Makwarela bedank

Dr. Murunwa Makwarela. (Foto: Twitter)

Die nuut aangestelde burgemeester van Tshwane, dr. Murunwa Makwarela, het Vrydagmiddag bedank.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die rehabilitasiesertifikaat wat hy ingedien het, vervals is.

Die Pretoriase hooggeregshof het Vrydagoggend gesê daar is nóóit ʼn sertifikaat uitgereik wat verklaar dat Makwarela gerehabiliteer is nadat hy in 2016 insolvent verklaar is nie.

Cope in die Tshwane-streek het Makwarela se bedanking aanvaar.

In die lig van die hof se besluit het die party besluit om Makwarela te onttrek aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) as verteenwoordiger van die party en raadslid van die Tshwane-metro.

Sekere prosesse sal nou gevolg word vir die verwydering van Makwarela uit sy amp en die aanstelling van ʼn geskikte kandidaat wat die leisels by Makwarela sal oorneem.

“Ons wens Makwarela sterkte toe en bedank hom vir die diens wat hy vir die party en Cope-gemeenskap gelewer het,” sê die party.

Maroela Media het vroeër berig die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se hulp sal ingeroep word aangesien dit voorkom dat die sertifikaat wat vandeesweek by die Stad Tshwane ingedien is, moontlik vervals is.

Verteenwoordigers van die veelpartykoalisie in Tshwane het ook reeds aangedui dat hulle strafregtelike aanklagte teen Makwarela sal indien, in die lig van bewerings dat Makwarela bewustelik vervalste en bedrieglike dokumentasie aan die Stad Tshwane verskaf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

domheks ·

Kry Cope se mense nie skaam nie? Of is dit maar ‘n algemene verskynsel? Kla die man aan, hy moet die gevolge voel! Lieg kom te veer kere voor in die nuwe SA

Johann ·

Bedank hom vir sy diens? Sê ALS van COPE self. Hyt Hof Dokumente VERVALS en aanhou lieg oor dit! Hoop hy word toegesluit

Pietertjie ·

Soos ek al telkemale gesê het: Rooi ANC, geel ANC, blou ANC, watter kleure nóg?

Chavonne ·

is hy nie nou veronderstel om vervolg te word agv die valse inligting wat hy verskaf het nie? sou ek dit doen het ek seker reeds met my donkie in die tronk gesit

pamela ·

Ne? Ek het gedink daar is ‘n slang in die gras. Was net vir my te vinnig om eweskielik dit uit ‘n laai te gaan haal.

Lourens ·

Maroela: ek sou ophou om na hom te verwys as “dr” tot tyd en wyl daardie kwalifikasie bevestig is.

Strandloper ·

Darem effe van n inbors, ramaphosa volg sy voorbeeld as jy eenige trots het…

Pimento ·

Daar van slim sy baas. Danksy VF Plus vernuf is die sogenaamde Cope Speaker wie oornag met ‘n gekonkel Burgermeester van Tshwane word nadat hy deur die ANC en EFF daartoe verkies was, poog toe om met ‘n sertifikaatjie te wys dat hy wel gerehabiliteer was. Sy poginkie het toe nie so wel afgegaan nie. Dankie aan Dr. Cornè Mulder en sy span. Die man het as speaker van Tshwane ‘n heel skaflike salaris gekry en niemand het van sy geheime geweet nie. Toe raak slim gulsig en verraai die koalisie en loop oor na die ANC en EFF toe en siedaar. Nou gaan hy huis toe met niks behalwe ‘n kriminele klagte en natuurlik heer moontlik ‘n siviele eis vir die geld wat hy onregmatig ontvang het.

Delia ·

N pak klere, n das en n sy sakdoekie wat by die das pas, maak nie van jou n eerbare man nie.

Johann ·

En verrassing!!!!! Nou speel hy die ras kaart!!!!!! Kamptig word hy geteiken as “black african man”? Jys ‘n SKELM KORRUPTE LEUNAAR. Wat Hof dokumente VERVALS HET! En daaroor LIEG!

Johann ·

Gaan kyk na die “dokument”. Spel sy eie naam verkeerd. So ewe ‘n “border” uit Word Art. Hoofopskrif REHABILATOTION. Regter se naam een van iemand wat nie ‘n regter was toe hy geREHAB is nie..en en en en. Sotlik onbevoegd.

JohanR ·

Is daar geen skaamte of bloos nie? Probeer verneuk en is uit gevang. Kan mens hom ‘n “weekend special” burgermeester noem?

Bulkalf ·

Ek het dit verwag, ek’s dalk n aap maar ek is n ou aap.

Althes ·

Dis ñ skande hoe mense eenvoudig in poste aangestel word en korrup en vals is. Watter burger sal nog respek hê vir die politici?

Sê maar net ·

I knew something was wrong with this whole picture! Ons is nie onder kalkoene uitgebroei nie. Hou hom asb tog nou daaruit!!!
Ek is al so keelvol vir hierdie korrupte staatsdiens…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.