Man glo voor vrou op plaas doodgeskiet

[OPVOLG] Twee verdagtes is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto

ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn plaas naby Alldays in Limpopo doodgeskiet.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê drie aanvallers het op die plaas toegeslaan. Die man is glo ten aanskoue van sy vrou in die kop geskiet.

Die plaaslike buurtwag sê die aanvallers het glo bankkaarte en PIN-nommers by die egpaar geëis en die vrou moes rondskarrel om dit aan hulle te oorhandig. In ‘n stadium kon die vrou daarin slaag om te ontsnap en het hulp by die bure gaan soek.

Paaie in die gebied is afgesper om na die aanvallers te soek, maar sover bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie. Volgens Müller is twee van die verdagtes glo tydens die soektog gewond, maar meer inligting oor die presiese gebeure is nog nie beskikbaar nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie. Maroela Media wag op terugvoer.

Maroela Media weerhou die naam van die oorledene totdat al sy naasbestaandes ingelig is.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Skroef ·

Nog n dom d°..®. Die doodstraf sal dan aan blankes opgelê word wat n sekere woord onoordeelkundig gebruik het. Dink voordat jy jou wens kry.

Wakker ·

Skroef jy is die een wat deurmekaar is. Wat is jou voortel om geweld te beheer? kry maniere en word wakker my Skroef.

Lana ·

Wakker, ek stem saam dat Skroef maniere moet kry, MAAR sy/haar siening oor die doodstraf is 100% reg.

Hoe nou.... ·

Blameer die BLF vir elke plaasmoord. Dankie Andile jou legend!

Kleinding ·

Ek het jare lank in die hoogershof gewerk, die tyd nog met die hangwette. Stem saam bring die hangwet weer terug, dalk sal dit bietjie verligting bring. Maar ek is seker, daar is baie bo in die parlement wat weet sodra die hangwet terug kom, hulle self sal hang, dis hoekom hulle die wet so goed weg hou, vir hulle eie veiligheid. Ons as boere moet wakker word, en besef, WIE IS DAAR WAT ONS KAN VERTROU?! Gaan die geskiedenis na, self in Dingaan se tyd met onderhandeling, was die boere in lokval gelei en dood gemaak, hoekom laat die boer hom so maklik verlei? en Hoekom vertrou die boer almal? is daar nie al baie bewyse dat wat nou aan gaan, van jare, en jare terug af al kom nie. Kyk hoe was die plase in boere tyd afgebrand, kinders en vroue verkrag ens. Dit het nog nooit op gehou nie, nie eers met die die nuwe era nie. Wanneer sal dit ophou, wanneer????

Andrea ·

Ag mense, kan ons nie probeer om hierdie gruwel te VERHOED in plaas van om GOU OP DIE TONEEL nà die tyd te wees nie? Wat help dit om die moordenaars te probeer vang? Indien hul ooit gevang en gevonnis word, is hul twee jaar later weer terug in sirkulasie. Keer die aanval!

Heleen ·

Andrea, wat ‘n wonderlike voorstel! Kan jy asseblief vir ons almal vertel hoe – dan is almal voortdurend paraat.

Tiger ·

Andrea,probeer JY mense op plase oortuig omgewapen te loop.Ek is mog gepraat.Van my en my man se eie familie dink ons is koekoes omdat ons gewapen loop 24/7.Jy kan ‘n peerd tot by die water vat maar hom nie maak drink nie.En meeste mense glo nog on bly in Feetjie Land.Sterkte

Thinus Erasmus ·

Die oplossing dus is om self dit toe te pas wat die regering ons ontneem, ons moet net eenvoudig die geleentheid aangryp en dan ons man staan!

liz ·

Drie mense in minder as 24 uur op plase vermoor, die skrif is so duidelik aan die muur jy kan dit nie mis nie.

HPV ·

Liz, meer as 50 mense is in daardie tydsduur landswyd vermoor en word daagliks vermoor en ons tel voort! Ongeveer 400000 die afgelope 23 jaar, ‘n menseslagting, en die wêreld kyk weg.

toy ·

Waar sal ons hulp vandaan kom, ons hulp kom van die Here. Here ons bid vandag help ons asb.

Jacques ·

Ja en wie moet ons bedank ? CR dit is nou tyd dat jy as die hool se leier begin om drasties stappe en maatreels in te stel , want voor jy jou oe uitvee is die winkelrakke leeg en geen kos meer nie . Wat dan , wat maar wat dan vrae ek jou met trane in my “navy blou oe ” wat ek nie het nie .??????????????????????????????????????

Cobus Snyman ·

Enigste Antwoord is deur ANC uit te stem kom die DA . Cope en Vryheids Front staan as Gooi al die stemme bymekaar (DA, VF en Cope) en ons lig die ANCuit die parlement of maak dit baie moeilik vir hulle . Nie nodig om belaglike oorlog plannetjies te maak of buiteland toe vlug nie .Kyk na die laaste nasionale stem as ons saam staan onder een vandel kan ons baie bereik daar is baie demokrate in die land wat wet en order weer kan terug kry in die land …as ons almal ons eie party ondersteun gaan ons nerens kom nie Geskiedenis bewys dit ..Ja ek weet niemand luister nie …ag wel voel beter dat ek dit gese het

Jan ·

Nee wat jydroom daars baie produsente wat die rakke sal vol hou.in elk geval cr is bewus van alles baie meer as jy en hy is oook meer suksesvol en ryker as jy.

Werner ·

Ja BLF en EFF aan die werk en ons mense word nie wakker nie word eerder kwaad as mense waarskuwings boodskappe uitstuur seker omdat die waarheid seermaak

Ryan ·

“black anger is justified ” sê die president, hy gee basies sy toestemming. Wees voorbereid om nog van baie sulke gebeure te hoor..

Geregtigheid ·

Blameer BLF en EFF vir die moorde. Hulle is wederregterlik aanspreeklik agv hulle publieke uitsprake wat hulle maak. BRING DIE DOOD STRAF TERUG!!!!!!!!!

Polaris ·

Ons probleem is dat die regbank partydig is, min genade vir blankes…

Adrian ·

Cyril vat die berigte saam met jou waar jy ookal gaan en vra om verskoning vir SA se publiek oor jou leuns…..jy is n liegbek boeta

Lana ·

Wakker, ek stem saam dat Skroef maniere moet kry, MAAR sy/haar siening oor die doodstraf is 100% reg.

John ·

Doodstraf in n komminustiese land…lol doen maar navorsing…jy sal gou sit en stilbly.

benaYaHU ·

@John
Korrek!
Die meerderheid doen jammerlik byna GEENSINS hul eie navorsing – lees slegs bolangs.
As hul die waarheid sou besef van wat werklik in hierdie wereld aan’t gebeur is, sal hul beslis 3x nadink en hul leefstyl vandag nog aanpas.
Shalom!

Andre ·

Wat is fout daarmee om te verwag dat elke mens hom/haar SELF moet verdedig.

Dit is al!

of gaan onder!

Jerry ·

Die regering het hulle mes in vir AfriForum oor die se skoorsoekery en het reeds gese dat hulle AfriForum en daarmee saam die Afrikaner gaan isoleer. Die regering sal nie na Afrikaner hulpkrete luister nie, so julle kan nou maar ophou om CR te vra, vra vir AfriForum vir hulp, vra vir AfriForum hoekom hulle nie die moorde kan stop nie, wat nog te se verhoed nie! AfriForum het paralelle strukture met die staat se strukture gestig orals waar die staat volgens AfriForum misluk het, plaasbeveiliging is een so struktuur. Julle kan nie langer die staat blameer nie, julle moet nou vir AfriForum blameer. Dit is AfriForum wat die Afrikaner faal en wie nou met plaasbeveiliging misluk!

Andre ·

Jerry
Die SA Regering het platgeval (ingeplof) … soos in die res van Afrika. Niemand steur hulle aan die regering nie want die regering het geen invloed op die heersende chaos nie. Selfs al wil die regering iets aan Afriforum doen …. KAN hulle nie want die SA Regering het geen effek op wat gebeur nie.

Daarom moet gemeenskappe selfversorgend raak … vir eie veiligheid ensovoorts.

Boerklong ·

Die skrif is al lankal teen die muur. Dit raak net erger en hul boodskap aan ons net sterker.

Andrea ·

@ Heleen…
Almal moet begin toesien dat hul ouers, bure, familie en vriende wat dit dalk nie kan bekostig nie, se opstalle behoorlik beveilig is. Daar moet n privaatsekuriteitsmaatskappy deur bv Afriforum gestig word wat landswyd takke het. Dan moet mense met kennis wat belangstel, of werkloos is aangestel word en opgelei word. Hierdie mense moet dan patrolliery en by mense aandoen of gestasioneer word. Ek glo almal wat regtig belangstel om die plaasmoorde te stop sal bereid wees om by te dra vir mense wat die fooie nie kan bekostig nie. Hierdie is n eerste moontlikheid. Daar kan ook nog verdere, meer radikale planne soos n kibbutz sisteem in werking gestel word. Geen mens kan 100% paraat wees 100% van die tyd nie. Mens het professionele hulp nodig dat jy darem soms kan slaap. So,my gevoel is kom ons probeer MEER doen om die plaasmoorde te keer.

Jack Daniel ·

WAG!!!
Die berig gee my so snaakse reuk in die neus!?
1. Die vrou slaag daarin om hulp te soek. – Het hulle haar agtervolg?
2. Paaie in die gebied af gesper. – hkm paaie afsper as die rowers miskien nog by die huis is?
3. Twee verdagtes gewond in soektog – Hoe weet hulle dat die twee deel was v d rowers?
4. Die polisie kon nie die voorval bevestig nie – Enige aanval of wat moet mos aan gemeld word?
Hier is a slang in die gras??
?

CW ·

Lê al die moorde voor CR, EFF en BLF se deure, haatspraak is in die orde van die dag en CR sê ons blankes moet ophou haat iets maak nie sin nie. Ons moet wakker slaap en moenie dink dit kannie met jou gebeur nie.

Retha Roux ·

Dit is nie ons wat die groot haters is nie, dit is die regering met al sy trawante

Cherese ·

Glo? So hul het nog nie hul feite nie het ñ storie gehoor nou glo hul in plaas van feite kry en die regte storie skryf nou is dit basies hoor sê .

PJC ·

Ek dink die wat so teen Afriforum gekant is moet vir all die MM lesers uitspel wie en wat hulle is sodat ons kan weet hoekom hy/sy so uitermate vyandig is teenoor Afriforum. Iewers is iets wat baie sleg ruik.

Pieter ·

Wat beteken “glo”….hy is of hy isnie….hoekom is julle by maroela glo so lief vir die woord glo

Leon ·

‘n 3de verdagte is ook aangekeer met behulp van nog ‘n helicopter en mense op die grond

Dirk ·

PJC, jy is reg iets ruik sleg. Enige persoon word geweeg op die een ding waar hy misluk, al was hy suksesvol met n honderd ander dinge. Wat maak n organisasie dan anders? Veral wanneer n sakeryk gebou word op die ellende van die Afrikaner, wat hoe meer dit ellendig gaan, soveel te meer groei die ledetal! Dit het alles begin met die beskerming van Afrikanerbelange in n eie volkstaat waarmee mense gelok was en toe dit nie realiseer, toe word dit selfbeskikking. Verloor daarna die hofsaak teen universiteite vir die behoud van Afrikaans. Verloor sake vir die behoud van plekname, straatname en standbeelde. Verloor die stryd teen die voorkoming van plaasmoorde. Staan skuldig aan die isolasie van die Afrikaner en dit alles vir die bou van n sakeryk! Nee, wat my ou maat, jy is reg, iets ruik uiters sleg in die land van die blindes waar so n organisasie die koning is!

Uiltjie ·

Die MRK het nou hul verantwoordelikheid na die Grondwet hot aangegegee. Die plaasmoorde het toegeneem sedert laas week se uitsprake deur Andile Die MRK lyk my is sekektief in hul vervolging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.