Liggaam van vermiste maatskaplike werker gevind

Jessica Michael. (Foto: Facebook / Woman for Change)

Die liggaam van ʼn vermiste maatskaplike werker is Maandag by die Kalkfontein-damwal naby Koffiefontein in die Vrystaat gevind.

Volgens die polisie word geen vuilspel in dié stadium in Jessica Michael (28) se dood vermoed nie.

Michael, wat by die provinsiale departement van maatskaplike diens gewerk het, is op 6 Desember om 15:30 as vermis aangemeld nadat sy nie by die werk opgedaag het nie.

“By nadere ondersoek is daar vasgestel dat sy haar baba [op 6 Desember] by haar ma se huis afgelaai het, maar nooit ná werk teruggekeer het om die dogtertjie op te laai nie,” het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, gesê.

“Sy [Michael] is opgemerk waar sy alleen in die rigting van die dam gery het.”

Volgens Makhele het die polisie ʼn soektog van stapel gestuur en Michael se voertuig by die damwal gevind. Sy was egter nêrens te sien nie.

“Niks was uit haar voertuig vermis nie en haar selfoon en handsak was steeds binne.”

Makhele sê Michael se liggaam is Maandag in vlak water aan die ander kant van die damwal gevind as waar haar voertuig opgemerk is.

ʼn Nadoodse ondersoek is tans onderweg.

“Geen vuilspel word in dié stadium vermoed nie en die ondersoek duur voort.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sê maar net ·

So, so hartseer. Mag die Here haar geliefdes vertroos. Nou moet haar baba sonder ‘n mamma grootword.

Anonymouse ·

PPD is iets wat heeltemal te ligtelik opgeneem word, en waarvoor ons nie baie hulpbronne in die land het nie. Ek was self daardeur, en dit was uiterse hel gewees.

Delia ·

So n pragtige glimlag. So jammer die lewe het vir jou te veel geword.

Karoo ·

Ai jong dame, so ‘n oop gesiggie en pragtige glimlag. Dit kon nie vir jou’ n maklike besluit gewees het nie, dis so teen die natuur. Sterkte aan die Michael familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.