Maatskaplike toelae: Gautengse departement moet verslag voorlê

Die Gauteng se premier Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling moet op 5 Mei ʼn omvattende plan aan die provinsiale portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling voorlê wat die provinsie se begroting vir die finansiering van nieregeringsorganisasies (NRO’s) duidelik uiteensit.

Dit sluit persentasieverhogings en tydlyne in.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn herrie sedert verlede week woed nadat NRO’s hul nuwe diensvlakooreenkomste van die departement ontvang het en dit bepaal het dat ʼn groot deel van hul toelae besnoei word.

Die Gautengse regering het sedertdien ʼn ommeswaai gemaak en aangekondig dat die jongste begroting vir NRO’s wat maatskaplike dienste lewer, heroorweeg sal word.

Die protefeuljekomitee sal volgende week met die departement vergader en sê dat die departement sy jaarlikse prestasieplan sal moet hersien om te strook met die hersiening vir die portefeuljekomitee sodat dié komitee ʼn behoorlike oorsigrol kan uitoefen.

“Dit is noodsaaklik dat die portefeuljekomitee geken word in die maatreëls wat die departement in dié verband instel. NRO’s is die hart van die regering se mandaat en doelwitte in die maatskaplike dienstesektor, soos deur die premier [Panyaza Lesufi] tydens sy provinsiale rede benadruk,” het dr. Nomathemba Mokgethi, voorsitter van die komitee, gesê.

“Daarom moet diensvlakooreenkomste herevalueer word om die kontinuïteit van die [maatskaplike dienste-] sektor te verseker.”

Die komitee sê hy sal die departement se prosesse fyn dophou om te verseker dat die korrekte finansiering aan die korrekte NRO’s toegeken word.

Die VF Plus het vroeër al aangedui dat die party ʼn klagte by die Menseregtekommissie hieroor gaan indien, onder meer oor die grondwetlikheid van die besluit om die maatskaplike finansiering in die eerste plek te besnoei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Hulle is so agter met uitbetalimg.van toelaes wonder of hy weet.
Wie se familie gaan voordeel trek uit sy besluit

domheks ·

Ou lesoufie maak nes hy wil, gaan laai al die kinders, gestremdes en oumensies by sy huis af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.