Kriminele aanklagte kom teen Zuma, Molefe en kie

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Jerome Delay/Pool/AFP)

Die vakbond Solidariteit gaan Dinsdag kriminele aanklagte teen 19 beweerde staatskapers, onder wie oudpres. Jacob Zuma, indien.

Dit kom na aanleiding van die aanbevelings wat in die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslae gemaak is.

Aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog en die wanbestuur van staatsfondse sal teen die beweerde staatskapers ingedien word.

Solidariteit se klagte fokus op korrupsie by dié instellings wat werkers en Solidariteit-lede groot skade berokken het.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sluit die aangeklaagdes onder meer Zuma, Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), en die voormalige hoof van Transnet en Eskom, Brian Molefe, in.

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo, kommissievoorsitter, het vroeër bevind dat daar onder meer redelike gronde is om te vermoed dat Zuma regstreeks by verskeie voorvalle van korrupsie en staatskaping by ʼn aantal staatsentiteite, insluitend Transnet en Bosasa, betrokke was.

In die eerste gedeelte van die kommissie se verslag is daar ook aanbeveel dat Myeni vir korrupsie en bedrog ondersoek moet word, nadat haar beweerde korrupte bedrywighede tot reuse- finansiële verliese vir SAL gelei het.

Die verslag het ook aan die lig gebring dat die meerderheid van die kontrakte wat met staatskaping verband hou, by Transnet ontstaan het en dat Molefe krimineel vervolg moet word vir korrupsie, rampokkery en nalatigheid.

Ander voormalige grootkoppe in Transnet moet ook luidens die verslag vervolg word.

Hermann sê nog grootkoppe soos Dan Mantsha, voormalige voorsitter van Denel, en Zwelakhe Ntsepe, voormalige uitvoerende hoof van Denel, word ook by Solidariteit se aanklagte betrek.

Mantsha word in die Zondo-verslag bestempel as een van die sentrale rolspelers in planne om Denel te kaap. Daar is vroeër aangeraai dat ʼn ondersoek met die oog op vervolging teen talle voormalige uitvoerende hoofde van Denel van stapel gestuur moet word.

Volgens Hermann is al die aangeklaagdes in die Solidariteit-dossier, minstes op prima facie-basis, by kriminele aktiwiteite betrokke.

“Die Solidariteit-dossier is die mees omvattende aanklagte nóg wat na aanleiding van die Zondo-verslag by die polisie ingedien is.”

Solidariteit sal Dinsdag sy aanklagte by die Brooklyn-polisiestasie indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Androclus ·

Zuma jakkals verdien lewenslange tronkstraf vir die skade wat hy al aan die land veroorsaak het.

Althes ·

Baie dankie Solidariteit! Dis waarom ek my ledegeld getrou betaal, om jul te help bemagtig om ongeregtigheid uit te roei.
My vraag is, het ons regering so verval dat ñ burgeregte organisasie/vakbond hul werk vir hul moet doen om die skuldiges aan die pen te laat ry!!

SjN ·

Het die hof n tyd gelede nie beslis dat Molefe so iets soos R10 milj moes terug betaal nie? Wat het gebeur?

Misky ·

Die plaat raak al warmer vir ou Zuma en nog klagtes by die reeds 800 plus klagtes. Die storie moet nou vinnig na ‘n einde toe kom. Dankie Solidariteit.

Manie ·

Stuur asb die bewys van vervolging aan my in die hiernamaals, dit sal nie in my tyd op aarde gebeur nie.

Heinrich ·

Dankie Solidariteit; die huidige openbare beskermer moet ook sommer igesluit word.

JohanR ·

Waaneer gaan ‘n prins Shamila Batohi soen en haar wakker maak? Lyk my AfriForum, Soldaritet en die DA doen haar werk. Verstaan Julius Malema se soene slaan soos weerlig, of ‘n geweer skoot!

Blikkies ·

En sy is nou die dag aangestel, en nogal die beste van die bestes…..en sy haak klaar vas.

Pierre ·

Ek sal graag wil weet hoe dit die Transnet pensionarisse se R100 Miljard eis gaan beinvloed. Hulle mos ge”settle” vir R2 Miljard. Waar die ander?

Samuel ·

Alles klink en lyk goed op papier, maar hoever gaan Solidariteit kom met hierdie klagtes? Plaas dat hulle met groot fanfare geraas maak na suksesvolle vervolgings. Nou is tog so voortydig.

Janee ·

Lekker lag ek nou saam met Zuma!….hy weet van al die gedruis gaan niks van kom nie…

JM ·

Sien reikhalsend uit na die dag dat Suid-Afrika van Zuma verlos gaan wees!

Astrain ·

Dankie TOG IEMAND doen IETS!!! Ek hoop net Zumpie leef lank genoeg om sy oranje slaap pakkie te dra…sonder voordele!! Of die land weer gaan brand – sal ons seker maar moet sien?

Misky ·

Sover ek onthou, moet sy saak 1 April voorkom. Ek juis destyds gedink ironies op April Fool’s Day.

Herman ·

Hierdie is Hoogverraad en na regte strafbaar met die dood. Al hulle bates behoort verbeurd verklaar te word en behoort hulle almal lewenslange tronkstraf uit te dien. Indien ramaphosa nie spoedig aksie neem nie, kom dit neer op versuim en maak hy homself eweneens skuldig. Dit is egter in SA ongelukkig so dat ek ongelukkig moet beaam wat Manie vra: ” Stuur asb die bewys van vervolging aan my in die hiernamaals, dit sal nie in my tyd op aarde gebeur nie…”

Santjie van Soendal ·

Wat van Ace Magashule? Dankie Solidariteit. Julle bewys julleself elke keer as die wat eintlik die ĺand moes regeer het, .. Die taak wat julle aangepak het lyk vir my na n reuse olifanttrop teen een leeu ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.