Man moor glo vrou, stiefdogter voor hy in trok vasjaag

Foto: SAPD

ʼn Gesinstragedie het Dinsdag in Bela Bela (Warmbad) in Limpopo afgespeel toe ʼn man glo eers sy vrou en stiefdogter vermoor het voor hy homself om die lewe gebring het.

Die liggame van Thandi Mathebula (39) en haar dogter, Sharon (17), is Dinsdagmiddag in hul huis gevind. Bure het glo agterdogtig geraak en ʼn liggaam op die kombuisvloer gesien waarna die polisie ontbied is.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het beamptes die huis se deur oopgebreek en is die vrou se liggaam op die kombuisvloer aangetref en die dogter se liggaam in haar slaapkamer. “Dit lyk of hulle verwurg is,” het Mojapelo gesê.

Die 37-jarige man het ná die moorde met die gesinsmotor op die Thabazimbi‑Rooiberg-pad reg van voor teen ʼn aankomende vragmotor gebots. Hy is op slag dood.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van strafbare manslag.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gemeenskapslede gevra om professionele hulp te soek in stede daarvan om tot geweld oor te gaan in huishoudelike kwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

koos ·

Die arme trok bestuurder, die gebeure gaan lank by hom/haar spook.

Annatjie ·

AI genade dis baie. Sad. Dan wonder n mens wat hardloop deer daai gedagtes

Abe ·

Morne,
Soos Ilse se, dit is prosedure (uiters noodsaaklike prosedure) soos al telkemale hier verduidelik is. As iemand dit nie kan verstaan nie, moet hy dit maar net aanvaar. Dit spreek mos vanself!

Antoinette ·

Die Polisie se hul ondersoek die misdaad maar dit is net n GDO Geregtelike Doodsondersoek wat gedoen word deur hof natuurlik.

Marius ·

Ag dis darem n moordsaak opgelos vd jaar. Dit laat hul stats vir die 2019/2020 boekjasr goed lyk.

Lolla ·

Lyk my julle sal ook nooit leer nie. DIT IS STANDAARD PROSEDURE om die dossier te sluit.

Ig ·

Desember en die feestyd is ongelukkig die tyd wat sulke gevalle gebeur, baie mense laat moed opgee en dan knak.

Sêmaarnet ·

Tragies vir die trokdrywer. Daardie 22meter lange trok weeg 56 ton, dan is die pad nog nat ook. Neem ten minste 200m om te stop. Mense besef nie wat hul doen nie.

tw ·

Is daar bewyse dat hy hulle vermoor het? …… wat as dit nie hy was nie.. wonder maar net

Alex ·

Dit is hoekom sake van moord oopgemaak is. Sodat bewyse versamel kan word en gedokumenteer word.

Toxx ·

‘n Dossier moet oopgemaak word, dis prosedure. Hulle gaan niemand aankla nie, maar die saak moet oopgemaak en ondersoek word. Dis makliker verstaanbaar in Engels:

A case of murder has to be opened. For that, a murder docket is opened. However, just because the docket is opened, it doesn’t mean that someone will be charged with the murder.

Dieselfde geld vir selfverdedigings. ‘n Moorddossier moet oopgemaak word indien ‘n aanvaller sterf, maar die persoon wat homself verdedig het gaan nie noodwendig aangekla word nie.

Nettie ·

Ek het besluit om myself eendag, wanneer ek besluit op selfdood, só uit te haal, Ek sal dit egter doen sonder om ánder mense eers uit te haal.

Karien ·

Hoop nie jy het planne om ons te verlaat nie Nettie, die lewe het sy op en af, maar net God mag ons “uithaal” . Mag God jou krag gee vir elke dag op jou lewenspad en mag jy besef jy is baie kosbaar en jou lewe is baie werd, jy is duur gekoop, nie met silver of goud, maar met die Bloed an Jesus. Staan sterk tot en tot….

Mmm... ·

so baie vir “16 Days of Activism for No Violence against Women and Children / against Gender-based Violence”……….dit beteken niks vir niemand nie…..

Bamsie ·

Nettie, ek weet mens dink soms daaraan, ek het al baie sedert ek gestremd geraak het maar die feit bly staan dit is baie sleg vir die mense wat jy agter laat. En kyk nou die vragmoter bestuurder het ook nou trauma beleef. Ek hoop maar my niere gee gou in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.