ʼn Veiligheidswag is Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg geskiet en gewond.
Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, was die veiligheidswag en ʼn kollega besig om geld by die hospitaal op te laai toe hy geskiet is. “Die man was in die ontvangsgebied toe hy deur twee mans op hom geskiet het,” het hy gesê. “Hy is in sy been getref.”
Die aanvallers het met ʼn geldboks met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.
Die polisie het ʼn vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, buite die hospitaal gevind.
Die polisie ondersoek die voorval. Die man is in ʼn stabiele toestand. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.