Kommer oor toename in massamoorde

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

In ʼn kommerwekkende antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die Vryheidsfront Plus (VF Plus), het Bheki Cele, minister van polisie, aangedui dat altesaam 5 709 mense in minder as vier jaar slagoffers van massasmoorde in Suid-Afrika was.

Hoewel 1 511 mense in verband met hierdie 2 446 voorvalle in hegtenis geneem is én in ʼn hof verskyn het, blyk dit dat net 6,8% wel skuldig bevind is.

“Dit is ʼn aanduiding van swak ondersoekwerk en sal verduidelik moet word,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Massamoord dui op gevalle waar twee of meer mense tydens ʼn enkele voorval vermoor word. In die mees onlangse geval is agt mense dood toe ʼn skieter op 11 mense in ʼn huis in Gqeberha losgebrand het.

Massamoorde het boonop van 438 voorvalle en 1 009 sterftes in die 2019-’20-boekjaar tot 769 voorvalle en 1 791 sterftes in die 2021-’22-boekjaar toegeneem. Die meeste hiervan is in KwaZulu-Natal en Gauteng aangeteken.

Luidens die statistieke wat Cele verskaf het, is 372 mense in verband met landwye massamoordvalle in die 2019-’20-boekjaar in hegtenis geneem, waarvan 50 skuldig bevind is. Gedurende die 2021-’22-boekjaar is 408 mense in hegtenis geneem, waarvan net 13 skuldig bevind is.

Van April 2022 tot Desember 2022 is 1 664 mense in 701 voorvalle vermoor. Altesaam 388 mense is in verband met hierdie moorde in hegtenis geneem en almal het in ʼn hof verskyn. Net drie is skuldig bevind.

“Gegewe die moordsyfer wat vyf keer meer is as die wêreldgemiddeld (7/100 000 en in Suid-Afrika 36/100 000), die omvang van massamoord en ander misdaad in Suid-Afrika, die probleme in die polisie en die onvermoë om misdadigers suksesvol te vervolg, is dit duidelik dat die staat nie die burgers van die land teen misdadigers kan beskerm nie,” het Groenewald gesê.

“Die jongste misdaadstatistieke bewys dat misdaad buite beheer raak en minister Cele moet die verantwoordelikheid daarvoor neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anna84 ·

Ek wil my verstout om te sê ons loop dieselfde pad as VSA. Die massa moorde in skole in die VSA het my al verhoed om daarheen te wil emmigreer, ek hoop van harte nie dit is ons in SA se voorland nie. Dit is my grootste vrees dat ek, my man, kinders of familie moet sterf aan die hand van ‘n maniak wat “trigger-happy” raak en ‘n klomp mens afmaai. Dit is meestal ‘n geval van, op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. So tragies :(

Hennie ·

SA is baie meer onveilig as Amerika, per gemiddeld vind hier talle meer moorde per kapita plaas.

ES ·

Anna84, dit het nog min hier gebeur – Amerika het al 13 gevalle van skietery in skole vanaf Januarie 2023. Suid Afrika het 6 vanaf 2009 tot op hede. Hier is bietjie perspektief – elke kaper en huisrower is ‘n “maniaak” met ‘n geweer wat trigger happy kan raak.

George ·

Ek verstaan wat jy se, en stem saam tot by n punt. Skoolskietery is amper ekslusief VSA, vermy groot byeenkomste. In Engeland was ons skrikkerig vir die mes aanvalle op die tube. Die massa skietery in SA lyk vir my na sjebeens, taverns en verskille tussen mense, en nie random aanval op massas mense bv by die ruggas op loftus of so nie.

Minnie ·

SA se polisiediens is skokkend swak. Ek kan nie verstaan hoekom ons president nie Cele vervang nie. Hy beteken niks vir misdaadvoorkoming nie !

Luckykat ·

Anna84, Ekt so vinnig op wikipedia gekyk. (nie dat ek als daar glo nie maar dis n riglyn) Die VSA het in die laaste 40 jaar soos rofweg 1600 sterftes aan massa skietvoorvalle te danke. Dit in n land met 330 miljoen inwoners. So jy kan maar trek, jy sal aansienlik veiliger wees daar!

George ·

Toe ons daar was, is jy maar senuweagtig om na groot events toe te gaan, veral in plekke soos NYC, Vegas, LA, maar in klein dorpies nie. Ons het dieselfde in Parys gevoel vir n rukkie, maar glad nie in SA nie, ja vir ander misdaad, maar nie vir so skietery nie.

ES ·

Jy kan niks beter verwag van korrup polisielede nie. Hulle ondersoek net sake waarby hulle persoonlik kan baatvind. Die res is te veel papierwerk.

trotsNAMSA ·

Die Suid-Afrikaanse Polisie Diens of enige ander Polisie Diens kan nie elke dag, elke minuut weet wat die burgers van hul lande doen of gaan doen nie. Mense het geen morele standaarde meer nie. Wat gaan jy doen Paasfees ?
Langnaweek hou of Paasfees in stilte deurbring ? Moet elke Polisiebeampte van hier of oorsee wag staan voor elke huis deur ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.