Brig. Thulani Ngiubane, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het die gebied besoek ten einde stabiliteit te bring voor volgende week se verkiesing. “Gedurende die operasie is een verdagte in hegtenis geneem nadat hy ʼn polisiebeampte met ʼn spies in die bors gesteek het.”
Ngubane sê die polisiebeampte se koeëlvastebaadjie het sy lewe gered. Hy sê daar is ook ʼn mes en dagga in die gearresteerde man se besit gevind. “Hy is in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord en die besit van ʼn gevaarlike vuurwapen en dagga.”
Ngubane sê die man het tydens sy arrestasie met die polisie handgemaan geraak en is in die proses beseer. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.