Maatskaplike toelae styg met 5%

(Foto: Eduardo Barrios / Unsplash)

Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag aangekondig dat maatskaplike toelae in die volgende boekjaar met minstens 5% sal styg.

Altesaam R66 miljard sal op mediumtermyn aan maatskaplike ontwikkeling toegewys word, waarvan R36 miljard gebruik sal word om die verlenging van die Covid-19‑ maatskaplike noodtoelae tot 31 Maart 2024 te finansier.

Die oorblywende R30 miljard sal gebruik word vir inflasiegekoppelde verhogings van ander maatskaplike toelaes.

Maatskaplike toelaes sal onder meer soos volg verhoog:

  • Ouderdoms- en ongeskiktheidstoelae sal op 1 April met R90 styg, en met ʼn verdere R10 op 1 Oktober. Dit sal dié toelae op R2 085 te staan bring.
  • Kinderonderhoudstoelae sal op 1 Oktober van R480 tot R505 styg, terwyl die pleegsorgtoelae in dieselfde tyd van R1 070 tot R1 125 sal verhoog.
  • Toelaes vir oorlogsveterane sal van R2 005 tot sowat R2 105 verhoog word.

Begrotingsdokumente van die nasionale tesourie dui aan dat hoewel die Covid‑19- maatskaplike noodtoelae sal voortduur, die regering tans opsies oorweeg om alternatiewe maatskaplike beskerming aan diegene wat dit ontvang, te bied.

Godongwane het voorts gesê dat R23 miljard en R22 miljard onderskeidelik aan gesondheid‑ en basiese onderrigdienste toegewys sal word. Dit is om ʼn tekort in vergoedingsbegrotings te dek en dienste te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Errol ·

Daar is miljoene ou mense wat regtig sukkel. Hulle hoort baie meer as n’ 5% verhoging te kry.

Amelia ·

Elke persoon wat die Covic toelaag kry het hul werklik hul werk verloor Nee meeste van hul weet nie eers hoe om werk te spel nie Daar is dan kinders wet op skool was wat die geld ontvang het Mense wat werk wat covid geld sowel as kinder toelae ontvang Nee wat dit moenie Covid toelaag heet nie maar nie lus vir werk nie beter gepas Gee eerder vir die wat oud is en n werklike gebrek het Die kinder toelaag moet ook wegval Jy moet mos weet of jy vir kinder kan sorg of nie Ek praat nie van mense wie die broodwiner vermoor is nie Ek praat van die wat net kinders het vir toelaag en in elk geval nie op kinders spandeer nie maar eerder op sigerette drank grimeering ens

Elmarie ·

Ek het geen idee hoe die arme ou mense met so min moet probeer uitkom nie. En nou vra ek, hier in Februarie, aan elkeen wat hier lees, dink oor die Kerstyd veral (wel, deur die jaar, maar veral dan!) aan ons oues. so baie organisasies vra vir kersgeskenke vir kinders en ja, dis ook goed maar dink asb aan die ou mense en help waar daar insamelings van kerspakkies is vir hulle. Gooi ‘n paar ekstra sepies en goedjies elke maand in jou trollie en gaan lewer af by jou naaste ouetehuis. Elkeen kan ‘n BIETJIE help en so maak mens ‘n verskil!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.