Man wat student glo opkap wil nie meer homself verdedig

Nosicelo Mteben se liggaam is in ʼn tas gevind. (Foto: Fort Hare Alumni Chapter/Facebook)

Alutha Pasile (25) wat in Augustus vanjaar in hegtenis geneem is nadat sy vriendin se liggaam in ʼn tas langs die pad gevind is, wil nou nie meer sy eie verdediging behartig nie.

Maroela Media het vroeër berig Pasile is aangekeer in verband met die moord op Nosicelo Mtebeni (23), ʼn regstudent aan die Fort Hare-universiteit (UFH) se Oos-Londen-kampus.

Mtebeni se liggaam is in die Quigney-omgewing aangetref is. Op die toneel was ook ʼn swart sak met ander liggaamsdele.

Pasile het tydens twee vorige hofverskynings aangedui dat hy nie regsverteenwoordiging wil hê nie. Hy wou ook nie aansoek doen om borgtog nie. Dít nadat ʼn ooggetuie glo gesien het hoe Pasile met ʼn pers tas en ʼn swart sak sy huis verlaat. Die beskrywing het ooreengestem met die sakke waarin Mtebeni se oorskot gevind is.

Pasile, wat tereg staan op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg, het nou egter van plan verander.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê Pasila het Donderdag tydens sy hofverskyning in die hooggeregshof in die stad gevra om vir regshulp aansoek te doen.

Die saak teen hom is gevolglik tot Dinsdag uitgestel sodat hy met sy regsverteenwoordiger kan vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zombie ·

Hy het seker by die beste geleer hoe om hofsake te laat sloer.

Peach ·

Soos ‘n sekere berugte misdadiger, wag hy vir sy dag in die Hof :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.