Man sterf in familielid se arms

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Jong man is Dinsdagoggend in ʼn straat in Scottsdene, naby Kraaifontein in die Wes-Kaap, doodgeskiet.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 21-jarige man is omstreeks 07:40 in Verastraat doodgeskiet. “Ons kan nog nie bevestig of die voorval wel met bendegeweld verband hou nie. Die moontlikheid sal ondersoek word,” het Van Wyk by navraag gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die man in die arms van een van sy familielede aangetref. Hy het ʼn koeëlwond in sy kop gehad en was reeds dood. “Ons kon niks vir die man doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens Van Wyk word ʼn saak van moord ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

So onnodig en so sad ·

Bendegeweld of nie, niks maak dit minder belagliglik en sad nie. Die regering moet minder kerm, geld uitgee en iets doen aan hul land se ondersteuners en inwoners. Binnekort is al die nie-ondersteuners uitgeroei en dan kom die skelms vir julle self en dan is daar geen hulp, jul kan nie nou een vir almal help nie.

Connie ·

Ek voel vir daai mense. Sterkstaan mense. Miskien, soon kom daar rustigheid vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.