Laerskoolleerder buite skool vermoor

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Laerskoolleerder is Woensdag op pad hospitaal toe dood nadat ʼn medeleerder hom na bewering buite die Zama-laerskool op Zastron in die Vrystaat met ʼn mes gesteek het.

Die noodlottige voorval kom nadat die beweerde moordenaar al vroeër dieselfde dag aangesê is om huis toe te gaan, nadat daar ʼn onderonsie tussen die twee gr. 6-leerders uitgebreek het.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sê ʼn bakleiery het Woensdagoggend tussen die twee seuns by die skool uitgebreek nadat een van die leerders glo die ander een geboelie en met ʼn lepel probeer steek het.

“Die skoolhoof het die beweerde boelie opdrag gegee om huis toe te gaan en sy ouers skool toe te laat kom, maar hy het eerder met ʼn mes teruggekom waarmee hy die ander leerder glo in die bors gesteek het,” sê Ndaba.

Die voorval het om 14:30 buite die skoolterrein plaasgevind.

Een van die onderwysers het inderhaas die gewonde leerder in haar motor gelaai, maar op pad hospitaal toe het hy aan sy beserings beswyk.

Die verdagte het aanvanklik van die toneel gevlug, maar is later deur lede van die gemeenskap aan die polisie oorhandig.

Dr. Tate Makgoe, LUR vir onderwys in die provinsie, het sy skok oor die voorval en die relatiewe jong ouderdom van die verdagte en slagoffer uitgespreek.

“Ons veroordeel hierdie gewelddadige gedrag wat tot die dood van ʼn leerder, glo aan die hand van ʼn medeleerder, gelei het ten sterkste. Dit is absoluut onaanvaarbaar,” het hy gesê.

“Die skool se beheerliggaam moet hierdie voorval ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen die oortreder doen.

“Ons wil ook ons innige meegevoel met die familie van die oorledene betuig.”

Amptenare van die departement sal na verwagting vandag die skool besoek om berading aan leerders, onderwysers en die ouers van die oorledene te gee.

Die polisie is ook reeds besig om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Twallie ·

Die kinders sien die gedrag in die townships waar dit die norm is, en dink dis hoe konflik hanteer moet word.

Dis tragies as ‘n kind sterf agv so ‘n onbesonne daad.

Witbaard ·

Hulle weet nie van beter nie, want dis die voorbeeld wat daar vir hulle gestel word. En daar is geen verantwoordbaarheid nie.

Jack ·

Ja dit is hoe die kinders sien konflik hanteer word.Die voorbeeld word deur die ouers gestel.In die townships gaan alles .Die kind is graad 6 ? 10-11 jaar oud ?

maakniesaaknie ·

Ek sal ook graag wil weet hoe oud die kinders was, want deesdae praat hulle matriek leerlinge wat aanjaag en dan later kom dit uit dat van daai leerlinge 20 en op is.

Marius ·

Die LUR is geskok ??? Hoekom is hy geskok as dit die norm is en daar geen disipline is nie.
Bring lyfstraf terug op skool en sien daar , meer respek vir onderwysers en mede leerders.
Dit is nie wetenskap nie , net “common sense”.

Misky ·

Ek vra nederig omverskoning en ek eintlik die ou standerd 4 ingedagte gehad toe ons nog op skool was en maniere gehad het. Eintlik nie veel van ‘n verskil nie en steeds ontstellend.

AmY ·

Klink of hy die moord beplan het?
Gaan huis toe, gaan kry ‘n mes, kom terug en vermoor sy mede-leerder.
Of verstaan ek dit verkeerd?
Hy het nou sy lewe weggegooi.

Sarel ·

Die Ouers moes die mannetjie by die skool kom haal het dan was lewe dalk gespaar.
Dit op plek sois Zastron .?

VaalDonkie ·

Ek dink nie die ouers is die tipe wat gou vinnig kan uitglip by die werk en skool toe ry nie.

VaalDonkie ·

My kind sal privaatskool toe al moet ons hele gesin in ‘n klein woonstelletjie bly en ‘n ou kar ry om dit te kan bekostig.

Manie ·

Stem saam, ek sal my laaste pensioengeld gebruik om te help betaal, maar my kleinkinders sal na privaat skole gaan, nie dat dit enigsins enige waarborg inhou nie…

De Villiers ·

Ek is glad nie geskok oor die gedrag van die kinders nie aangesien dit die gedrag is wat hulle elke dag van hulle lewens by hulle ouers en lede van hulle gemeenskap sien.

Porseleintjie ·

Eerstens kan die ouderdom vd moordenaar seker tot op 16jr wees. Tweedens, die beheerliggaam moet dissiplinere stappe teen die skuldige neem? Hierdie is n moordenaar ter sprake en die gereg moet oorneem. Bygese as daar so iets nog in die land is.

VaalDonkie ·

In graad 7 toe seg een outjie vir my hy gaan sy broer in graad 8 kry om my te kom regsien. Ek seg toe ek is nie bang vir ‘n graad 8 nie, hy kan maar kom. Maar toe hy daar by die laerskool opdaag, is hy al 17 jaar oud en gebou soos ‘n gorilla. Seg ek toe maar ek is baie jammer ek sal nie weer nie.

VaalDonkie ·

Ek’s bly JY dink dis snaaks. Ek was bang hoor! Ek meen, as jy 17 in gr8 is, is jy nie ‘n boekwurm met dun armpies nie!

domheks ·

Bring die rottang terug! Dissipline moet by die huis begin. Maar as dit nie daar toegepas word nie moet die onderwyser/hoof by die skool ‘n paar lesse gee. Dit is al wat ons land se jeug gaan red!

Jenny ·

Die skool moet die nodige dissiplinêre stappe teen die oortreder doen? Die kind het ‘n ander kind se lewe geneem, hy moet uit die samelewing verwyder word en sy ouers moet ook verantwoordelik gehou word vir hierdie verskriklike daad! So jammer vir die familie wat hul kind verloor het.

Martie ·

Ek het op ‘n ander nuus platform gesien die kind was 14 wat die ander een met ‘n mes gesteek het,

Gert ·

As hy 14 is is hy mos nie vervolgbaar nie maar as die saak 2 jaar sloer kan hy vervolg word as hy 16 is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.