Malema-toespraak ‘opdrag om te moor’ – deskundige

EFF-leier Julius Malema (Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

EFF-lede sou Julius Malema se toespraak op 16 Oktober 2022 – waarin hy lede glo opgesweep het om Danté van Wyk leed aan te doen –  nie anders as letterlik opgeneem het nie, het ʼn forensiese taalkundige Maandag in Van Wyk se haartspraaksaak teen die EFF-leier getuig.

Malema het destyds onder meer aan sy ondersteuners gesê dat hulle nie bang moet wees “om dood te maak” as dit kom by interaksie met “rassistiese wit mense” nie.

Hy het Van Wyk, wat in 2020 by die Brackenfell-skooldebakel betrokke was, nie by die naam genoem nie, maar sy ondersteuners gevra waarom die EFF nie met “daardie ou opgevolg het nie” en waarom hulle hom nie “alleen na ʼn geïsoleerde ruimte geneem en behoorlik na die ou omgesien het nie”.

Inwoners van Brackenfell in Kaapstad en betogers van die EFF destyds buite die Hoërskool Brackenfell. (Foto: ANA)

Van Wyk se regsverteenwoordiger verduidelik dat die deskundige tot die gevolgtrekking gekom het dat EFF-lede wat dié toespraak gehoor het, dit as ʼn “opdrag van Malema beskou het om met geweld op te tree en Van Wyk te gaan soek om hom dood te maak; en dat hy volgens Malema ʼn rassis is omdat hy wit en ʼn Afrikaner is”.

Danté van Wyk se advokate, adv. Anwar Albertus (SC) en Lourens Van Zyl. (Foto: Verskaf)

Regter Mark Sher het die siviele saak in die gelykheidshof in Kaapstad aangehoor, met die Mensregtekommissie as mede-applikant.

Die saak hou verband met duisende doodsdreigemente wat Van Wyk glo van EFF-lede ontvang het ná ’n voorval in November 2020 by Hoërskool Brackenfell, waar onder andere ouers en EFF-lede met mekaar slaags geraak het nadat dié party die skool valslik van rassisme beskuldig het. Van Wyk was deel van ʼn groep mense wat die skool teen die rooipetbetogers probeer beskerm het.

Hy is later daarvan beskuldig dat hy EFF-lede voor die skool aangerand het, maar is in Januarie verlede jaar onskuldig op dié aanklag bevind. Hy en sy gesin is egter oor die afgelope paar jaar meer as 4 000 keer deur EFF-lede met die dood gedreig.

Danté van Wyk het onder duisende doodsdreigemente deurgeloop. (Foto: Verskaf)

Die dreigemente is glo deur Malema aangevuur. Hy is gevolglik van aanhitsing tot geweld en haatspraak aangekla. Van Wyk se regspan vra die hof om Malema te gelas om sy uitsprake terug te trek en R1 miljoen aan Van Wyk te betaal.

Die deskundige wat Maandag getuig het, was die eerste getuie wat Van Wyk se regspan geroep het in sy openingsbetoog oor wat ingevolge die wet op haatspraak en aanhitsing tot geweld neerkom.

“Ons het ʼn forensiese taalkundige geroep en sy het ʼn baie wetenskaplike uiteensetting gegee. Sy het aan die hof verduidelik hoe kommunikasie werk en watter woorde ʼn spreker sal gebruik om ʼn bepaalde boodskap oor te dra; asook hoe die luisteraars wat die boodskap ontvang, hierdie woorde sal interpreteer,” het Van Wyk se regsverteenwoordiger gesê.

Malema, wat die aansoek teenstaan, se regspan sal die deskundige na verwagting Dinsdag in kruisverhoor neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Man, ignoreer die aap en sy trawante; dis die gouste wat hul weg sal gaan – sodra hulle sien dat hulle “persona non grata” is (wat hulle IS) en niemand hul steur nie ….

Ruby ·

@Bolandse Nooi, nee ek glo nie ‘n mens moet dit net ignoreer nie, dit MOET aangespreek word, dit is haatspraak.

Om volstruis te speel gaan nie van die probleem onstslae raak nie.

Hy moet aan die bek geruk word en voor die hof gebring word wat nou gebeur. Hy het die ongesonde invloed op sy volgelinge om ‘n burgeroorlog te begin.

Ore ·

Geen boete gaan hom pla nie, hy het genoeg borge wat namens hom sal betaal. Tronkstraf en klaar. Ja daar sal betogings wees maar ek glo Cele en kie sal dit kan hanteer.

Mariana ·

Tyd dat hy vasgevat word, dis nie die eerste keer dat hy haatspraat uiter nie en dit sal ook nie laaste keer wees nie. Hy dink hy is verhewe bo die wet en die regstelsel laat hom telkens wegkom daarmee. En ja ‘n boete sal hom nie keer, tronkstraf sal dalk ander uitwerking hê op die grootbek.

piket ·

Nee! Ons kan dit nie ignoreer nie! Volstruispolitiek sal ons gewisse ondergang beteken!
Ons MOET opstaan en dit beveg,hand en tand!

Ria ·

As iemand jou kan oortuig om ‘n ander mens te vermoor, het beide partye gewys dat hulle onopgevoed is en dat die audience baie min grysstof het

Manie ·

Ek wonder wat sal gebeur indien hy skuldig bevind en gevonnis word? Hy behoort uit die parlement geskors te word, sonder die opsie om om verskoning te vra, want dit is sy styl, hy sal dit die dag daarna weer doen.

AREND1 ·

Ore.Waar was Cele en Kie gewees met al die aanvalle wat teen ons mense gedoen is asgevolg van malema.Hulle is al te bly as malema dit doen,want hulle is saam met hom.

Alta Alleman ·

Dié Malema man kan met moord wegkom in hierdie land van ons.

Anon ·

Bolandse Nooi, ek het in die Paarl groot geword maar woon al jare nie meer daar nie. Van ignoreer het hulle suutjies om ons laer begin trek en sistematies begin intimideer en uitmoor. Ek sou saamstem as ek nie op sosiale groepe sien presies wat gesê word en dan ook uitgevoer word. Ons is heilig op ons kinders, vrouens en oumense, hulle wéét dit. Sien jy nie wat hulle doen nie? Dryf dryf dryf…

hpven ·

Sulke oproepe tot moord moet, in veral Afrika, baie ernstig opgeneem word. Rwanda, waar meer as 500,000 mense in minder as vier maande vermoor was is ‘n sprekende voorbeeld insake moord aanhitsing! Die tyd het aangebreek dat ernstig kennis geneem word van Malema se gereelde aanhitsings tot geweld teen minderheids groepe! Ook dat hy eerder NOU as LATER tot verantwoording geroep word. Later is reeds besig om te gebeur!

Sê maar net ·

Baie sterkte Danté en familie. Ek hoop jy wen jou saak. Dis hoogtyd dat Malema in die bek geruk word met sy gevaarlike, opstokende aanhitsings. Ons kan net hoop hy word skuldig bevind en gaan 2 keer dink voor hy weer in die toekoms sy gespuis aanhits en mense dreig….

Christine ·

As malema skuldig bevind word hoop ek dat sy politieke party uit die samelewing verwyder word
Dat hy nooit weer enige party mag stig nie

Josua ·

Hy laat my dink aan die storie van Dawid en Goliat, groot bek met duisende volgelinge agter hom wat hom “cheer” maar toe die kleinste mannetjie met die grootste hart hom met daai klippie tussen die oë tref toe maak sy volgelinge almal gatskoon soos hiënas en los hom net daar in die son dat die voëls hom kan verslint. Hy gaan nog so aanhou, maar hy vergeet baie gou dat Dawid reeds vir hom wag.

Samuel ·

Ek dink dat Malema weer sal wegkom met hierdie klagte teen hom. Die regstelsel is bang vir hom.

Tokkel ·

Die ANC en EFF is een party! Beskerm mekaar, want hulle weet te veel van mekaar…
Ons sal nooit wen teen hierdie korruptes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.