Ma en dogter van Potch al weke lank vermis

Carmen Noble en haar dogter Chailynn van Rensburg (Foto’s: Verskaf)

ʼn Ma en dogter van Potchefstroom word al drie weke lank vermis en die polisie het die gemeenskap se hulp versoek met hul soektog.

Daar word al sedert 21 Maart na Carmen Noble (41) en haar 14-jarige dogter, Chailynn van Rensburg, gesoek, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê. Hulle woon in Jeugdstraat in Potchefstroom.

“Volgens inligting wat ontvang is, het Chailynn se pa, wat oorsee gewerk het, op Donderdag 21 Maart terug in Potchefstroom aangekom, maar hy kon nie die ma of dogter opspoor nie. ’n Soektog en uitgebreide ondersoeke het gevolg, maar sonder sukses.”

Myburgh het gesê dit is nie bekend watter klere die ma en dogter ten tyde van hul verdwyning aangehad het nie.

“Noble is lig van gelaat met blou oë. Sy is klein gebou en sowat 1,62 m lank met kort, swart hare. Chailynn is ook lig van gelaat met bruin oë en dra ʼn bril. Sy is ook klein gebou en sowat 1,63 m lank met donkerbruin hare.”

Enigiemand met inligting oor waar die ma en dogter hul moontlik bevind, word versoek om die Potchefstroom-speurtak te kontak op 082 411 2571 of Stop Misdaad op 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Natalie ·

ek wil graag weet wanneer die pa laas met hulle gepraat het. En wanneer laas was hulle gesien deur iemand. Dan weet ons ten minste of dit n ontvoering kan wees of kon hulle dalm weg gehardloop het voor die pa terugkeer

Casper ·

Hoekom verdwyn hulle so kort voor die man se terugkeer van oorsee.Wat is in die huis gevind.was daar bloedvlekke of tekens van ‘n struweling.Word ‘n voertuig vermis.Ek is nie ‘n Kenner op hierdie gebied nie en besieged maar net maar ek twyfel of hier vuilspel betrokke is.

Hazel Dean ·

En die publiek hoor nóú eers hiervan? Só baie vermiste mense deesdae… baie tragies

Aai ·

Hazel ek glo die polisie het dit as persoonlike redes hanteer in die begin maar glo dalk nou iets anderste fout.

Papsak ·

Hoop hulle gaan veilig terug gevind word sterkte polisie doen nie hulle werk nie nou moet publiek help dit is swak ,?????

Leeubekkie ·

Mmmm. Op dieselfde dag wat die man terugkom, is hulle net weg. Vreemd….Hoop hulle is veilig. Wanneer laas het hy met hulle gepraat? Sal dalk lig op die saak werp.

Alida ·

Leeubekkie, miskien het iemand (die pa) eers agtergekom dat hulle weg is toe hy terugkeer. Hulle het dalk al ‘n week of ‘n maand voor dit verdwyn. Wanneer was die kind laas in die skool?

Surfer ·

Natalie, ek dink jy slaan die spyker op sy kop met jou laaste stelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.