ʼn Man is in hegtenis geneem vir die moord op Corrie (75) en Gerrie (78) Visser wat verlede week by hul huis in die Pretoria se Moot-gebied aangeval is.
Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn man Vrydagmiddag vir die moorde in hegtenis geneem is. Sy wou nie onmiddellik die verdagte se ouderdom bekendmaak nie. “Die verdagte is in polisieaanhouding. Hy sal Maandag in die hof verskyn op twee aanklagte van moord,” het Brits gesê.
Maroela Media het vroeër berig Corrie se liggaam is op Dinsdag 27 Desember agter in die erf van die egpaar se huis in 12de Laan gevind. Gerrie het teen ʼn hek in die erf gekap en so die bure se aandag getrek om hulp te ontbied.
Brits het vroeër gesê die egpaar was alleen tuis toe hulle oorval is. Hulle het albei steekwonde opgedoen en Corrie is ook met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan. Hy is op die toneel dood verklaar.
Gerrie is in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem waar sy twee beroertes gehad het. Sy het ʼn week ná die voorval in die hospitaal gesterf.
dankie JESUS
Doen toe iets aan die bose, moordenaars.
Hang hom .. klaar!!
Ag wil julle nie hom vir ons bring nie toeeee!!! Ons belowe dit sal die staat nie n sent kos om hom kos te gee of n hof se tyd te mors nie. Want ons is nou mooi g☠️tvol vir die sinnelose misdaad. Iewers moet iemand nou iets begin doen anders is ons almal binnekort uitgemoor.
Ek stem Aubrey nou moet ons vir hom sorg My skoonouers het dit nie verdien nie :-(
Aubrey, ek stem!
Elize hoe bedoel jy nou dankie Jesus?
Heel waarskynlik dankie dat die booswig vasgekeer is…want wat anders?
Bach? Hoe bedoel JY nou? AMEN!!! My Here dat U die skuldige uitwys:-)
Wat’s die probleem?
Volgens die berig het die Polisie ‘n verdagte opgespoor en ge-arresteer.
Is tog heel eenvoudig!!!
Hoog tyd dat die kriminele se nekke weer gerek word soos in die ou dae.
Bid asb dat die skuldiges by skuldig bevinding die ergste staf sal kry. Ek was ‘n vriend van wyle Corry, hy was ‘n ware Godsman glo my vry