ʼn 42-jarige man het Maandag in die Ganyesa-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hy met ʼn ietermago in sy besit gevind is.
Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het ʼn multidissiplinêre span, bestaande uit lede van die honde-eenheid en ʼn aantal natuurbewaarders, vinnig opgetree nadat hulle ʼn anonieme wenk oor die verdagte ontvang het.
“Hy is Saterdag by Tseng Village in Morokweng in hegtenis geneem.”
Die verdagte het ʼn ietermago ter waarde van R60 000 in sy besit gehad. Volgens natuurbewaarders is die dier lewendig gevind.
Die verdagte is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal na verwagting weer op 3 September in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Sluit toe! Gooi die sleutels weg.
sluit hom verewig toe asb!!!!!!!
Sluut die pes toe. Onnosel ding
Hy gaan nie opdaag nie.
Uitvaagsel, sluit toe, hoe en deur Wie word die geldwaarde bepaal?