Man ernstig beseer in kwadfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Saterdagaand ernstig beseer in ʼn kwadfietsongeluk in Trafalgar aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Nelsonweg plaasgevind. Volgens Botha het die kwadfiets agteroorgeslaan en op die man geval.

“Paramedici het op die toneel aangekom en gevind die man het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

KarooKlong ·

Kwadfiets is soos ‘n perdry. Ry mooi met hom en hy gooi jou nie af nie.
Ry roekeloos met hom, jy maak hom kwaad, hy gooi jou af.
Hierdie was dalk ‘n Kwaadfiets ongeluk.

Peet Schabort ·

Of jy maak ander kwaad met die ding en hy word ‘n ‘kwaad baaik’.
Hier by ons ry hul sommer 4 op een met geen kopbeskerming.

Jaco ·

Karooklong weet waarvan hy praat. 4 op een is ok. Dis die marnier wat jy dit doen wat probleme veroorsaak. Net so as jy 3ton + met jou Land Rover sleep dat doen jy dit met matigheid voor oë en nie roekeloos nie!

Peet Schabort ·

Gewoonlik begin die probleem wanneer faktore van buite inmeng met jou ‘veilige’ hantering.

KarooKlong ·

Enige ding wat met petrol loop, stotter en slinger as jy hom brandefien ingee….

Rissiepit ·

Julle 3 (KarooKlong, Peet en Jaco) maak vir my lag!!! Ek lees bitter graag julle kommentaar…. Haha

Peet Schabort ·

Rissiepit, dink net as ons drie, (nee daar is plek vir nog een, jy kan dus saam kom) op so ‘n kwaad baaik klim wat gaan gebeur ?
Ons sal moet lootjies trek oor wie ry waar op die ding . . .

KarooKlong ·

Rissiepit is die jongste…….sit jy agter op die rakkie
Jaco klink ‘n versigtige (matige) ou……….bestuur jy maar
Peet……….klink of jy en ek ‘n rustige rit gaan ondervind, ons le in die sleepwaentjie en vat geraaswater en kyk rugby op die sateliet tv en eet skyfiekies en hou ons agterhoewe dop vir ingeval die metro spietkoppe ons probeer injae…….

Rissiepit ·

Count me in!!!! Ek klim verseker op, ek sal biltong saamvat virrie rugby kykery… Geraaswater moet julle bring, die een wat voor sit… Hy word gerantsoeneer op geraaswater, sorry!!!

Paplepel ·

Wil net weet, is Nelsonweg ‘n publieke pad? Indien wel, wat soek hy daar? Ek het nog nie een Kwaad Baaik gesien wat padwaardig is nie. Hulle sê mos, wie soek sal vind. Selfs moeilikheid.

Se Maar Net ·

Hier kom ‘n ding!! Die klomp saam gaan ‘n helse opeenhoping veroorsaak. Ek is oortuig julle gaan heel ander kant uitkom. Hou net links. Gaan beslis uitkyk vir julle!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.