‘Lady R’: Inligting oor vrag sal landsveiligheid in gevaar stel

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa weier stééds om meer inligting bekend te maak rakende die vrag wat op die Russiese vragskip Lady R vervoer is.

Ramaphosa het Donderdag tydens ’n vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Raad van Provinsies volgehou dat die bekendmaking van dié inligting die land se veiligheid in gedrang sal bring.

“Die inhoud van die besending wat op die Lady R vervoer is, word geheim gehou om nie die werk of die veiligheid van ons veiligheidsmagte in gevaar te stel nie. Ek het geen voorneme om die werk van die veiligheidsmagte onder enige omstandighede in gevaar te stel nie.”

Ramaphosa het dit egter duidelik gestel dat geen wet oortree is nie. “Geen bewyse is voorgelê wat die paneel se bevindings weerlê nie.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn onafhanklike paneel wat die Lady R se besoek aan Suid-Afrika ondersoek het, het bevind dat daar geen bewyse is om die bewering te steun dat die skip wapens wat vir Rusland bestem is van Suid-Afrika vervoer het nie.

Dít nadat die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, in Mei gesê het dat hy sy lewe daarop sal verwed dat vuurwapens op die Russiese skip vervoer is.

Die paneel het wel bevind dat daar met die Lady R-sage ʼn aantal bepalings oortree is wat verband hou met kommersiële vaartuie wat by Suid-Afrikaanse hawens vasmeer.

Die volledige verslag word egter geheim gehou aangesien dit belangrike militêre operasies kan belemmer en soldate hul lewe kan verloor indien die besonderhede oor watter toerusting afgelaai is, openbaar gemaak word.

Ramaphosa het Donderdag weer daarop gewys dat die Wet op Nasionale Konvensionele Vuurwapenbeheer daarvoor voorsiening maak dat sekere inligting in ’n verslag vertroulik gehou mag word.

Ramaphosa het voorts gesê sy regering het sedert die bekendmaking van die verslag positiewe terugvoer van oral oor ontvang.

“Hulle is baie tevrede met die manier waarop ons hierdie kwessie, wat tot ongelooflike vlakke opgeblaas is om ons land se beeld skade aan te doen, hanteer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

hpven ·

Ramaphosa en sy regime is tans die grootste gevaar vir die land en sy mense!

Wondermaarnet ·

“Cover” maar vir jou kaders se onheilighede! Jy het seker ook weer $ verdien uit die transaksie.

Giel ·

Ek vind dit geweldig interessant… ons tv nuus loo p oor van die oorlog in die ooste tussen Israel en Hammas, en die ongdlooflike skade wat aangerig word, tog verstout ek my as ek sê daar was nog GEEN nuus op my tv van die oorlog in die Ukraine?.?
Het dit dalk te doen met vrinne , Hammas en Rusland?.
Giel

Samuel ·

Daar word steeds gereeld berig oor die oorlog in Oekraïne, maar dit is nou ou nuus en ja, Israel -Palestina is vuurwarm en belangrik vir die ANC regime.

Di ·

Wanneer gaan die spul ophou leuens vertel? Die hele land is gebou op geheime, leuens en verskonings wat GEEN sin maak nie. Hierdie spul Kaders steek SO baie dinge vir ons weg. Tyd het aangebreek dat alles ontbloot moet word, kader aanstellings moet ook oopgevlek word

Mariana ·

Lankal tyd, maar moenie asem ophou nie. Hulle steek baie meer weg as waarop ons voorbereid sal wees.

kragaap ·

Net nog leuens……..weggesteek agter “landsveiligheid” ramaphosa kan nie pinnochio wees nie vir voor die hand liggende redes maar……

Vriendelike Frikkie ·

Nee wat, geen eksterne toerusting kan vir ons veiligheids magte ‘n groter gevaar inhou as hulself nie. Kyk hoeveel SA Weermag soldate is in die laaste paar weke oorlede sonder enige hulp van buite.

Martie Smartie ·

Aaag ASSEBLIEF. Net soos wat dit ‘n geheim is wat op Phala Phala gebeur het en DAAR ook geen wet oortree is nie. En die publiek moet jou glo? Jy is ‘n skande man! Jy en Zuma is voëls van eenderse vere! Net soos wat jy 8 jaar sy adjunk was en nog langer saam hom gewerk het en jy het niks van staatskaping geweet nie – rerig! En ja, die deel vd bevolking wat jou aan bewind hou, glo jou sekerlik. Nie die res van ons nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Seker missiele vir Hamas. Nou is Ramaphosa bang vir Israel.

Frikkels ·

Wie is die ” hulle” wat so tevrede is? Is dit nou die kaders of is dit nou die russe?

Pierre ·

gegewe die laaste paar maande se nuus is die veiligheidsmagte hulle eie grootste vyand

Dirk ·

Julle, ANC wat ‘n kriminele organisasie is, het klaar die land se veiligheid gebreek. Julle stel die land en sy ware burgers ingevaar.

CHRISTINE ·

Dit is die eerste keer wat die persoon sin praat in 3 jaar.
Met die kriminele los, sal ek ook niks se nie.

Pieter ·

Mnr. Wat ons regtig vir julle se is dat ons julle glad nie vertrou nie, nie een woord wat uit jou mond kom vertrou ek nie… As jy uit hang saam die duiwel kan jy nie vertrou word nie. Ook, as ons kyk na julle dade, vertrou ons julle nie… So m.a.w daar waar vuurtjie is… bly staan want die volle waarheid is nie bekend nie…

Oosieoos ·

Gorrel alweer klomp jy weet wat soos gewoonlik. Glo niks uit sy mond

bolletjie blom ·

Is omdat hulle met die mafia deurmekaar is en as hy enigsins iets së dan is hy mos ‘n whistle blower en moet hy heeldag oor sy skouer loer.

Jaco ·

“Die volledige verslag word egter geheim gehou aangesien dit belangrike militêre operasies kan belemmer en soldate hul lewe kan verloor indien die besonderhede oor watter toerusting afgelaai is, openbaar gemaak word.”

Is dit ons operasies/soldate wat ter sprake is of is dit die een of ander buitelandse weermag wat beskerm word?

Dirk ·

Julle, ANC wat ‘n kriminele organisasie is, het klaar die land se veiligheid gebreek. Julle stel die land en sy ware burgers ingevaar.

KB ·

Wragtag nè. Jou skelm w…
Jy is ʼn groter gevaar vir die land se veiligheid.

Marthinus Johannes ·

Ha ha ha ha, nog nooit groter tjol of grap gehoor nie. Grootste lieg storie ooit

Vonkprop ·

Siestog, het hulle nog ‘n paar rusbanke op die skip gehad wat hulle op jou plaas moes kom aflaai wat jy graag wil geheim hou?

domheks ·

Haai CR, het jy gesien JHB se geboue is verlig vir ISRAEL? Wonder hoekom in jou land?

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat hier in die Kaap gebeur is die “Kaapses” se saak. Buitestanders moet liewers neutraal bly en oor ander sake praat.

Pieter francois ·

Ramaposa die veiligheids magte is hulle eie grootste vyand

Heinrich ·

Bull-twang. Die enigste rede hoekom hy nie kan sê nie is dat die bekendmaking van dié inligting die ANC se ware kleure en gebrek aan integriteit in gedrang sal bring.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Waarom, o’ waarom toon president Ramaphosa nie ware staatsmanskap deur die leiers van die 3 grootste opposisie partye uit te nooi en die inligting met hulle te deel onderhewig dat hulle nie die inligting uitlek nie? Immers hulle al vier stel SA en sy sekerheid eers of nie? Die burgery het rede om Ramaphosa nie te vertrou nie.

Amelia ·

my persoonlike opinie ons nie wapens aan rus land gegee verkoop of wt ook al nie nee hul het wapens aan ons verkoop in ruil vir goud

Skadu ·

Ek dink nie sy lieg nie.
Ek dink hulle het eerder “dit wat hulle nie hardop wil erken nie” afgelaai.

Mariana ·

Deur sy weiering beteken dit mos dan ook dat daar tog iets was om weg te steek. Maar ja dis mos die Russe en die ANC is mos maatjies met hulle. Dis maar altyd leuens en bedrog.

Andre ·

…vergeet maar van díe sage.
Daardie goed wat namens die Regering uitgeneem is op die skip, is nie vir ek en jy se oë bedoel nie!
Onthou, hulle aftreedag kom nou nader.Hulle moet sorg!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.