Man betrap met lewende jagluiperd, leeubene

Die Valke het op die jagluperd beslag geê voor dit verkoop is. (Foto: SA Polisie)

ʼn Jagluiperd word in dié stadium by ʼn rehabilitasiesentrum vir wilde diere gehou, nadat die polisie Vrydag ʼn man in die Kuruman-omgewing met die dier betrap het.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 42-jarige man, ʼn burger van Botswana, is Vrydag in hegtenis geneem. Die polisie het inligting ontvang dat hy die lewende jagluiperd, asook leeubene, aan iemand in Suid-Afrika wou verkoop.

Die transaksie is gereël en hy is met die jagluiperd en bene betrap toe lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, lede van die Kuruman-veediefstaleenheid en die Kuruman-hoofwegpatrollie op hom toegeslaan het.

Die man is ook met leeubene betrap. (Foto: SA Polisie)

Mnisi het gesê die jagluiperd het mediese behandeling ontvang en word by ʼn veilige hawe gehou. Die geraamde waarde van die cheetah en die bene is nagenoeg R400 000.

Die verdagte verskyn na verwagting Maandag in die Kuruman-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Leonette ·

Moet cheetah nie jagluiperd wees nie?? “Die geraamde waarde van die cheetah en die bene is nagenoeg R400 000”

Abe ·

Leonette,
Nee, n cheetah is n jagluiperd. Hoekom bekommer jy jou daaroor.

De Villiers ·

Dankie vir die uitstekende werk, Valke.
@Michael P, Cheetah is Engels, en hierdie is ń Afrikaanse berig. Jagluiperd is die erkende Afrikaanse naam vir hierdie dier. As ons nie ons taal oppas nie, kan dit later op hierdie manier uitsterf.

Attie ·

Soos die Vrystaat Cheetahs…julle is kleinlik.Nie asof julle nie verstaan waaroor dit gaan.Hou op verkramp en konserwatief is.

Cherokee ·

Abe, daar is ‘n Afrikaanse gesegde wat lui, ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig.
Leonetta se kommentaar het betrekking tot taalgebruik. En soos De Villiers dit ook uitwys, sy verdien respek vir haar aanmerking.

Dubbelloop ·

Leonette, is daar n verskil in jou stelling en as daar is, deel met ons. Hierdie skuldige moet n hengse straf opgelê word. Ek kan nie dink hoe hy oor die grens daarmee gekom het nie.

Anoniem ·

@lettie ja dit is dieselfde dier maar wat Leonette bedoel is hierdie is n afrikaanse artikel en ‘cheetah’ is duidelik engels…

Piet Snot ·

Nee Abe, jou gebrek aan kennis (van beide tale) laat jou in die steek.

Mystique ·

Kuruman Ek hoop dat daar word regte stappe gevolg. Paar jaar terug was klomp beamptes uit gevang.

Willem Grobler ·

Afrika het nou volledig oor ons grense gespoel nè! Lyke in die opgaartenks, mense wat vir muti vermoor word, rekord moordsyfers, verkragtingsstaat van die wêreld, rioolafval in die riviere en damme, goedbetaalde staatsamptenare, korrupsie by oormaat en les bes – lewende roofdiere wat op straat verkoop word.

Oom Doug ·

Ja Willem, dis waar en ek glo nie dat dit sal better word nie.
Pack for Perth.

CdV ·

Moet tog net nie dat Cape Nature hiervan hoor nie, want dan word nog ‘n dier agv burokratiese arogansie onnodig uitgesit!

Arie ·

Wat gaan hulle met die cheetah doen?? Hom ook doodmaak soos die leeu welpie???

JohanR ·

Moenie die jagluiperd oorhandig aan Cape Nature. Maandag is hy/sy van kant gemaak!

Maljan ·

Gaan slaan hulle toe op die man voordat hy by sy kliënt uitgekom het. Bietjie geduld sou die skurk ook gemail gesien het. Hoe het die man oor die grens gekom?

Uitkyk ·

De Villiers, jy stel dit so saggies! Ons arme taal word deur ons self ernstig bedreig. Vir die vakansie het ek Afrikaanse tydskrifte gekry. Die redakteurs briewe het verbasend baie Engelse woorde. Dan voeg ons mense nog by ‘soos die Engelsman’. Spelling het lankal in die slag gebly. So jammer, oneindig jammer……………

Cherokee ·

Uitkyk, spelling het, soos jy sê, lankal in die slag gebly. Die rede daarvoor is gebrek aan respek vir eie taal. Mense weet nie of dit ‘n y, ei of ui is nie. Hulle weet nie of dit ‘n d of t is nie. Hulle ken nie eens die spelling van die woord darem nie. Maar graag eindig hulle hul kommentaar met ‘n Engelse sinnetjie, om indruk te probeer maak. Nog nie een van hulle het probeer om ‘inside job’ te verafrikaans nie. In ‘n ander forum lees ek ‘n uiters konserwatiewe kommentaar wat die Afrikaanse taal verdedig…. onder ‘n Engelse skuilnaam.

Cherokee ·

Kreatiewe vertaling, Scalla. Dit is wat gedoen kan word as mense nie verbeeldingloos is nie.

Kas ·

Let op,hierdie jagluiperd is nie meer ‘n welpie nie.Nou is my vraag:wat wou die koper met hom of haar doen want troeteldier is uit.Gee hom ‘n boet gelykstaande aan die verkoopwaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.