Konsultante kos munisipaliteite miljarde

Tsakani Maluleke. (Foto: GCIS)

Die bevindinge in die jongste ouditverslag van munisipaliteite landwyd beaam die DA se standpunt dat die meeste plaaslike regerings ʼn gebrek aan finansiële beplanning het, onvoldoende finansiële beheermaatreëls het, nie oor genoeg vaardighede beskik wat aanspreeklikheid betref nie, en bloot boedel oorgee.

Dit word onderstreep deur die miljarde rande wat munisipaliteite in die 2021-’22-boekjaar aan die betaling van konsultante bestee het.

Tsakani Maluleke, ouditeur-generaal (OG), het in haar verslag uitgewys dat swak beplanning ʼn negatiewe uitwerking op munisipaliteite se finansies en dienslewering gehad het.

Die OG se verslag wys dat 112 munisipaliteite (44%) ongefinansierde begrotings het, terwyl daar ongemagtigde besteding van R25,47 miljard by 175 munisipaliteite (68%) in die land was.

Altesame R1,6 miljard is vir konsultante bymekaargeskraap wat 13% van munisipaliteite se algehele finansiële uitgawes (R12,3 miljard) is.

Dié provinsies betaal die meeste vir konsultante.

Terwyl miljarde rande aan konsultante betaal is, het die OG bevind dat die meeste munisipaliteite nie eens betyds hul krediteure kan betaal nie.

Dít ondanks die feit dat munisipaliteite meer as R112 miljard ingevorder het om hul skuldeisers te betaal, en hulle boonop van byna R40 miljard aan skuld gevrywaar is.

Swak betalingspraktyke het beteken dat 84% van munisipaliteite nie hul krediteure binne die tydperk van 30 dae, soos voorgeskryf deur die nasionale tesourie, betaal het nie.

Die gemiddelde tyd wat dit munisipaliteite geneem het om hul krediteure te betaal, is langer as agt maande (258 dae).

Dié skuldeisers wag op miljarde van munisipaliteite.

Jacques Smalle, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, sê min. Thembi Nkadimeng moet munisipaliteite se afhanklikheid van konsultante verminder deur met kaderontplooiing weg te doen.

“Ons doen ʼn beroep op die minister om haar weer toe te wy aan ‘Operasie Skoon Oudit’ wat sou toesien dat alle munisipaliteite byna 10 jaar gelede skoon oudits behaal,” sê hy.

“Interne ouditkomitees moet ook deur die nasionale fiskus aangestel word om kaderaanstellings te voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Moenie bekommer nie die belastingbetalers sal betaal en betaal eb brtaal en betaal tot die dag hoopelik dat die ANC net ‘n acroniem is!

JvR ·

As hulle gekwalifiseerde mense aanstel, sal konsultante nie nodig wees nie. Nie asof die konsultante enigsins verbetering gebring het nie. Selfde kerk.

Ilze ·

JVR jou stelling is heeltemal ongegrond. Ek werk vir SA se grootste ingenieurs konsultant maatskappy. Werk hoofsaaklik vir die staat en munisipaliteite. Moenie almal oor dieselfde kam skeer nie.

Frank ·

Een voeltjie maak nie die somer nie so die “heeltemal ongegrond” is absurd

houopkruip ·

Stem saam met JvR.
Meeste konsultante is useless, veral in die korporatiewe bank-wereld.

Henker ·

Ja nee,kry vir julle. Doen mos weg met die bekwame mense deur AA en BEE. Dan sit jy met wat nou gebeur.

Mo ·

Het eenkeer ‘n konsultant uit Swede in die Drakensberg raakgeloop. Hy was 25 jaar oud, sy fooi was astronomies, voordele fantasties en hy het vir ‘n lokale munisipaliteit se IT gesorg. Hy het gelag en gesê hy weet dit is nie volhoubaar nie maar hy glo nie hy sal gou werkloos wees nie. Nie so lank die ‘incompetents’ posisies kry nie.

SjN ·

As daar gekwalifiseerde en kundige mense in poste is sal dit nie nodig wees vir buite konsultante nie.

Lillian ·

So hou op om konsultante te gebruik! Duidelik mors hulle net ons geld!

anko ·

Alles is buitendien tot niet. Hoekom duur konsultantes aanstel. Hulle lag al die pad bank toe op belastingbetalers fondse en niks verander nie. Stel n slag bevoegde mense aan.

Danie ·

Ja wel die hoe salarisse en onbevoedheid sal natuurlik daartoe lei dat dinge gaan soos dit nou gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.