Malema, Snyman eers dan in hof

EFF-leier Julius Malema. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

Die saak teen EFF-leier Julius Malema en Adriaan Snyman sal vandag uitgestel word weens die afsonderingstydperk se regulasies.

Malema en Snyman is veronderstel om vandag in die Oos-Londense streekhof te verskyn, maar die saak sal in hul afwesigheid uitgestel word.

Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sal die saak tot 16 Julie uitgestel word.

“Die regulasies verbied interprovinsiale reis behalwe vir noodsaaklike dienste. Malema en Snyman woon nie in die Oos-Kaap nie.”

Malema en Snyman staan tereg op vyf aanklagte wat verband hou met Malema se beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018. Die klagte behels die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied of openbare plek, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die roekelose bedreiging van mense en eiendom.

Snyman het die vuurwapen glo vir Malema aangegee voordat dit afgevuur is. Hy is na bewering die eienaar van ʼn private sekerheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste gelewer het aan die EFF. In beeldmateriaal van die voorval lyk dit of Snyman die geweer aan Malema oorhandig.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Augustus 2018 klagte teen Malema en Snyman ingedien.

“Dit is goed dat Malema en Snyman uiteindelik hul dag in die hof kry vir hierdie voorval. Ons het reeds gesien dat hierdie beweerde handeling van Malema landwyd nagedoen is en die feit dat hy vir so lank nie daarvoor vervolg is nie, het daartoe gelei dat dit as aanvaarbare gedrag beskou word,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, in November gesê nadat die beskuldigdes die eerste keer in die hof verskyn het.

“Dit is betreurenswaardig dat AfriForum eers soveel druk op die NVG moes plaas voordat hulle besluit het om te vervolg, ten spyte van duidelike bewyse van die beweerde oortreding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Erica ·

Ameli jy het my dag gemaak. Amper van my stoel af geval soos ek lag. Dankie

Adeline ·

covid-19 is ‘n massiewe kollig wat hulle in hul kreatiewe kriminele optrede wêreld wyd openbaar en laat hulle nie goed lyk in hulle optrede teenoor hulle eie mense nie.

Fedup ·

Laws are a such fine thing on paper, but extremely painful when no bribery can ease their bind. Let’s see what will come of this day in court.

Lizanda ·

Haaa, haa hoe lekker lag ek nou, Anton dink aan presies dieselfde ding, jong die man hou hom besig met baie belangrike sake.

Jaco ·

malema haat wit mense, maar hy gebruik ‘n wit sekuriteitswag. Hoe dan nou? Iets maak nie sin nie.

david ·

Wanneer het hierdie insident gebeur ? Wil my verbeel dis seker ‘n jaar gelede….
Hoekom die vertraging vir die hofsaak voor die Inperking toegepas is.
Maar gebruik net daardie NAAM en jy is blitsvinnig in die hof– vra maar vir Vicky…
Selfs al was jy in Griekeland……

Adam Adriaan ·

Malema is so stil, omdat bly om te sien hoe die Prison Warders en Brotherhood se beplaning vir die wêreld ontvou, want dit is wat hy deurlopend verkondig.

Eerlik ·

So moeg om in daai gesig vas te kyk. Die Snyman is onskuldig hier betrek, hy het in opdrag van die rooi termiete opgetree. Maar ek is seker die leier van die rooi termiete gaan al die blaam op Snyman pak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.