Kommer oor slagting op paaie

Agt mense is Maandagmiddag (22 April 2019) in ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier in die Wes-Kaap dood. (Foto: Verskaf)

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag ʼn dringende beroep gedoen op motoriste wat nog op pad terug is van hul Paasnaweekbestemmings om versigtig te bestuur en die padreëls te gehoorsaam.

Dit kom nadat talle ongelukke en padsterftes in die provinsie sedert Donderdag aangeteken is.

Net Saterdag is 68 dronk bestuurders in Gauteng in hegtenis geneem, terwyl 19 voetgangers op snelweë vasgetrek is. Talle bestuurders is in hegtenis geneem omdat hulle die spoedgrens oorskry het, terwyl een motoris vir omkopery en nog een vir bedrog in hegtenis geneem is. Minstens 334 verkeersboetes is ook die naweek uitgereik.

Vandag (Maandag) het die Gautengse verkeerspolisie altesaam 11 mense vir spoedoortredings op snelweë in hegtenis geneem.

“Ons verwag dat die swaar verkeer terug na die provinsie nog vanmiddag en vanaand sal voortduur terwyl baie mense terugkeer huis toe. Ek is bekommerd oor die getal padsterftes wat reeds hierdie naweek aangeteken is,” het Nkosi-Malobane gesê.

“Ek wil alle padgebruikers aanmoedig om uiters waaksaam op die paaie te wees. Ek wil ook ons wetstoepassers aanmoedig om hul padveiligheidsoperasies te verskerp, insluitend padblokkades om onpadwaardige voertuie en dronk bestuurders van die paaie te verwyder.”

Agt mense is Maandagmiddag (22 April 2019) in ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier in die Wes-Kaap dood. (Foto: Verskaf)

Gauteng is egter nie die enigste provinsie wat die afgelope naweek onder padongelukke deurgeloop het nie. Gister is vier mense dood en 19 beseer in ʼn botsing op die R57 tussen Reitz en Kestell in die Vrystaat. Vanmiddag is agt mense dood in ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier in die Wes-Kaap.

Sewe mense, onder wie twee kinders, is beseer toe drie motors vroeër vanmiddag op Van Reenenspas op die N3 in ʼn ongeluk betrokke was.

In nog ʼn botsing vanmiddag is ʼn man in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas nadat sy voertuig met twee ander voertuie in Wilropark, Roodepoort, gebots en hy uit die voertuig geslinger is. ʼn Vrou is ook in dié ongeluk beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Joe Olivier ·

Die publiek wil nie hoor hoeveel boetes geskryf en hoeveel dronkbestuurders daar was en bla bla bla nie. Ons wil hoor hoeveel suksesvolle vervolgings daar was en hoeveel onpadwaardige taxis en hul onbevoegde bestuurders van die paaie afgehaal is. Dan wil ons hoor en sien dat ons belastinggeld spandeer is om paaie op te gradeer en in stand te hou. En dan sal die slagtings dalk minder word.

Hanna Hoekom ·

Ek kuier tans in die VSA en as daar nou een ding is wat die wet en orde hier handhaaf is dit sigbare polisiering. Hierdie wetstoepassers is absoluut orals! Hier gaan n “meevallertjie” aan die polisie beampte jou onvoowaardelik in groot moeilikheid laat beland. En moenie dink jy gooi rommel uit jou motor nie: $200 boete net daar en dan! Wat n voorreg om hier te kan kuier en n motor te kan bestuur (hulle ry ongelukkig aan die verkeerde kant van die pad)!

Ken ·

Presies Joe! Dronkbestuurders, padblokkades, bla bla bla… Selfde storie elke keer en niks word gedoen verder nie. Die nagevolge vir dronk en onverskillige bestuurders hoort duidelik en behoorlik te wees. SA het van die swakste bestuurders ter wêreld, bestuur dronk, onverskillig en padreëls beteken niks. Sal net erger word vorentoe….

willem botha ·

Die polisie hier net hulle werk begin doen sal dit hier ook verbeter maar die klomp glo net aan drie dinge ,monitor,lui wees en kastige ondersoek .

Annelize ·

Daar was net so ‘n vieslike ongeluk Maandagmiddag laat so 15km buite Rustenburg. Voertuig en ‘n teok was rwg van voor in ‘n botsing betrokke. Al wat van die voertuig oorgebly het was die kattebak en ‘n gedeelte waar die agterste sitplek was. Verder was daar niks, dis asof daardie voertuig gedisintegreer het. Die engin het n ent weg van die voertuig gelê. Dit was ek daar gesien het, kan nie hier oorvertel word nie.

Zoro ·

Joe-Ek stem die onnodige padblokkades wat baie manne krag en in beslag neem -as jy op n 8uur skof 100 beamptes gebruik is daar nie beamptes oor wat die ander 16 ure van die besnydenis nie – laat die beamptes tussen verkeer beweeg en die vrot appels uit sort- maar nee dis meer n vertoon sessie terwyl die paaie oop lê en dis wanneer dié soort ongelukke plaasvind – daar moet ontslae geraak word van ou verkeershoofde wat nie oplossing en antwoorde het vir die probleem nie -wat kos dit die land om so n groot ongeluk te hanteer – hulle is meer media ‘woordvoerders’ as wat hulle op hul werks beskrywing moet bepaal – dieselfde strategie word jaar na jaar slafs nagevolg en meer mense sterf.

Johanvz ·

Ek het ook die indruk van ‘n “slagting” gekry toe ek al die berigte oor die naweek gelees het. Hoewel die naweek nog nie verby is nie, het ek ‘n Engelse nuusberig gelees wat aankondig dat ongelukke met 41% minder is. Hoe is dit nou? Better, sleg of slegter?

Pieter ·

Solank mense soos varke bestuur sal hierdie goed gebeur. Jammer, maar dis hoe dit is.

Ronel ·

Jy bedoel soos dronk varke. Want hulle swaai sommer daai bierbottel in jou rigting as jy iets vir hulle wys

Johann ·

Sou wat wou gee om te weet wat die “profiel” van die pad besetters en misbruikers is?

TD ·

I was one of those road users that drove back from KZN to Pretoria today. Me and my 15 year old Son left Pmb at 8am. Being a single Mom my Sons safety is everything to me and I was surprised at how many road users obeyed the rules of the road and how many police were visible on the roads. Only to hit Gauteng and find lawless taxi drivers. My nerves were finished when I finally got to Pretoria. Sad how they disobey the rules of the road and put so many lives at risk.

Gert van Wierdapark ·

Padvarke regeer die paaie en Ministers van vervoer regeer met media-verklarings terwyl BEHOORLIKE wetstoepassings nie deurlopend in SA plaasvind nie! In Centurion kruip verkeersmense agter kragbokse ens. weg om mense te “skryf” wat dalk nie “dood” stop nie – dan is dit hul 3/5 se woord teen joune! (LW: ek is nog nie so “gevang” NIE) Nerens, maar nerens word rooi robot-padvarke (Potensiele Moordenaars) afgetrek ens nie. Daagliks wanneer ek my dogter by Tukkies gaan aflaai, is dit ‘n Minimum van 3, soms 5 motors wat oorjaag oor ROOI verkeersligte. By Fonteine-Sirkel is dit die ergste vanaf R21 roete na die stad/Unisa. Dit is DAAR waar die varke op die plek “uitgehaal” MOET word!

Realis ·

Die realiteit is dat die padvarke se waarnemingsin so hoog ontwikkel is dat hulle die Metro polisie “sien en ruik” (inside info) waar ook al hulle wag. Dan tree hulle heeltemal korrek op.
Meeste van die padvarke het hul eie WA groepe waarop hulle mekaar van padblokades en ander “probleme” waarsku. Hulle vang gewoonlik net daai een wie se foon battery pap is.

Rene ·

Dit is altyd hartseer dat soveel mense lewens op paaie onnodig verloor. Ongelukkig moet ek sê, is daar baie ongeduldige padgebruikers en wat nie n vlenter omgee vir padreëls, en onverskillige besluite neem soos om oor sperstrepe met blinde hoogtes ander voertuie verbygaan.
Sal interessant wees wat gebeur het by die twee ongelukstonele want op albei fotos sien mens duidelik sperstrepe….

PieterJohannes ·

Elke kop aan kop botsing vind plaas as iemand verby steek waar jy nie mag nie. Kyk na die fotos. Die een voertuig staan aan die regterkant van die pad en daar is ‘n sper streep. Ek het nog nooit gehoor dat iemand beboet is vir hierdie dodelike oortreding nie. Dit is die ergste vorm van roekelose bestuur. Waarom is dit nie in SA ook soos in ander lande nie? Tronkstraf sonder ‘n keuse van ‘n boete as jy dronk bestuur of so roekeloos bestuur en verby steek waar daar ‘n sper streep is nie.

Gert van Wierdapark ·

Attie jy slaan die spyker dodelik op die kop dat die gemiddelde SA bestuurder ‘n Pad-Vark is! Wetteloosheid op ons paaie en feitlik geen Behoorlike wets-toepassing nie vorm die grond slag van die Pad slagting wat maand na maand en jaar na jaar onverpoosd toegelaat word om plaas te vind!!! Dis’ n skreiende skande!!! Ons almal moet hand in eie boesem steek en ‘n Verskil daar buite gaan maak met die regte voorbeeld van hoe om die gevaarlike wapen, ‘ n voertuig, te gebruik!

Sperstreep ·

Jip ek stem saam met jou – kyk na die foto’s SOLIEDE WIT LYN.

Attie ·

Daar is te min verkeersbeamptes en die gemiddelde SAkaanse bestuurder is ‘n padvark. Dissipline en respek is lankal nie meer van toepassing in SA nie. Dodelike kombinasies.

Ronel ·

Kommer oor slagting op die paaie. Gmf. Gaan kyk hoe ry die meeste mense op die paaie. Ons het sopas teruggekom van St Lucia af en goeie genade. Mense gaan verby op du bel sperstrepe terwyl voertuie van voor af kom. Met beperkte sig agv reën. En moet tog net nie durf waag vir hulle wys hulle is verkeerd jie want dan stop hulle dood in die pad voor jou. Briekpedaal ninjas!!

Sonja ·

Sit my kop op n blok – meeste van hulle het nie lisensies nie. Lekker lawless country, hier maak ons soos ons wil!

Kobus Swanepoel ·

SELFONE IN DIE HAND!! Is 70% van die oorsake! Almal dink hulle kan tik lees en bestuur!! Wel julle kan nie!!! Ek sien mense elke dag dit doen as ek kyk vanaf my motorfiets!! Selfoon gebruikers wat boodskappe tik terwyl hulle probeer bestuur is moordenaars

Nettie ·

@Kobus Swanepoel – so dag ek ook mos, tot onlangs.

Ek KAN ‘multi-task’ – m.a.w. bestuur, ‘n boodskap op my selfoon tik/stuur/lees …… tot ek vinnig weer kyk waar ek ry …………………………….. en rakelings ‘n groot trok mis, wat op sy toeter lê en ligte flikker, want ………………… ek is sowat 2m in sý baan in.

Ek het my lam geskrik en van toe af, is my foon waar hy hoort wanneer ek bestuur – in my handsak, wat op die vloer staan (sodat dit nie in ‘n “smash-‘n-grab” gegryp kan word nie).

Clipper ·

Dis asem mors. Ek het vandag met die ou Warmbad pad Pretoria toe gery en was verstom oor hoe mense ry. Hulle het in hordes op die linkerskouer verbygegaan en toe die te stadig raak het hulle oor gegaan na die regterkant se skouer. Tot n bus vol mense is op die regterkant verby in gesig van aankomende verkeer sodat hy op die regterkantste skouer moes dtlhou vir aankomende verkeer. Dit is hoskom ongelukke gebeur, niks met spoed te doen nie dit gaan oor attitude. En die oplossing is zigbare polisiëring

Jax ·

Toepassing van die wette in n land, lê in die hand van elke landsburger! Bestuur jy soos n vark, ry jy suip-suip of reeds verby gesuip, Sien jou kinders hoe dit gedoen word! Dra jy n sitplekgordel? Dra jou kind n gordel?
Dis die klein jakkelsies wat die skade berokken! Vloek ek die polisie of verkeerspersoneel, sal my kind dit ook doen. So maak ons wettelose en traak-my-nie-agtige mense groot wat binnekort oor ons ou-dag n besluit moet neem.
Stop by n stopstraat!
n Rooi lig, beteken stop
Spoedgrense is daar vir n rede
Die geelstreep is vir nooddienste
n Nood-sirene beteken iemand se lewe is in gevaar – gee pad met jou voertuig ~ more of oormore is dit jy of jou geliefdes wat dringend nooddienste benodig; gaan jy dan ook in die geelbaan ry en die noodvoertuie blok
Disabled parkering is nie vir mense wat breinloos is nie!!! Vandag sien ek n ou dwars oor n disabled parkering stop om net gou by die drankwinkel in te stap want, wat n sonde, hulle bier is op en die party raak nou eers lekker. Blink lyf en al gery tot by die winkel, dwars oor twee rolstoel parkerings en al vloek-vloek na enige een wat dit waag om in sy rigting te kyk. Dis ons toekomstige leiers!
Wetstoepassing begin by myself!!!!

JohanL ·

Jax, baie dankie vir die baie baie waar inset van jou. Dit is die kern van ons land se probleme op die paaie.

Soos ek oud word ·

Ek woon nou amper twee jaar in JHB (getrek van die Noord Kaap af) en bestuur vir ‘n groot deel van amper 30 jaar (al is ek net 34 jaar oud). Ek het nog nooit ‘n ongeluk veroorsaak nie WANT, as dit reën ry ek 10-20 km/h stadiger, WANT ek volg my afstand tussen motors, WANT ek is bewus van die voertuie om my. Deesdae se “Ninja’s” dink hulle is karakters in Tokyo Drift. Ek sê nie spoed is altyd te blameer nie, maar weet tot wat jou persoonlike en voertuig se vermoë is.

John ·

Die minister is glo trots oor die vermindering in ongelukke vergeleke met verlede jaar; en vir ure op die tv sy ANC-gesiggie opgesmuk opgeplooi vir verkiesingsblootstelling. Waarom die vreeslike gerondjaag oor ‘n naweek, terwyl die vakansie in die binneland skaars twee weke gelede verby is, weet g’n mens… Is dit nie ‘n Christelike feesnaweek nie? Om die hollery in die Kaap ook op dieselfde tyd te wil hou is beslis Godslasterlik. Nou word die kerke net ingespan vir begrafnisse van mense en nie vir die viering van Christus se opstanding nie.

Anon ·

En dis seker hoekom ek maar boring is, en net by die huis bly.
Ek sien nie kans vir al daai traffic en om moontlik in ‘n ongeluk betrokke te wees nie.
Dis ‘n lekker tyd om net te rus by die huis.

Apie ·

Baie sterkte aan die families wat hulle dierbares verloor het. Dit is tragies en pynlik om te verneem. Innige simpatie aan hulle. Alle Suid Afrikaners is daagliks in ons gebede.

A Mac ·

Ek gebruik al oor die 30 jaar Suid Afrikaanse paaie en die laaste paar jaar het ek net meer gestress geraak die oomblik as ek die pad moet vat. Hoeveel jare moet ons nog hoor dat die slagting op die paaie kommerwekkend is. Ons hoor en hoor en hoor maar of die regering iets doen, dit weet ek nou nie. Kyk na die chaos die naweek by Carousel Tolplaza en dis nie of die verkeerspolisie iets daaromtrent gedoen het nie. Kan ek die afleiding maak dat die verkeerspolisie dalk bang is vir die padmaniakke?

Zoro ·

Joe-Ek stem die onnodige padblokkades wat baie manne krag en in beslag neem -as jy op n 8uur skof 100 beamptes gebruik is daar nie beamptes oor wat die ander 16 ure aan diens is nie – laat die beamptes tussen verkeer beweeg en die vrot appels uit sort- maar nee dis meer n vertoon sessie terwyl die paaie oop lê en dis wanneer dié soort ongelukke plaasvind – daar moet ontslae geraak word van ou verkeershoofde wat nie oplossing en antwoorde het vir die probleem nie -wat kos dit die land om so n groot ongeluk te hanteer – hulle is meer media ‘woordvoerders’ as wat hulle op hul werks beskrywing moet bepaal – dieselfde strategie word jaar na jaar slafs nagevolg en meer mense sterf.

Die Skim ·

Die nuwe “woord omsfrywing” van padblokkade is – moet nie n ongeluk maak by n padblokkade of waar ons jou kan sien nie – “gaan maak ongelukke op dié van die paaie waar daar geen beamptes op die pad is nie en geen padblokkades ” dit is die boodskap wat die verkeersowerhede deur gee met hulle hope loos heid teen dié slagting op ons paaie.

Jeremia ·

In ‘n totaal wettelose samelewing waar ernstige misdaad die nasuonale sportsoort is, kan niemand verwag dat mense respek, verantwoordelikheid en dissipline as motoriste sal hê nie.
En dit is tragies dat mense wat wél die nodige respek, verantwoordelikheid en dissipline het op ons paaie met hul lewens boet.
En ek hoop my kommentaar is nie enigsins té ekstreem om geplaas te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.