afrikaans instaan, behoort dit gedoen te word in goeie Afrikaans.

TruthDealer ·

Ek is nie een vd afduimpies nie, maar soms moet mens maar verby kyk en die punt vd kommentaar in ag neem, Cherokee.

Leon ·

Met respek , julle is besig met n hekse jag , Wim sou nooit iets doen wat nie volgens reels enregulasies van die universiteit is nie , daar bestaan iets soos n rektor toelating met reels ens en hy mag nfamilie lid aanstel volgens die reels wat kwalifiseer . Ek glo nie een parlements lid wat aangestel if miniters is kwalifiseer volgens die reels nie maar daaroor se niemand n woord nie , kyk na burgermeesters stads endorps bestuurders hulle kwalufuseer nie maar isdaar en almal is tjoep stil daaroor ?????????? Baie interresant

Groen Ghoen ·

Nou ja Leon dan jag ons maar die heks van Stellenbosch? Die volgende heks sal sekerlik NOG erger wees. Dalk bly die ander hekse later eerder weg van Stellenbosch af, maar dit is net ‘n droom.

Kurt ·

Hy het dalk nie n reel oortree nie maar die reel is daar vir uitsonderlike gevalle waar n student nie kon inkom nie maar wat besondere meriete toon. Beslis nie vir jou families nie. Hy skuil after sey bevoegdheid om iemand te nomineer maar wat nie werklik kwalifiseer vlgs die doel en gees waarvoor die reel daar gestel is nie. Ons is dalk almal ape maar sommige van ons is ou ape. Win is die kanker in ons geledere

Kurt ·

En om te skuil after die argument dat anderdit ook doen in die parlement of waar ook al ontbloot die mentaliteit hier. Dis of reg of verkeerd. Moreel en andersins gemeet. Dis hoekom hy uitgewerp moet word. Soos sy beleid is hy ook veragtelik

Jacobus ·

Ai, ons land darem. Jy moet ‘n kommitee saamstel om iets te ondersoek wat blatant oneties is? Hang af wie jou pêlle is!

skurweberg ·

Die ergste is dat lede van ‘n komitee se waardestelsel hemelsbreed van mekaar verskil. Kyk maar net hoe dit in die munisipaliteite se koalisies gaan. “Net Een Waarheid” alleen

skurweberg ·

Ongeregtigheid in Suid Afrika, maar ook in die wêreld sal nie bly staan nie, of dit nou in die politieke wêreld is, of in die howe of in die aanstellings van individue in poste. Almal behoort maar onthou WIE werklik in beheer van hierdié land en wêreld is. Sy ewige Plan vir Geregtigheid sal bly staan, juis , omdat Hy Koning en in beheer is.

Antonk ·

So as daar besluit word dat die verslaag nie gepubliseer word nie.Dan gaan niemand weet wat in daai verslag staan nie en alles word onder die mat in gevee.

Shakespeare ·

Nepotism is rampant in the ANC/EFF and NOTHING is being done about it. This is the reason that the most employees are incompetent.

DJ ·

De Villiers het ongelukkig oor tyd heen ‘n negatiewe beeld rondom homself opgebou. Dit benadeel die US ook saam met hom negatief. Dit is tyd dat hy die eerbare weg kies en van sy pos afstand doen.

houopkruip ·

De Villiers moes lankal in die pad gesteek gewees het.
Net so Jurie R – gelukkig en uiteindelik het sy sondes hom ingehaal.
Maar ek vermoed de Villiers se maaitjies in posisies gaan sorg dat hy onskuldig bevind word – ons mense het mooi geleer by die ANC.

My siening ·

Hy is n ANC KADER wat die Afrikaners (alle rasse) in die wiele ry want soos die ANC gaan dit oor mag vir hom!

annie ·

Die storie met die aanstelling van die US se kanselier wat lid van die Grondwethof is, het destyds ‘n klankie gekry en dit was haas het einde niet. Die petaljes met studente en hul mis staan voor die regte bankie is deur die rektor met argwaan hanteer. Hy verander daarna in ware Ingelse witdoek van weleer wat Afrikaners minag en skynbaar sy afkoms misken. Miskien pas ‘n teateroorjas en ‘n skalpel sy temperament beter…

Papsak ·

Dankie ken hom nie raak ontslae van hom vinnig want hy like afrikaans nie sorrie

Nefie ·

Die man is nie ‘n vegter vir Afrikaans nie, miskien is dit ‘n geleentheid om iemand beter in the bring. Wat is die kans?

Staal ·

Ja nee wat, net ‘n klomp uitgawes, maar daar sal dadels kom van diè ondersoekie. Slegs oëverblindery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.