Lae damvlakke noop nog beurtkrag

Fase 4-beurtkrag duur voort tot Saterdagoggend om 05:00. (Foto: Maroela Media)

Fase 4-beurtkrag duur voort tot Saterdagoggend om 05:00 om Eskom kans te gee om lae damvlakke aan te vul. Fase 3 sal dan ingestel word en na verwagting tot Maandagoggend om 05:00 voortduur.

Die kragvoorsiener het Donderdag in ʼn verklaring gesê die vragskip wat diesel vandeesweek moes aflewer om noodreserwes aan te vul, het by PetroSA se fasiliteit in Mosselbaai vasgemeer.

Die brandstof sal deur die loop van die naweek na die Gourikwa en Ankerlig-oopsiklusgasturbines versend en na verwagting Maandag aangevul word.

Maroela Media het vroeër berig dat Eskom uitdagings met diesel van sy verskaffer ervaar het, wat beperkings op die beskikbaarheid van diesel in grootmaat vir dié oopsiklusgasturbines geplaas het.

Die kragvoorsiener se pompopgaarskemas, wat ook noodkrag verskaf, moet oor die naweek aangevul word. Eskom het die afgelope ruk grootliks op dié pompopgaarskemas staatgemaak om opwekkingskapasiteit aan te vul.

Eskom sê die eerste eenheid van die Camden-kragstasie sal teen die naweek herstel wees, terwyl die res van die sewe eenhede oor die volgende tien dae herstel sal word. Dit volg nadat dié steenkoolkragstasie in sy geheel weens waterbesoedeling afgeskakel moes word. ʼn Opwekkingseenheid by die Kriel-kragstasie moes ook herstel word.

Altesaam 5 206 MW word tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl 15 862 MW weens onbeplande probleme nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Martin ·

Hulle (Eskom) sal alles en almal blameer behalwe hulself. Hulle PR afdeling het te veel flou verskonings.

Leon ·

Geen rede om ons in kennis te stel dat jul onbevoeg is om jul werk te doen ons besef en weet dit

Antie Sarie ·

Een of ander tyd gaan hul uit verskonings hardloop. Sal seker weer van voor af begin dan.

Jacobus ·

Hoekom is die water besoedel? Is dit dalk sabotasie? Die ANC is mos n klomp terroriste so hulle weet van saboteer as dinge nie na hulle sin loop nie. Sterkte Andre de Ruyter en Jan Oberholzer julle doen julle bes onder baie moeilike omstandighede.

Jacobus ·

Wie sou jy voorstel om by hulle oor te vat wat beter kan doen? As jy nie iemand het nie hou jou kommentaar vir jouself.

MakersMark ·

Doen hul bes om die probleem te verduidelik. En dis waar dit eindig.

Marius ·

Dank die wat te sleg is om hulle werk te doen net af dan kan ons weer met n normale lewe aangaan.

MakersMark ·

Elke dag ‘n nuwe storie. En die bestuur is net posbusse wat die slegte nuus vanaf die maatskappy oordra na die publiek. En as hul iets doen selfs so basies soos water of diesel vlakke aanvul is dit nuus ! Daar is sekeres wat miljoene per jaar verdien vir dit. Enige ander plek in die wêreld sou dit nie geduld word nie.

Keelvol ·

7.5 miljoen per jaar en dan speel ons deesdae bietjie viktim.

MakersMark ·

Stem saam. Die huidige opwekkings eenhede en verkaffings kettings moet werk nie dagdroompies van hernubare energie en biljoene Rande se kapitaal wat eers oor 10 jaar kapasiteit sal bereik nie.

Mariana ·

So dis nou diesel in stormsee, watervlakke en sabotasie wat so hand aan hand loop. Eskom is op ‘n pad van geen terugkeer.

Jaco ·

Erg duur ingevoerde diesel teenoor goedkoop plaaslike steenkool. Iets groots maak nie sin nie, of mis ek iets???

Peter ·

O hemel, nee wragtig. Die sirkus is nie nou meer snaaks nie, die clowns het oorgeneem.

Marcello ·

Dit is nie verskonings nie, maar hoe verwag die publiek moet die probleme oornag opgelos word. Andre en sy span doen wat hulle kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.