Madonsela getuig nou wel in OB-ondersoek

Prof. Thuli Madonsela (Foto: Universiteit Stellenbosch)

Die parlement se artikel 194-komitee, wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer, sal Maandag die getuienis van haar voorganger Thuli Madonsela aanhoor.

Dit volg na korrespondensie deur Qubudile Dyantyi, komiteevoorsitter, gisteraand aan Mkhwebane se regspan waarin hy die komitee se aanbod herhaal het om die getuienis óf oor die naweek óf vroeg volgende week aan te hoor.

Adv. Dali Mpofu het gister gesê dat die OB se regspan nie van plan is om die getuienis van Madonsela te lei nie, aangesien sy nie hul getuie was nie en hy nie met haar gekonsulteer het nie.

Getuienisleier adv. Nazreen Bawa het gesê dat Madonsela se teenwoordigheid by die verhore kom ná ’n versoek deur die OB se regspan om haar te laat dagvaar en op grond daarvan is sy dus ’n getuie van die OB.

Die komitee het toe besluit dat indien nie een van die partye bereid is om eienaarskap van die getuienis te neem nie, Madonsela se verklaring gebruik sal word sonder om mondelinge getuienis aan te hoor.

Dyantyi het gesê die nuwe datum sal die OB se regspan egter ’n geleentheid gee om die getuienis van Madonsela Maandag en Dinsdag te lei. Hy het aan die einde van gister se sitting aangekondig dat die OB se regspan die aanbod aanvaar het en Madonsela se getuienis volgende week aangehoor sal word.

Madonsela was vroeër die week gereed om te getuig, maar is toe nie geroep nie nadat daar onsekerheid was oor wie haar eerste sou ondervra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ES ·

Sy getuig in die staat se belang. Sy is amicus curae vir die kommissie.

Prikkie ·

Dankie ES – daai latynse woorde gooi my hoor, maar ek glo sy sal die waarheid dien.

ES ·

Doodreg Prikkie, dit beteken vriend van die hof (of in die geval, die staat). Groetnis.

kaplyn ·

Haar dogter is betrokke by die eff en wat my aanbetref ‘n groot NEE vir mandosela as president.

Casper ·

Sy is deur die OB gedagvaar maar dit is dubbelsinnig.Gaan sy vir die OB kantoor getuig of vir Mkhwebane.

Casper ·

Dit maak nou sin.Diali Moofu namens Mkhwebane gaan haar nie ondervra nie so gaan sy dus teen die OB getuig.

Kokerboom ·

Die OB saak is ‘n klugspel, vermorsing van belastingbetalersgeld, tekenend van ANC onvermoeë om verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te aanvaar en seëviering van totale onbevoegdheid.
Stert swaai hond!

ES ·

Adv Dali Mpofu is ‘n grap van ‘n mannetjie in die regslui. Ek kan hom nie vat nie.

Prikkie ·

Hoe het hy ‘n SC geword? Dit is my kwelvraag.

Dit is ook net in die regte waar jy so-iets teekom. Jy kry nie senior professionele ingenieurs of senior professionele landmeters nie. Selfs algemene (mediese) praktisyns is net dit, nie senior algemene praktisyn nie.

Gee daar vir ons ‘n bietjie meer lig op die onderwerp asseblief ES.

Watsenaam ·

Spin a Coin. Trek looitjies of wat ookal, maar laat die edele vrou getuug. “get on with it”. Watse klomp snert is die?

Jr ·

Shhh ek hoor die slang in die gras, maar sien hom nog nie. Mpoofi het gesê hy wil hê sy moet skyn en gehoop sy gaan nie, maar nou dat sy in lewende lyf daar is, is sy skielik n dreiging vir hulle en nou nie hulle getuienis. Lafaard. NOG ‘N SAAK WAT HY GAAN VERLOOR. NOG NET EEN VAN DUISENDE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.