Man slaan dood neer ná bottel Jägermeister

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Jägermeister/Facebook)

ʼn Man het die afgelope naweek dood neergeslaan nadat hy glo ʼn hele bottel Jägermeister gedrink het. ʼn Kontantprys is glo belowe sou die man dit binne ʼn sekere tydsraamwerk opdrink.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Sondag om 23:30 by ʼn plaaslike drankwinkel in Mashamba, Limpopo, plaasgevind.

Klante van die drankwinkel het na bewering die aand aan ʼn drinkkompetisie deelgeneem waar individue ʼn hele bottel Jägermeister moes opdrink. Die wenner sou bepaal word deur die een wat die bottel in die kortste tyd leeg maak. Dié sou boonop R200 kry.

“Een van die deelnemers het onmiddellik nadat hy die bottel gedrink het, ineengestort,” sê Mojapelo.

“Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy dood verklaar is.”

Dit is nie duidelik hoeveel klante aan die kompetisie deelgeneem het of hoe lank dit die man geneem het om die bottel leeg te drink nie.

Die polisie het nou ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur en ondersoek die oënskynlike misbruik van alkohol by die plaaslike drankwinkel verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Swerwer ·

Genade, kos ‘n bottel Jägermeister nie al meer as R200 nie? Die ou wat die drinkkompetisie gehou het, het beslis groot wins gemaak. Jammer vir die persoon wat oorlede is, ek sou seer sekerlik ook gesterf het voor die bottel half gedrink was.

Meisie ·

Dink dit is al R220.00 vir ‘n 750ml bottel, alkohol inhoud is 43%

Cherokee ·

Sjoe Meisie… dit vergelyk dus omtrent met ‘n bottel VAT69.

JohanR ·

Ja nee ek het saam met iemand gewerk wat in ‘n aand ‘n bottel Jagermeister kon sink……darem ook nie op een slag nie.

KatjieDeKat ·

Daar is n Amerikaanse gesegde: “Play stupid games, win stupid prizes”.

Perdeby ·

Wel die drankwinkeleienaar het ‘n probleem, want hy is in die moeilikheid.

Renier ·

Drankwinkel mag verkoop,maar ek glo nie jy kan drink op drankwinkel se perseel.

Dirk ·

Dit maak nie saak nie. Jy kan erg alkoholvergiftiging kry om so te drink. So ‘n kompetisie moet nooit gehou word nie.

SjN ·

In die ou Wes Transvaal is daar nog wel slegs enkele lisensies van krag wat drankwinkels 24 uur magtig om te verkoop.

Charl ·

Van wanneer af mag jy in ‘n drankwinkel drink? En drankwinkels is Sondae toe in Transvaal.

Jean ·

Toe daai plek nog Tranvaal genoem was ja, nou nie meer met die nuwe naam nie

Pieter9 ·

Daar is absoluut niks goed in ‘drank’ nie, dit saam met die mens se natuurlike affiniteit vir selfvernietiging en die uitkoms is tragies.

Cecilia ·

Liewe Hell, met die duur petrol prys , die krag prys, en stygende voedsel pryse, hoe kan mense nog drank bekostig.

Danie ·

Ek het al vele kere gehoor dat die manne se al kos n bottel brandewyn R500 drink sal ons drink en dit is ook so. die vrou en die kinders gaan slaap honger want pappie drink al sy geld uit by die kroeg.

Jack Russ1 ·

Mammie kuier ook maar lekker saam in meeste gevalle. Pasop om te veralgemeen

Witbaard ·

23:30 by ‘n drwnkwinkel?? Hoe kry hulle n dranklisensie om so laat oop te bly?

Korrelkop ·

Seker dié slegste drank wat ‘n mens kan kry! Proe soos Lennon medisyne

Shady ·

Dit is baie lekker shooters. Hier in ons geweste loop hy soos stroop. Drink nou natuurlik nie die hele bottel op een slag uit nie

Vlooitjie ·

Sjeesj ek stem, mens groei borshare na die eerste 2 slukke. Dis baie sleg!

Martin ·

Ek hoop hy het darem ten minste sy R200 gekry voor hy die emmer geskop het. Elke sport het sy beserings. Waarom dit op ‘n Sondag aand doen voor middernag?

LANA is ELANè ·

Belaglik dat enige mense, groot en klein hulself kan vermaak aan ñ ooretery of oordrinkery! Dit is so lelik om na dit te kyk, die spul Amerikaners is mos versot op vraatsigheid kompetisies, terwyl mense om hulle doodgaan van die honger, en drankspeletjies, net te belaglik om daarop in te gaan.

Sandra ·

Hoe op aarde kan ‘n verantwoordelike, normale persoon so ‘n dom kompetisie reel met ‘n bottel van daardie goed. Ek het al ‘n sopie van dit gedrink by ‘n promosie, daardie goed is sterk. Ek hoop die onganiseerder van die kompetisie van R200 prysgeld verloor sy lisensie. Geen mens kan Jagermeister opdrink en nog staande bly na dit nie. Was seker ‘n persoon wat op straat woon wat nie besef hoe sterk die drank is, en wat moontlik nog desperaat is vir die simpel R200.

Wielspore ·

…die man het verskeie kere probeer om die bottel leeg te drink voordat hy gesterf het. Dit gee nuwe betekenis aan sinne soos, jy sal nog drink tot jy morsdood neerslaan, drank gaan nog jou einde beteken, drank gaan jou graf toe stuur…..

AndrewL ·

Die organiseerder moet aangekla word van moord. Hy moes bewys gewees get daarvan dat iend kan sterf van soveel alkohol

Jack ·

So nou wie het die geld gekry? Die bottel was seker gedokter of weet die mense nie hoe naby die brein aan die mond sit nie. Dodelik.

Pietertjie ·

Dit laat my dink aan die grappie van die hond wat vol vlooie was. Iemand se raad was om die hond eers met brandewyn in te vryf, dan met sand te bestrooi. Die vlooie sal dronk word en mekaar dan met klippe doodgooi.

Sien ek ‘n oplossing vir ons land se vlooi-plaag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.