Limpopo-LUR ernstig in ongeluk beseer

Nandi Ndalane. (Foto: Department of Social Development Limpopo/Facebook)

Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo is Woensdag ernstig beseer toe sy in ʼn motorongeluk op die R511 by Thabazimbi betrokke was.

Adele van der Linde, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het Woensdagmiddag bevestig dat Nandi Ndalane (59), haar motorbestuurder en ʼn lyfwag in ʼn ongeluk betrokke was.

Ndalane het ernstige beserings opgedoen terwyl die ander insittendes vir matige tot geringe beserings behandel is.

“Die LUR, haar motorbestuurder en lyfwag is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” sê sy.

“Hulle sal vir die volgende 24 uur fyn dopgehou word.”

Volgens Van der Linde het Ndalane se lyfwag haar op amptelike departementele verpligtinge vergesel toe die ongeluk om 07:30 plaasgevind het.

Voorlopige inligting dui daarop dat die bestuurder van die BMW X4 waarin hulle gery het, beheer oor die voertuig verloor en die motor gerol het.

Tidimalo Chuene, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Dit is nie bekend of ander voertuie by die ongeluk betrokke was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Zandra ·

as die regering maar weet hoe die pad na Thaba toe lyk sal niemand hoef kop te krap
ry ‘n pothole mis en wen ‘n prys

Harley Davidson ·

Regering is iemand wat mense regeer en na sy mense se basiese regte en behoeftes omsien ,hierdie is nie ‘n regering nie.

Fritz ·

Ander padgebruikers gee pad vir die blouligte maar ongelukkig gee slaggate en draaie nie pad nie!

Antjiese5c ·

Mag jul gou herstel van jul ongeluk mevrou. Dit gaan my verstand te bowe dat mense so gevoelloos en koud geword het teenoor ons medemens. Maak nie saak die rede vir die ongeluk nie, die mense het niemand leed aan gedoen nie en was oppad na werks verpligtinge en nie een kommentaar wens haar beterskap toe nie. Ons almal weet ons land is in sy maai in, krag, potholes, korrupsie en en en maar nie elke persoon wat in die institusie werk is korrup nie en nie elke persoon in ons land is teen ander rasse nie. Dalk is dit tyd dat ons die ras kaart bietjie los en saam goed teen sleg opstaan vir n change. kom ons wees beter in 2023 mense

Christine ·

Niks te doen met die raskaart nie, maar eerder met roekelose bestuur wat wel ander se lewens in gevaar kon stel, onskuldiges wat van voor aangekom het. Geen wonder hulle leer nie uit hul foute nie, want hul dink die paaie behoort aan hulle en dat hul nie die padreels hoef toe te pas.nie, plus hulle redeneer ‘dat hulle mos niemand leed aangedoen het nie’!!!!! Kaf man!!!!! Jy mis die punt!

Marina ·

Spoed, niks anders as spoed nie, en geen nakom van enige padreels

Eugene ·

Seker gejaag Soos gewoonlik of lisensie gekoop. Voel nie jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.