ʼn 20-jarige vrou van Letsitele buite Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat sy glo haar 20 maande oue baba verwurg en in ʼn puttoilet gegooi het.
“Die polisie is Donderdagaand na die toneel ontbied toe inwoners die baba in die puttoilet hoor huil het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Xitsunduxo Baloyi was ongelukkig reeds dood toe die polisie daarin kon slaag om haar uit die koue, stinkende put te haal.”
Die werklose ma van twee kinders, het Baloyi glo verwurg en haar in die puttoilet gegooi omdat sy gedink het sy is dood. “Sy is dadelik in hegtenis geneem en van moord aangekla,” het Mulaudzi gesê.
Die vrou sal na verwagting Maandag in die Ritavi-landdroshof verskyn.
Ek is STEEDS sprakeloos.
Dis moord is nadat ‘n baba gebore is, maar nie moord wanneer die baba voor geboorte vermoor word nie. Vreemd.
Stem saam.
Dis vreesaanjaend om van al Die geweld te lees.Wat gaan aan met hierdie samelewing.Wat dryf jou daartoe om jou babA te verwurg?Dis moord op byna elke berig en oral in die wereld is ma en pa s wat hul kinders vermoor?Ons mensdom is in die moeilikheid.
Stem saam jou Emile.
Siek! Dis wat. Die arme baba’s het nie gevra om daar te wees nie. Julle is maar te gewillig om julle bene oop te maak. Kom net by in die lewe!!