Marokane begin amptelik by Eskom

Dan Marokane (Foto verskaf deur Eskom)

Dan Marokane, Eskom se nuwe baas, het Vrydag amptelik in sy nuwe pos begin.

Marokane sluit opnuut by Eskom aan in ’n tyd wat dié organisasie enorme uitdagings ondervind en beduidende veranderings ondergaan – veranderings wat volgens Eskom se raad ’n betrokke, moedige en ferm leierskap verg.

Hy keer terug na Eskom ná hy en drie ander senior uitvoerende lede destyds geskors is oor die standpunt wat hulle ingeneem het teen staatskaping, bedrog en korrupsie.

Mteto Nyati, Eskom-raadsvoorsitter, sê hy het volle vertroue dat Marokane die regte man vir die werk is.

Hy het nie net vertroue in Marokane se vaardighede nie, maar ook sy vermoë om personeel te bestuur en die organisasie weer op koers te kry.

“Ons verwag dat Dan en sy leierskapspan minstens twee belangrike take sal voltooi. Eerstens moet die huidige sake-uitdagings getakel word: Beurtkrag moet iets van die verlede wees.

“Tweedens moet hulle Eskom herposisioneer en herstruktureer om groei en volhoubaarheid te bewerkstellig,” sê Nyati.

In sy eerste 100 dae as Eskom-hoof, het die raad Marokane versoek om die volgende te prioritiseer:

  1. Assessering van die operasionele herstelplan vir opwekking
  2. Hersiening van Eskom se ontbondelingsplanne
  3. Skakeling met interne en eksterne aandeelhouers

“Die eerste 100 dae is belangrik om hom te help om die nodige insig oor Eskom en die bedryf te bekom. Hy behoort teen die einde van dié tydperk in ’n posisie te wees om met die media te praat.

“Dan Marokane het die volle ondersteuning van die Eskom-raad. Eskom-werknemers is opgewonde om hom weer in die organisasie terug te verwelkom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sê maar net ·

Manie, hy het standpunt ingeneem TEEN korrupsie en is daaroor, geskors.

“Hy keer terug na Eskom ná hy en drie ander senior uitvoerende lede destyds geskors is oor die standpunt wat hulle ingeneem het teen staatskaping, bedrog en korrupsie.”

Sê maar net ·

Baie sterkte mnr. Marokane.
Maak asseblief Suid Afrika se hartjies weer bly.

Fran ·

Stem Manie. Wat was sy standpunt? Nog ‘n kader wat nie die pyp gaan rook nie.

Elméne ·

Nee wat mense, ek is nou seker weereens VET negatief – MAAR hoekom kan daar NOU skielik “bevoegde” mense aangestel word om DIT wat oor 30 jaar in sy kanon afgebreek is “reg te ruk”?? Bla-bla, “beloftes by die dosyne net so voor die verkiesing? Dit is om van SIEK te word!! Ek wens net ons het ‘n Donald J Trump hier gehad.

Sonblom ·

Ons almal weet hierdie man stem ANC. Een van die redes hoekom hy aangestel is. Die ANC werk met ‘n plan. Hierdie man was geskors omdat hy teen korrupsie, bedrog en staatskaping was. Nou wil die ANC mense probeer wys maak hulle is ook skielik daarteen. Ek hoop nie die mense val daarvoor nie.

Sterkte Mnr Marokane. Wys ons wat jy kan doen.

Wondermaarnet ·

Wat is sy werklike kwalifikasies? Is dit ordentlik nagegaan?

minnie muis ·

en alle staff moet ondersoek word – lewenstyll — polygraph

KB ·

Sy kop is heeltemal te plat vir sulke dinge…kader-aanstelling!
En Ramaphosa hoor nie die hof nie…Ramaphosa, dis minagting vd hof.

Casper ·

Fran,hy het standpunt ingeneem TEEN staatskaping korrupsie en bedrog en is geskors,maar daar word nie ‘n woord gerep oor wie hulle geskors het nie.Iemand was nie gelukkig oor die standpunt nie en ek kan net raai wie dit was.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dan is betroubaar soos ‘n verkoopsman van gebruikte karre.

Billy ·

Hoeveel miljoen ga hy squander… sorry maar once bitten twice shy…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.