‘Kry ruggraat, Ramaphosa’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Dit lyk of die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as Suid-Afrika se nuwe minister van elektrisiteit – en die man getaak daarmee om die land se kragkrisis te help uitsorteer – nie juis hond haaraf gaan maak nie.

Die aanstelling is gedoen as ʼn poging deur pres. Cyril Ramaphosa om Suid-Afrikaners te verseker dat hy – en die regerende party – ernstig is daaroor om die kragkrisis op te los.

“Dit word egter al hoe duideliker dat die pos geskep is bloot om ons te paai en nie as ʼn werklike oplossing vir die probleem nie,” sê Samantha Graham-Maré, die DA se woordvoerder oor elektrisiteit.

Ramaphosa “moet nou ruggraat kry en sy elektrisiteitsminister bemagtig”, sê Graham-Maré.

En as Ramaphosa ernstig was daaroor om Suid-Afrika se onhoudbare kragkrisis te takel, sou hy die verantwoordelikhede van Ramokgopa se portefeulje reeds in die Staatskoerant uitgestippel het sodat “die nuwe minister bemagtig word om sy werk te doen”.

Pleks daarvan is daar al hoe meer berigte van ʼn turfoorlog tussen Ramokgopa, Pravin Gordhan, sy eweknie by openbare ondernemings, en Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. En dié gekibbel is die gevolg van Ramaphosa se besluiteloosheid en gebrek aan optrede, sê Graham-Maré.

“Hoekom is dit so moeilik vir die president om die verantwoordelikhede van die drie ministers duidelik uit te spel?”

Die DA vra ook dat Ramokgopa se prestasie-ooreenkoms bekend gemaak word, sodat Suid-Afrikaners kan bepaal presies wat hy aan die voortslepende krisis doen. In hierdie stadium werk die minister in ʼn vakuum, terwyl die ekonomie in duie stort weens die genadelose instel van beurtkrag, sê die party.

“Ramokgopa se plan om beurtkrag te beëindig, wat dié naweek bekend gemaak is, is ʼn oninspirerende wagoedlysie om tyd te wen en te hoop vir die beste.

“Hoop is nie ʼn strategie nie.

“Wat die land nou meer as ooit benodig, is ʼn duidelike en volhoubare plan wat beurtkrag gaan verminder en die weg gaan baan tot volhoubare kragvoorsiening.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Herman L ·

Die DA en VF Plus moet meer daarop konsentreer om mense te oortuig om nie weer vir die ANC te stem nie, eerder as om net die regering te kritiseer. Daar is so baie redes om nie vir die ANC te stem nie. Gebruik dit tot julle voordeel . As die stemvolk dit gereeld hoor, sal hulle hopelik tot ander insigte kom.

Althes ·

Die mens se lewensgehalte word bepaal vir wie hy stem.
Die DA en VF kan dit tot hul voordeel gebruik.

Groen Ghoen ·

Zuma het vir Ramaphosa in Desember 2015 opdrag gegee om die elektrisiteitskrisis the hanteer. Hy het dit fantasties goed gedoen, daar is nou al fase ses beurtkrag. Is daar enigiemand wat nog glo dat Ramaphosa en sy kabinet die oplossing het vir Eskom? Is Ramaphosa en sy bende nie dalk die probleem agter Eskom nie?

Dirk ·

Natuurlik is die ANC die probleem. Dit is as gevolg al die korrupsie en politiese gemors wat hulle veroorsaak het.

Lynne ·

This government is useless All talk and no action. Its time they walk the walk and talk the talk…..

WILLEM ·

Dis kommerwekkend om te ervaar die onbeholpendheid en die magstryd tussen ministers, terwyl Eskom maar aan sukkel. Die KOSTE wat ons belasting betalers moet voed is onbekostigbaar. Dit bewys maar net weer ons “regering” regeer nie hulle baklei oor mag – want hulle weet nie hoe om te regeer nie.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Hy is die probleem! (Nie net deel daarvan nie!)

Roek ·

Apartheid en de Ruyter se skuld , wie gaan nou nog blameer word?

Oosieoos ·

Ruggraadloos nee palukas ja. Een na die ander nikswerd aanstelling wat totaal useless is al wat gebeur is meer belasting geld verlore

Hendrik ·

Daar behoort meer insig in hd beurtkragstryd te wees. Dit is n uiters langtermyn poging van hd kommunistiese regering om die blanke te verarm en is sinoniem aan swart ekonomiese bemagtiging. n Tipiese kommunistiese aanslag. Daar moet mag in hul hande wees en die blanke moet kwesbaar wees.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Nou’s almal kwesbaar, hulle gaan ook bloei!

Samuel ·

Ja, Ramaphosa is werklik ‘n jellievis -ruggraatloos! Ek dink CR is baie bang vir sy kabinetslede. Hy het nog teen geeneen van sy ministers standpunt ingeneem nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land was net té groot en divers vir die NP om te bestuur. Die ANC het nou dieselfde probleme. Die DA sal dieselfde probleme erf sou hulle aan bewind kom. Dis tyd vir ‘n nuwe staatkundige model óf ons gaan oor 20 jaar nog steeds kla.

LANA is ELANè ·

Ek kon nog vir geen oomblik die rassionaal vd aanstelling verstaan nie. Maar ja, soos ons nouself kan sien dit was net ñ aanstelling om die mense se aandag te herlei vd wit olifant in die kamer wat almal weier om raak te sien – die kragkrisis is besig om ryk en arm in hierdie land in ‘n wurggreep te hou sonder enige optimisme oor verbetering. Hierdie was ñ onnodige aanstelling watdie belastingbetaler glad nie nader aan ñ oplossing bring nie. Soos ons swart Zimbabwiese vriend die naweek gesê het, als het so begin in Zim, hy voel jammer vir ons.

GWS ·

Stel by die ministers ook beurtkrag in laat hulle self voel hoe dit is! Hulle leef te lekker en Jan-alleman moet maar sien kom klaar!!!

Samuel ·

Die ministers is beskermd teen al ons swaarkry. Indien hulle ook 10-ure per dag sonder elektrisiteit sit, sal hulle dringend aandag gee aan Eskom.

Vonkprop ·

Ramokgopa was werkskepping vir ‘n maatjie. Niks meer en niks minder nie. ‘n Mens kan hoor aan die tipe terugvoer wat hy gee dat hy geen idee het hoe om hierdie probleem op te los nie. Hy probeer tyd wen om dinge vir ons te sê wat ons alreeds weet. Nou moet hy nog baklei teen teen drie ander wat net so hopeloos is, want die een dink hy weet beter as die ander een en saam weet hulle niks. Dit is jammer dat ons kragprobleem in hulle hande is.

Raadsman ·

Ramokgopa beteken niks. Hier is die werklikheid:
1. Eskom mannekrag 3 keer meer as wat nodig is.
2. 70% van mannekrag onbevoeg met neopotisme aan die orde van die dag.
3. Maintenance word nie gedoen in een jaar nie, maar moet beplan en begroot word oor +-5 jaar siklus.
4. Fondse moet beskikbaar wees vir langtermyn GO’s.
5. Beskikbaar heid van kritieke parte.
6. Maintenance en inspeksies moet GO’s datums ondersteun.

Wees gereed vir loadshedding onbepaald as daar nie nuwe kragstasies gebou gaan word nie omdat te veel stasies/ units reeds end of life bereik het.

Errol ·

Die generators wat me belasting geld gekoop is werk weer oortyd by die “ministers” se luukse huise.

Kokerboom ·

Dit het ek van begin af gesê! Die fiasko sonder enige gevolge vir die man by Tshwane Stadsraad spreek boekdele! Wie bluf vir wie?

Kokerboom ·

Die man het GEEN plan of enige oplossing. Los oplossing vir privaatsektor.

Althes ·

Absoluut geen resultate nie. ANC wil eenvoudig nie glo dat sosialisme en kaderontplooing nie werk nie.

Casper ·

Hoe ken ons hulle,beurtkrag sal voortduur a g v Mantashe,hy moet verwyder word en op ‘n eiland geplaas word met 3 ure krag per dag dan sal hy voel.Beurtkrag sal in totaliteit opgeskort word net so voor die verkiesing en daarna#R^^/=R/ ons weer sodat die dwase weer ANC stem.Hulle kan net by die stembusse verslaan word.

Theunis ·

Die energie krisis is volgens my redenasie die ergste teenoor enige ander krisis omrede dit ‘n negatiewe effek het op alle ander alreeds bestaande krisisse, CR as die president moet dus ophou om die probleem oor te gee aan sy ondergeskiktes en self die verantwoordelikheid neem om die probleem op te los, sou hy dit nie kan behartig nie moet hy tenminste die ordendelikheid hé om terug te staan en die probleem oor te handig aan geskikte mannekrag, defnitief nie aan enige iemand in die ANC nie, maar dan moet sy en die ANC se salaris pakkete ook soortgelyk verminder word.

Pietertjie ·

‘n Jellievis met ‘n ruggraat bly nog steeds ‘n jellievis.

Witbaard ·

As almal gelyke loadshedding gehad het, was die ANC verseker uitgestem in die komende verkiesing.

Papsak ·

Nee en hier kom verkiesing kyk mooi dan word anc weer in gestem hulle doen niks vir die land kyk hoe lyk alles verwoes en hulle sien vooruitsig ag asb agter uitgang pragtig Ramaphosa sit ook hier agter hulle lieg ewe hard

Nie Verbaas ·

Om te hoop dat Ramaphosa ruggraat gaan kry is dieselfde as om te glo dat Cele n vuurtuig wetenskaplike kan word. Ramaphosa en sy nutteloses kon nog in hulle lewe nie n suksesvolle plan maak en uitvoer nie.

annie ·

Cyril wil ook die VN se baas word. Hy is nou weer besig om die probleme tov die Ukraïne op te los. Ramaphoza se rykdom kom van (g)beloftes aan maatskappye as raadslid. En as president is dit al manier wat hy najaag: As jul mildelik gee sal ek sorg dat… Hy glo blykbaar in reïnkarnasie; dat die wêreld hom as Mandela2 ervaar. Die wit bevolking is in ‘n staat van ontkenning; ons skreeu en kla en gee raad asof dit net môre beter sal gaan ná ‘n goeie nagrus en die ANC tot inkeer kom. Dit is jammer dat De Klerk nie die hoogtepunt, die afbrand van die parlement, kon beleef nie. Sy taak volvoer.

Andries ·

Die kar is voor die perde gespan. Die verantwoordelikhede van die minister van elektrisiteit moes eers bepaal word voordat die aanstelling gedoen is en die magte en verantwoordelikhede moes gelyktydig met die aanstelling gepubliseer gewees het.
Soos ek die saak sien lyk dit vir my of hulle nou sukkel om die minister se veranwoordelikhede en magte te bepaal sonder om om by die ander twee ministers se portefeuljes in te meng. As hulle die saak reg hanteer het sou hulle agtergekom het dat daar nie ‘n regverdiging is vir die minister van elektrisiteit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.