ʼn Man is Dinsdagaand naby Frankfort in die Vrystaat glo in ʼn stormloop tydens onluste in die omgewing vertrap.
Maroela Media het inligting van die gemeenskap ontvang dat inwoners van twee nedersettings naby die dorp omstreeks 19:00 die strate in die omgewing ingevaar en onder meer die R26-pad met voorwerpe en klippe versper het. Die betoging hou vermoedelik verband met ontevredenheid oor dienslewering.
ʼn Vragmotor wat vleis vervoer het, het kort daarna op die pad gery en die bestuurder het na bewering nie betyds die betogers en versperrings gesien om stil te hou nie. Die vragmotor moes uitswenk en dit het veroorsaak dat dit omslaan.
Die botsing het veroorsaak dat die skare van sowat 500 mense geskrik het. Dit het tot ʼn stormloop gelei waartydens die oorledene op die grond geval het en daar op hom getrap is. Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die vragmotor het ook beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Van die betogers het kort daarna teruggekeer na die omgeslaande vragmotor en hulle aan vleispakkies gehelp, voor die vragmotor glo aan die brand gesteek is.
Konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het Woensdag die voorval aan Maroela Media bevestig.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek sake van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Volgens Rani was die situasie teen Dinsdag weer kalm.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
en SO TRAP HULLE MEKAAR DOOD nadat hulle veroorsaak het dat ‘n trok omgeslaan het .. maar so kry die witmense wat die k woord gebruik 2 jaar tronkstraf terwyl NIE EEN BRANDSTIGTER of klipgooier nog die binnekant van ‘n tronk langer as een aand gesien het nie .. BELAGLIK.
Moord, plunder, onwettige betoging, oprigting van blokkasies in die pad, diefstal. Geen probleem. Maar die Momberg vrou moet tronk toe oor ‘n woord. Wat is fout in hierdie siek land?
En so stadig aan verander die reenboog land in 50 shades of red (bloed)
Iets is aan die broei. Hordes geweldadige betogings die land vol. In volkome harmonie.
Tamboti, gaan registreer daai naam vinnig.
50 shades of red . Briljant!
Iemand iewers gaan dit as ‘n titel vorentoe gebruik vir ‘n boek of ‘n fliek.