Twee vas ná Alldays-plaasmoord

Johan Kruger en sy vrou, Fiona. Foto: Verskaf

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johan Kruger (60) wat Vrydagoggend op ʼn plaas in die Alldays-gebied in Limpopo doodgeskiet is.

Kruger, die eienaar van Makoppa’s Nest Safari Lodge, is omstreeks 01:00 ten aanskoue van sy vrou, Fiona, doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig drie aanvallers het op die plaas toegeslaan en bankkaarte en PIN-nommers by die egpaar geëis. Johan is in sy kop geskiet, terwyl Fiona daarin kon slaag om na die bure te ontsnap en alarm te maak. Die plaaslike landelike veiligheidsgroep het onmiddellik gereageer deur paaie in die gebied af te sper en na die aanvallers te soek wat teen daardie tyd met verskeie huishoudelike items op die vlug geslaan het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die vermeende aanvallers is op die Alldays-Vivo-pad voorgekeer. ʼn Skietery het tussen die plaaswaglede en die verdagtes ontstaan. “Een verdagte is gewond en is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die ander twee verdagtes het in een van die nabygeleë plase ingevlug en hul wegkommotor agtergelaat,” sê Ngoepe.

Die wegkommotor waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf deur SAPD

Die polisie het by die soektog na die verdagtes aangesluit en ʼn tweede verdagte (21) is in hegtenis geneem. Die derde verdagte kon daarin slaag om weg te kom.

Volgens Ngoepe is die verdagtes se motor deursoek en ses vuurwapens, insluitend drie jaggewere, ammunisie, kontant, ʼn televisiestel, twee selfone, olifanttande en ʼn mikrogolfoond is in die motor gevind. Daar is ook op die voertuig beslag gelê.

Die polisie stel ondersoek in om te bepaal waar die motor vandaan kom.

Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die plaaswaglede gelukgewens met hul vinnige optrede ná die aanval wat tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

willie ·

Die hartsseer om die berig te lees en die kwaad gevoel teenoor die wreedaards is onbeskryflik! Wat ek eindlik wil sê sal nie geplaas word nie om verstaanbare redes! Mag die 3de gemors ook gevang word al is dit ons belastinggeld wat hom verder gaan bederf! Sterkte vir hierdie familie en die op Bonnivale waar nog ñ boere egpaar vermoor is, gelukkig slaap ons Koning nie!

Ryan ·

Dis steeds vir my skokkend dat die president kan sê “black anger is justified” MAW hy hits ook dan die tipe ding aan. En soos met die plaasmoorde wat hy gaan ontken het in die VSA kan hy nie verwag die ou op die straat moet verstaan dat hy dit anders bedoel het nie. Ek wonder hoeveel mense nie die kersfees daar gaan wees nie as gevolg van daardie dwase uitlating.

Josua Keys ·

Nope!!!! sy bloed sal net kook as hy sien wie is gearresteer is, dalk is die plaas wagte rassiste gewees want hoe durf hulle die agtergeblewenes arresteer en boon op nog op hulle geskiet ook , dit mag mos nie gebeur nie!!!

Andrea van Vuren ·

Nee wat. Lesufi se bloed kook net as hy sien die afrikaanse skole doen hul opvoedingswerk. Ek het nog nie eintlik enige sinvolle besluite van hom gehoor of waargeneem nie. Wonder of hy ‘plaasmoord’ kan spel!

Joey ·

Weskaap en Limpopo, elke dag plaasmoorde. Sien niemand raak wat gaan hier aan nie…….

Andrea van Vuren ·

Nee Joey die regering het mos opdrag gegee plaasmoorde moet so min moontlik in pers verskyn. Jy hoor dit skaars oor die TV nuus. Nie belangrig genoeg nie. Ek wonder of CR ‘n ‘deathlist’het wat hy na elke moord aftik en dit deurstuur na BLF en EFF…

Christo ·

Mnr Ramakookpot is dit nie n plaasmoord ???? nog mense sonder werk .

Willem ·

Maandag is hulle uit op borg en oor die grens om nooit weer terug te kom nie.

PJC ·

Net jammer die ouens wat hulle voorgekeer het het nie akkuraat genoeg geskiet nie dan was die probleem klaar opgelos.

humor ·

Daar bestaan absoluut geen rede waarom daar nog vertroue in cr kan wees nie. Maar dieselfde as sy verwerplike voorganger.

Herman ·

Al wat ek wil weet van my mede blanke suid Afrikaners. Na 20 jaar se plaasmoorde kon ons nog net swart maandag reel.
hoekom moun ons almal oor plaasmoorde, maar hou nie meer vreedsame protes optogte nie. Tot die Suidafrikaanse Ausies daag in groter getalle by betogings op as ons?????
Ek dink nie moun op sosiale media gaan help nie.

Therese ·

Herman, die amper gelate aanvaarding laat my ook al vir jare verbysterd.
Dan is daar selfs diegene wat sê “maar alle Suid-Afrikaners loop deur onder misdaad, nie slegs blankes nie”. Ongelooflik. Sulke apatie sal nie sommer by enige ander bevolkingsgroep aangetref word nie.

Rupert Ashford ·

Jy mag nie so praat nie. Volgens meeste wat hier kommintaar lewer is SA Aussies of lafaards, of rassiste en mag hulle nie genoem word nie. ?

Westing ·

Die regering is meer bekommerd oor rassisme as oor plaasmoorde en korrupsie

Johannes ·

Ramaphosa het mos gesê ons witmense moet ‘n les geleer word oor “rassisme en nasie bou”…

Rampokker ·

cyril is nie die naam president werd nie!!! ?️‍♂️

Hartseer ·

Die pyn, woede, magteloosheid en verkies van ‘n plaasmoord kan net verstaan word deur families wat dit self beleef het. Die Weermag word gebruik om die Vaalrivier skoon te maak terwyl boere vermoor word. Hoe verstaan mens dit?

Chrisjan ·

Se dankie aan die ja stemmers van 1992.Hier sien ons die nagevolge daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.